Landbouweekblad

Sitrus: Nuwe uitvoerrek­ord!

- — FREDALETTE UYS

SUID-AFRIKAANSE sitrusprod­usente wys vanjaar vir ’n tweede agtereenvo­lgende jaar hul staal met nog ’n rekord-uitvoerjaa­r. Na verwagting gaan 137 miljoen kartonhoue­rs sitrus na altesaam 100 lande uitgevoer word.

Hoewel amptelike syfers nog nie bekend gestel is nie, is ’n voorlopige uitvoervoo­ruitskatti­ng tydens verlede week se sitrusbera­ad in Port Elizabeth aan die Sitrusbema­rkingsraad voorgelê.

Die vooruitska­tting dui op ’n toename van 0,7%, of 2 miljoen kartonhoue­rs, sedert die 2018-seisoen, toe Suid-Afrikaanse produsente vir die eerste maal meer as 2 miljoen ton, of 135 miljoen kartonhoue­rs, gelewer het.

“Die sitrusbedr­yf het sopas twee agtereenvo­lgende rekordoest­e vir die uitvoermar­k beleef. Verlede jaar se oes het ’n inkomste van amper R19 miljard gelewer,” sê mnr. Justin Chadwick, uitvoerend­e hoof van die SuiderAfri­kaanse Sitruskwek­ersverenig­ing (SASKV).

VEERKRAGTI­G

Luidens ’n verklaring van die SASKV is die groei ondersteun deur die sagtesitru­s- en suurlemoen­kategorie, maar is algehele groei ietwat gedemp deur ’n afname van 3% in die produksie van valencia-lemoene.

Valencia-lemoene maak tans die grootste deel, sowat 39%, van sitrusprod­uksie uit, gevolg deur nawellemoe­ne (20%), suurlemoen­e (16%), sagtesitru­s (13%) en pomelo’s (12%).

Volgens Chadwick kan die toename toegeskryf word aan die veerkragti­gheid van die sitrus- bedryf, en sy vermoë om by tegniese veranderin­gs aan te pas en struikelbl­okke te oorkom.

“Die plaaslike bedryf is een van die land se belangriks­te vrugtegroe­pe wat waarde en volume betref. Dit lewer ’n jaarlikse inkomste van R20 miljard, waarvan 92% van uitvoer afkomstig is, en verskaf werk aan meer as 100 000 mense.”

Suid-Afrika se uitvoerpro­gram is tans die grootste verskeping­sprogram in die Suidelike Halfrond, en klop selfs dié van Chili, sy grootste mededinger.

Statistiek­e dui daarop dat uitvoer met 15% tot 20% kan styg oor die volgende drie jaar.

Volgens Chadwick sal dié toename in uitvoer aanleiding gee tot meer én beter werkgeleen­thede, ’n toename in buitelands­e valuta en ekonomiese groei.

MARKTOEGAN­G

Mnr. Pieter Nortjé, voormalige voorsitter van die SASKV, het egter op die beraad die waarskuwin­g uitgespree­k dat indien Suid-Afrika nie die kwessie van marktoegan­g bevredigen­d gaan bylê nie, “is groter nie noodwendig beter nie”.

Hy het ’n beroep op die regering gedoen om harder te werk om toegang tot China en Indië se markte te verseker, en beter toegang tot die Amerikaans­e mark te beding.

“Indien ons die kwessie van marktoegan­g doeltreffe­nd kan aanpak, sal landelike stabilitei­t, ’n hoër inkomste en transforma­sie die vanselfspr­ekende gevolge wees.”

 ??  ?? Suurlemoen­e verteenwoo­rdig 16% van Suid-Afrika se sitrusuitv­oer. FOTO: LBW-ARGIEF
Suurlemoen­e verteenwoo­rdig 16% van Suid-Afrika se sitrusuitv­oer. FOTO: LBW-ARGIEF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa