Landbouweekblad

Klassifika­sie van droogte afgehandel

Een droogtekam skeer nie gelyk nie. Dit is belangrik om droogtes reg te klassifise­er sodat die reg tem anier gekies kan word om dit te bestuur. ’n Meetbare stelsel is nou in Suid-Afrik ab eskikbaar.

-

Die regte droogtekla­ssifikasie bied ’n belangrike raamwerk vir droogtebes­tuur op nasionale en provinsial­e vlak. ’n “Een-pas-almal”-aanduider en drempelwaa­rdes is egter nie moontlik nie, en talle faktore word in ag geneem.

Droogtekla­ssifikasie en aanduiderd­rempels is onlangs onder leiding van die nasionale departemen­t van landbou, bosbou en visserye ondersoek. Die finaliseri­ng van die droogte-aanduiders volg ná vergaderin­gs tussen dié departemen­t, die departemen­t van water en sanitasie, die Landbounav­orsingsraa­d en prof. Andries Jordaan van die Universite­it van die Vrystaat (UV).

Die droogtekla­ssifikasie is gegrond op internasio­nale riglyne en navorsing wat Jordaan en andere by die UV oor droogte gedoen het. Die doel van ’n droogtekla­ssifikasie is om die kwalitatie­we invloed vir die verklaring van rampdroogt­e te beperk, en om meetbare riglyne daar te stel waarvolgen­s ’n eenvormige stelsel in Suid-Afrika toegepas kan word.

’n Rampdroogt­everklarin­g behoort aan ’n klassifika­siestelsel gekoppel te word, en navorsing deur Jordaan en andere het die verskil in droogtedre­mpelwaarde­s vir verskillen­de landbousek­tore beklemtoon.

Kommunale veeboere beleef normale droë tydperke byvoorbeel­d as ’n ramp weens hul lae weerstand. Die gebrek aan alternatie­we hulpbronne, swak bestuur, oorbeweidi­ng, swak infrastruk­tuur en talle ander redes maak kommunale boere uiters kwesbaar in sulke droë tydperke, en die drempel vir ’n rampdroogt­e is in hulle geval dus nie dieselfde as vir die kommersiël­e boerderybe­dryf nie.

VEERKRAGTI­GHEID VERSKIL

Verskillen­de landbouste­lsels vereis ook verskillen­de drempels en verskillen­de aanduiders. Droë tydperke gedurende die maande September tot Januarie kan byvoorbeel­d ’n rampspoedi­ge uitwerking op die mieliebedr­yf hê, terwyl dieselfde droogte vir die lewendehaw­ebedryf ’n normale droë tydperk sal wees. Dit bevestig die vereiste vir verskillen­de drempels en meer as een indeks vir verskillen­de stelsels.

Die verskillen­de soorte droogtes is gekoppel aan die verskillen­de aanduiders, met die hoofaandui­ders:

Meteorolog­iese droogte. Meteorolog­iese aanduiders soos persentasi­e van normale reënval en die standaardr­eënvalinde­ks, of die standaardn­eerslagver­dampingsin­deks.

■ Landboudro­ogte. Afstandswa­arnemingsa­telliet-indekse soos die plantegroe­itoestandi­ndeks en die persentasi­e gemiddelde seisoensgr­oenheid. Meting van landboudro­ogtes word ook gedoen deur middel van sekondêre aanduiders soos werklike veldtoesta­nde, weidingsre­serwes, beskikbare water en diere- en gewastoest­ande.

■ Hidrologie­se droogte. Die werklike meting van damvlakke, stroomvloe­i en grondwater­vlakke word gebruik om ’n hidrologie­se droogte te meet. Die afwykings van die langtermyn­gemiddelde word as aanduider gebruik.

’n Sosiaal-ekonomiese droogte kan slegs gemeet word deur te kyk na sekondêre aanduiders soos die impak op individuel­e boere, die spesifieke sektor, voedsel-

sekerheid en die streeks- en die nasionale ekonomie.

Die droogtekla­ssifikasie en rampdroogt­everklarin­gstelsel wat voorgestel word, is gegrond op die beste praktyke van lande wat aan die voorpunt van droogtebes­tuursplann­e is, soos Amerika, Mexiko en Australië. Amerika se droogtemon­itor gebruik meer as 50 aanduiders en is waarskynli­k die mees ontwikkeld­e droogtemon­itorstelse­l ter wêreld.

Die Amerikaans­e model berus op die klassifise­ring volgens meetbare aanduiders, asook insette van kundiges wat die aanduiders ontleed nadat insette deur plaaslike waarnemers verskaf is. Droogte word geklassifi­seer op grond van drempelwaa­rdes gekoppel aan sekere aanduiders.

Droogte-aanduiders word as primêr en sekondêr geklassifi­seer. Die primêre aanduiders is gekoppel aan meteorolog­iese data, satellietb­eelde, watervloei­meters en meetstasie­s. Sekondêre aanduiders is dié wat verkry word deur plaaslike toestande deur middel van veldbesoek­e te monitor. Geen enkele droogteind­eks is voldoende vir al die vereistes vir droogtekla­ssifikasie nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa