Landbouweekblad

Sonkrag: Só kan boere beurtkrag keer

- – CARIEN KRUGER

BOERE met sonkragaan­legte wat aan die kragnetwer­k verbind is, kan Eskom help om derduisend­e rande te bespaar wat hy tans aan diesel vir sy gasturbine­s moet bestee, én om beurtkrag te voorkom.

Eskom en Nersa, die nasionale energiereg­uleerder, moet egter hul prosesse vir verbinding vinniger afhandel, minstens binne hul eie tydsriglyn­e, sê mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri SA se afdeling vir ekonomie en handel.

Slegs 13 sonplase in die landbousek­tor is tot dusver aan die netwerk verbind, en dít het drie frustreren­de jare geneem. “Dit is onaanvaarb­aar,” sê Jansen, ook voorsitter van Agri Noord-Kaap, vir wie die kwessie ’n persoonlik­e doelwit geword het.

Hy beywer hom vir ’n spoedige proses vir boere met sonkragaan­legte wat minder as 1 MW opwek en nie vir lisensies hoef aansoek te doen nie, maar bloot by Nersa moet registreer.

Volgens Jansen kan boere met sulke aanlegte help om bedags beurtkrag te voorkom, juis wanneer die ekonomie die ergste daaronder ly. Boere kan ook hul eie energiekos­te bestuur en energiesek­erheid vir hulself skep.

BL YOPD IE NETWERK

Dit is vir hom belangrik dat boere aan die netwerk verbind bly.

“Ek is nie ’n voorstande­r van geïsoleerd­e sonkrageen­hede nie. Op lang termyn is dit nie goed vir ons land nie. Netwerkver­binding hou voordele vir die breë ekono- mie in. By Europese netwerke, wat ons ver vooruit is met hernieubar­e energie, word die netwerkver­binde opsies gebruik, waardeur verskillen­de energiebro­nne beter ingeskakel kan word.”

In Suid-Afrika geniet baie huishoudin­gs, ondernemin­gs en winkelsent­rums wat hul krag van munisipali­teite kry, reeds die voordeel om krag op die netwerk te kan opberg. Hulle kan dié krediete later gebruik en so hul kragrekeni­ngs verlaag. Buiten die dertien sonplase word die landbou nog hiervan uitgesluit.

NEKSLA GV IR BEURTKRAG

Jansen sê Eskom stel fase 1-beurtkrag in wanneer hy 1 000 MW op die nasionale netwerk kort.

Agri SA weet van minstens 500 aansoeke deur boerdery-eenhede om sonkragaan­legte aan die netwerk te verbind.

Na raming sou dié 500 aanlegte 1 400 MW kan opwek en sodoende fase 1-beurtkrag voorkom.

Jansen sê benewens die voordele vir die ekonomie, sal dit Eskom ook diesel bespaar.

Sy gasturbine­s is ontwerp om in noodgevall­e bykomende krag te lewer, maar weens die kragverska­ffer se agteruitga­ng, loop die turbines nou dag en nag nét om in die basiese vraag te voorsien.

“Dit kos Eskom ongeveer R3,50/kWh om met die gasturbine­s krag op te wek, terwyl hy krag teen ongeveer R1/kWh verkoop.” Verder werk die turbines

nou harder as waarvoor dit ontwerp is. “Dit verkort hul gebruiksdu­ur drasties en verhoog ook die noodsaak vir gereelde onderhoud en herstel.”

STRUIKELBL­OKKE

Jansen sê tot dusver was daar deurentyd regulerend­e beperkings om aanlegte vir hernieubar­e energie aan die netwerk verbind te kry.

Die laaste struikelbl­ok is verwyder toe die Nersa-registrasi­etarief van R200 einde Februarie goedgekeur is. Daar moet nog gesien word hoe vinnig die Nersa-proses nou gaan vorder, maar die Eskomprose­s duur reeds baie lank.

“Ons pleidooi is dat ’n aansoek binne een boekjaar afgehandel word. Dit is onaanvaarb­aar dat boere wat reeds die koste aangegaan het om sonkragaan­legte te bou, en dus reeds die kapitaal en rente moet delg, moet wag vir goedkeurin­g en steeds hul volle Eskom-rekening moet betaal.

“Daar is baie boere wat om dié rede eers wag en kyk. Ons gaan alles in ons vermoë doen om druk op Eskom en Nersa te plaas, en beoog om mnre. Jeff Radebe, minister van energie, en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemin­gs, hieroor te gaan sien.

“Ons wil ’n helpende hand na hulle uitreik, maar dan moet hulle toesien dat die prosesse vinnig verloop.”

Jansen sê hulle verwag nie van Eskom om hom tot onbillike tydsraamwe­rke te verbind nie.

FASE 2 EN 3

Volgens Jansen sal nóg meer boere die oprigting van sonkragaan­legte oorweeg indien banke die aanlegte self as sekuriteit aanvaar, en nie ander sekuriteit soos grond vereis nie.

“Daar is reeds banke wat dit só doen. Ons wil banke graag motiveer om ’n produk hiervoor te ontwikkel.

“Ons verwag dat só ’n produk tot bykomende sonkragaan­legte sal aanleiding gee, en dat die landbou tot 3 000 MW sal kan opwek. Daardeur sal fase 2- én fase 3-beurtkrag voorkom kan word.”

 ??  ?? Sonkragaan­legte met uitstaande aansoeke om met die Eskom-netwerk te verbind, kan genoeg krag lewer om fase 1-beurtkrag te voorkom. FOTO: LBW-ARGIEF
Sonkragaan­legte met uitstaande aansoeke om met die Eskom-netwerk te verbind, kan genoeg krag lewer om fase 1-beurtkrag te voorkom. FOTO: LBW-ARGIEF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa