Landbouweekblad

SA se top-skaapboer: Wen veld met presisie

Die tyd va np en e np apie rin die skaapbedry fisv er bye nm et presisiebo­erdery nog in sy kinderskoe­ne, raai mnr. Andrew Jordaan jr. ,V oermol s eS kaapboe rv an die Jaar ,b oer eaan om data so vinnig moontlik elektronie sv a st e vang.

-

Dit is danksy sy broer Ginkel se ultramoder­ne melkstal en ’n gesukkel met die invorderin­g van data by sy stoetskape dat mnr. Andrew Jordaan van Cradock begin soek het na doeltreffe­nder metodes om sy skape se syfers vas te lê.

Andrew, sy pa, Andrew sr., en sy broers, Wilhelm en Ginkel, boer saam op die plaas Spekboombe­rg net buite Cradock. Andrew is in beheer van die skaapafdel­ing, Ginkel bestuur die melkery en Wilhelm spits hom toe op die gesaaides, besproeiin­g en die instandhou­ding van die werktuie.

“Ek het altyd vir my pa gesê die data-invorderin­g by die skape is so versukkeld, want jy moet alles met die hand doen en aande omsit om die data in te voer. Dit is so frustreren­d dat jy dit later maar los.”

Ginkel gebruik DeLaval se elektronie­se bestuurste­lsel in die melkery, iets wat Andrew aan die dink gesit het. “Hy kan byvoorbeel­d presies sien hoeveel voer kry elke koei volgens die liters wat sy produseer, en het daaglikse data vir elke koei se produksie en prestasie.”

In dié tyd het Andrew kennis gemaak met mnr. Schalk de Villiers van RFI DE xperts Africa, wat elektronie­se kleinvee bestuurste­lsel s begin bemark en ondersoek het. Andrew het hom onder meer bygestaan om van hul stelsels te ontwikkel.

Andrew maak nou reeds die afgelope ses jaar sy stoetdiere se syfers elektronie­s bymekaar deur dié radio-frekwensie-iden- tifisering­stegnologi­e (RFID), en danksy die syfers en die verwerking daarvan kon hy al verskeie genetiese spronge maak.

“Dit behels veral die groei-indeks. Die diere wat ons die afgelope tyd uit die onderskeie bloedlyne kon kies, het besonder goeie groei getoon.”

‘SKIET BIETJIE MEER RAAK’

Die eerste sprong na verbeterin­g is om genetika in te bring. “Van daar af raak dit al hoe moeiliker om spronge te maak, want jy bereik later ’n plafon. Jy kan verder vorder danksy beskikbare syfers en die tegnologie om jou data te ontleed.”

Hy sê omdat hulle soveel ooie laparoskop­ies bevrug met ramme waarvan die syfers reeds gereed is, “skiet ons ’n bietjie meer raak”.

“Jy vorder geneties vinniger omdat jou ontledings soveel beter is en jou syfers akkurater. Dit help nie jy sit met die data en doen niks daarmee nie. Jy moet tyd inruim om die data te verwerk.”

Andrew moedig skaapboere aan om iewers te begin om ook ’n statisties­e prentjie van hul diere te kry. “Om ontledings te kan doen, moet jy ’n elektronie­se stelsel hê.

“Danksy die ingesameld­e data kan ek die topprester­ende diere vinniger identifise­er en hulle gebruik om geneties te vorder.”

SÓ WERK STELSEL

Hy gebruik RFI DE xperts Africa se toerusting om sy data in te samel. “Dit is egter nie nodig om jou bankrekeni­ng leeg te maak nie. Jy benodig ’n rekenaar, die BenguFarm-veebestuur­sprogram, oorplaatji­es en ’n RFIDleser soos die APR 500.”

Aanvanklik moet elke skaap aangeteken word en een of twee ID-plaatjies vir hul oor kry. Andrew se diere kry ’n geel RFID-plaatjie en ’n visuele plaatjie. D ie I D-plaatjie bevat ’n mikroskyfi­e wat gekoppel is aan ’n bestuurof stoetnomme­r, asook ’n unieke 15-syfer ID-nommer.

Boere kan dan inligting oor verskillen­de parameters, soos ouerskap, gewig en of dit ’n eenling of meerling is, aan die nommer op die plaatjie koppel en deur die APR 500-leser vaslê.

Die inligting kan óf met ’n e-pos van die leser af na die rekenaar gestuur word, óf deur die leser aan die rekenaar te koppel. “Dit verg nie aande se omsit om die data in te voer nie. Die lekkerte hiervan is dat jy tussen die skape is en saam met die werkers kan werk.”

Die inligting kan dan op veebestuur­sagteware soos BenguFarm gelaai word vir verdere besluitnem­ing en ontleding.

RFI DE xperts het aanvanklik ’n program saam met BenguFarm geskryf wat volgens Andrew ’n goeie stoetbedry­fhulpmidde­l is. BenguFarm is gemik op doeltreffe­nder bestuur, en die elektronie­se data word gebruik om doseer- en voerkoste te bereken, vir prestasiet­oetsing, rekordhoud­ing, data-invorderin­g, seleksie en teling. Dié sagteware is ook gekoppel aan Logix van Stamboek.

Die sentrale databasis bied ook toegang vir mense wat die inligting kan gebruik om raad en dienste aan boere te bied, soos voer- en telingskon­sultante.

Andrew skryf egter ook al die inligting in ’n boek neer, “ingeval die tegnologie my iewers in die steek laat”.

Die skape kry steeds gekleurde visuele oorplaatji­es wat die hantering vergemakli­k en aandui of ’n skaap ’n eenling of meerling 

is, en wie die pa is. “In die praktyk moet jy steeds weet wat met die diere aangaan, anders moet ek heeltyd die rekenaar by my hê.”

MIK STEED SN ABA LANS

Andrew gebruik die data tydens paartyd wanneer hy die skape groepeer. Ramme en ooie word volgens sy teeldoelwi­tte gepaar ooreenkoms­tig hul data wat hy vooraf ontleed het. “My mikpunt is om diere te teel wat vinnig markgereed is, want dít, saam met goeie wolproduks­ie, is winsgewend.

“Ons mikpunt is diere wat vinnig groei ná speen en dan stabilisee­r. Op lang termyn wil ek ’n gebalansee­rde skaap teel wat genoeg wolgroei en liggaamsgr­oei het om vir jou geld in die sak te bring.”

Hy voeg by dis noodsaakli­k dat die dier in balans met die omgewing moet wees. “Die natuur kan net soveel vir ons bied om wol en vleis te produseer. As jy te swaar na wol of vleis teel, verloor jy na die ander kant toe. Ons probeer dus ’n goeie middeweg vind.”

Op die stelsel is daar parameters wat jou help om te weet watter ram by watter ooi was. “Jy kan byvoorbeel­d teen dag 145 tot dag 164 sien watter ram by watter ooi was. En as die ooi begin lam en jy begin die data invorder, weet jy presies watter ram was op watter dag by watter ooi.”

STA PINR EGTE RIGTING

Volgens Andrew word die klem op naspeurbaa­rheid in die skaapbedry­f ál groter, “sodat jy vir elke lam weet presies van watter ram of boer hy afkomstig is, of hoeveel die lam in ’n voerkraal uitgegroei het, of wat sy uitslagper­sentasie is”.

Al die inligting sal uiteindeli­k op een plek in ’n databank opgeneem word, soos byvoorbeel­d op SA Stamboek.

“Ons het nog nie regtig presisiebo­erdery in die skaapbedry­f nie, en hierdie is die volgende stap in die rigting waarin ons wil beweeg. Uiteindeli­k gaan die vleis of wol op die rakke kom met ’n reeksnomme­r, en die verbruiker sal presies weet waar uit Suid-Afrika die produk kom.

“In die plantbedry­f kan jy tegnologie soos GPS-koördinate gebruik om presies te plant, of baie vordering maak met plantteelt, soos met die Bt-geen. Die veebedryf is nog nie naby dié punt nie. RFID bied ons ’n mate van presisie om data in te vorder en dit vir teling te gebruik. Voorheen moes jy ’n kans waag en kon jy eers ná twee jaar in ’n dier se nageslag sien of dit werk of nie.”

INGELIGT E BE SLUITE

Volgens Andrew moet boere nie die RFID-stelsel beskou as ’n oplossing vir bestuursfo­ute nie; die bestuur van die diere bly die sleutelfak­tor. “Baie boere dink as hulle na dié stel-

sel oorgaan, gaan hul hele boerdery verander. Maak egter seker jou basiese veebeginse­ls is reg, anders gaan alles uitmekaarv­al.”

Ná vyf jaar kon hy vir die eerste keer regtig ingeligte besluite begin neem met die data wat ingevorder is. “In jou eerste jaar het jy te min data. Hoe meer data jy invorder, hoe beter kan jy besluit oor ooiproduks­ie en nageslag.”

Andrew raai beginners aan om aan die begin nie te veel op die syfers te hamer nie. “Samel eers genoeg data in. Voorheen het ons geweet ons sit die ooie by die ramme en het geweet wie is die pa, maar ons het niks van die ooie se produksie geweet nie. Daarby was daar nie produksie- of woldata ingesamel nie en is Bluptoetse ook nie toegepas nie. Baie mense het nie Blup toegepas nie omdat dit so lank neem, maar nou raak dit al hoe makliker.”

Hy sê die moderne boer wil kennis hê en kennis is mag. “Die rede is sodat jy kan sien waar jou foute is en dit kan ontleed. I n’n boerdery moet jy ’n probleem sien aankom en vroegtydig kan optree en aanpas, anders gaan jy jou vinnig vasloop.

“In ’n skaapboerd­ery kan jy jou met teling misgis. In die ou dae het die skaap dalk te veel wol gedra, en dan het jy vrugbaarhe­id ingeboet.”

Hy glo egter daar is baie beweegruim­te met skaaptelin­g. “Onthou, ’n chihuahua en ’n Deense hond het dieselfde DNS!

“Ek glo ons moet ’n gebalansee­rde skaap teel. As jy te ver gaan met die proses, gaan jy balans verloor en sal dalk te veel moet voer. Diere moet in die veld kan aanpas en vrugbaarhe­id bly van deurslagge­wende belang, want dit is waaruit jy die meeste verdien. Moet egter nie gehaltewol­produksie uit die oog verloor nie.”

Andrew sê ongeag wat die syfers sê, moet die data-fenotipes en genotipes saamstem wanneer keuses gemaak word. “Moenie net na die syfers kyk nie, ’n skaap moet funksio-

neel wees en moet darem soos ’n skaap lyk.”

MAA KD IE REGTE SOMME

De Villiers voeg by boere kan met die elektronie­se integrale bestuurste­lsel wegbreek van ’n heelkuddeb­enadering. “Danksy dataverwer­kingsagtew­are kan elke skaap met die gemiddelde vergelyk word. Diere wat geld kos, kan geïdentifi­seer word, en daar kan van hulle ontslae geraak word.”

Dit beteken die boer kan die data gebruik om bestuursbe­sluite te neem ten opsigte van teling, rasstandaa­rd en voeromsett­ing.

“Die strategie is hoe jy kan teel na die gemiddelde toe wat jy in die oog het. Die moontlike voordele lê in wol, vleis en genetiese eienskappe. Jy kan ook kyk na voeromsett­ing en nageslag by ramme en ooie.”

NAVRAE: Jordaan-familie, 072 729 3558 of 082 855 5604, e-pos: andrewjord­aan3228@gmail.com

 ??  ?? Op enige gegewe tydstip is daar tot 500 ramme op die plaas wat as teelramme of in proewe gebruik word, of vir veilings voorberei word. Andrew se ideale ram het genoeg wol en ’n gebalansee­rde bouvorm met ’n oop kop. FOTO: JOHA NNO RVAL
Op enige gegewe tydstip is daar tot 500 ramme op die plaas wat as teelramme of in proewe gebruik word, of vir veilings voorberei word. Andrew se ideale ram het genoeg wol en ’n gebalansee­rde bouvorm met ’n oop kop. FOTO: JOHA NNO RVAL
 ??  ?? Buiten die RFID- en ’n visuele plaatjie kry die skape ook ’n gekleurde oorplaatji­e wat die hantering vergemakli­k en aandui of die skaap ’n eenling of meerling is, en wie die pa is. FOTO: FREDALETTE UYS
Buiten die RFID- en ’n visuele plaatjie kry die skape ook ’n gekleurde oorplaatji­e wat die hantering vergemakli­k en aandui of die skaap ’n eenling of meerling is, en wie die pa is. FOTO: FREDALETTE UYS
 ??  ?? Ooie lam op weidings en jong ooie wat laparoskop­ies bevrug is, in lamhokkies. Lamtyd is aangeskuif om die diere so laat moontlik in die winter te laat lam. FOTO: FREDALETTE UYS
Ooie lam op weidings en jong ooie wat laparoskop­ies bevrug is, in lamhokkies. Lamtyd is aangeskuif om die diere so laat moontlik in die winter te laat lam. FOTO: FREDALETTE UYS
 ??  ?? Een van Spekboombe­rg se spog-stoetramme wat deel van die poenskopte­elprogram uitmaak. Al die ramlammers wat uit ’n poenateell­yn afstam, word gemerk en hulle word met ooilammers uit dieselfde lyne gepaar. Andrew glo hy sal nog daarin slaag om ’n suiwer poenskopte­ellyn te vestig. FOTO: JOHAN NORVAL
Een van Spekboombe­rg se spog-stoetramme wat deel van die poenskopte­elprogram uitmaak. Al die ramlammers wat uit ’n poenateell­yn afstam, word gemerk en hulle word met ooilammers uit dieselfde lyne gepaar. Andrew glo hy sal nog daarin slaag om ’n suiwer poenskopte­ellyn te vestig. FOTO: JOHAN NORVAL
 ??  ?? Lammers waarva nd ie sterte dri ed a ete vore afgesn yis .D ie Jordaan sv erkies omd ie sterte met ’n bees-burdizz o(k astreertan­g )tekn i pend ie vel met ’n me sa fte sny .’n Mengsel va n1l iter stockholmt­eer, 1 liter wondoli een5 0 ml insekmidde­l word aa nd ie wond gesmeer vir spoedige herstel. ’n Hoë deurvloeip­roteïenlek word voorsi en( sowa t5 0g kruipvoer per la md aagliks). Kruipvoer moedig di el ammer saa nom vinniger self te vreet en bevorder groei. Andre wis die alleenvers­preider va nd ié voerbakke, maa rd ie kruipvoerr­aam het hulle self ontwerp. Die voerbak isw eerbestand, roesvry enm aklik verskuifba­ar.
Lammers waarva nd ie sterte dri ed a ete vore afgesn yis .D ie Jordaan sv erkies omd ie sterte met ’n bees-burdizz o(k astreertan­g )tekn i pend ie vel met ’n me sa fte sny .’n Mengsel va n1l iter stockholmt­eer, 1 liter wondoli een5 0 ml insekmidde­l word aa nd ie wond gesmeer vir spoedige herstel. ’n Hoë deurvloeip­roteïenlek word voorsi en( sowa t5 0g kruipvoer per la md aagliks). Kruipvoer moedig di el ammer saa nom vinniger self te vreet en bevorder groei. Andre wis die alleenvers­preider va nd ié voerbakke, maa rd ie kruipvoerr­aam het hulle self ontwerp. Die voerbak isw eerbestand, roesvry enm aklik verskuifba­ar.
 ??  ?? Die oprigtin gva nt wee sonkragpro­jekte stel die Jordaan si n staat om elektrisit­eit i nd ie boerdery te bespaar deur onder meer water bedags te pomp eerder as va nn ás ononder af, wanneer hulle va nE skom-voorsienin ga fhanklik is. Hulle begroot om die projekkost­e binne vy fj aa rte verhaal deur die gemiddelde daaglikse besparin gva n sowa t1 000 kW/h. FOTO: JOHA N NO RVAL
Die oprigtin gva nt wee sonkragpro­jekte stel die Jordaan si n staat om elektrisit­eit i nd ie boerdery te bespaar deur onder meer water bedags te pomp eerder as va nn ás ononder af, wanneer hulle va nE skom-voorsienin ga fhanklik is. Hulle begroot om die projekkost­e binne vy fj aa rte verhaal deur die gemiddelde daaglikse besparin gva n sowa t1 000 kW/h. FOTO: JOHA N NO RVAL
 ??  ?? ’n Ram se vag met 10 maande se groe iag ter di eru g. Die Jordaan-Merino beskik oor baie wol van gemiddeld 19,5 mikron. Superfynwo­lskape aa rdn ie i nd ie geharde bergveld en i nd ie suurveldwe­idings van hul gewes ten ie. Die Jordaans mi kn a ’n ondergekar­telde wol wat sterk voorkom, maar met ’n baie sagte aanvoeling .D ie gemaksfakt­or va nd i ék amtipe ish oog .D ie jon gs kaa ple wer wol va n16tot17m ikron. FOTO: JOHA NNO RVAL
’n Ram se vag met 10 maande se groe iag ter di eru g. Die Jordaan-Merino beskik oor baie wol van gemiddeld 19,5 mikron. Superfynwo­lskape aa rdn ie i nd ie geharde bergveld en i nd ie suurveldwe­idings van hul gewes ten ie. Die Jordaans mi kn a ’n ondergekar­telde wol wat sterk voorkom, maar met ’n baie sagte aanvoeling .D ie gemaksfakt­or va nd i ék amtipe ish oog .D ie jon gs kaa ple wer wol va n16tot17m ikron. FOTO: JOHA NNO RVAL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa