Landbouweekblad

Grondbeset­tings vinnigin Noordwes gestuit

- — NICO VAN BURICK

DREIGEN DE plaas b esettings in die omgewing van die Tlakgameng-nedersetti­ng noord van Vryburg in Noordwes is onlangs voorkom nadat die plaaslike boereveren­iging en die gemeenskap besluit het om eerder saam te werk om probleme opgelos te kry.

Nadat voornemens om grond van 12 Maart af te beset per brief versprei is, het die Tlakgameng- boereveren­iging besluit om met die gemeenskap te vergader en oor hul probleme te praat.

Mnr. Gordon Brown, voorsitter van die vereniging, sê die vergaderin­g het goed verloop. Die kommunale boere het hul frustrasie weens ’n gebrek aan weiding vir hul beeste beskryf. Die gebied was in die vorige bedeling deel van Bophuthats­wana.

“Soos wat ons ook met dienslewer­ing van staatskant af sukkel, kom daar niks van die beloftes van grond aan hulle nie. Ons gaan nou saam met hulle met die owerheid in gesprek tree om te kyk wat ons kan uitrig.”

KWAADSTOKE­RS

Hys ê hoewel daar gerugte was van drade wat geknip sou word om grond te beset, lyk dit of enkele kwaadstoke­rs die uitlatings gemaak het.

“Die gemeenskap­sleiers het ons die versekerin­g gegee dat dit nie sal gebeur nie, en hulle ver- welkom ons bystand. Ek meen ’n groot probleem was dat ons nie ’n direkte kommunikas­iekanaal met mekaar gehad het nie.”

Brown sê die boereveren­iging sal die gemeenskap met droogtehul­p probeer bystaan en met die provinsial­e regering in gesprek tree oor die beskikbaar­heid van weiding op plase wat reeds aan die staat behoort. “Deur saam te werk, kan ons soveel meer bereik. Ek hoop hierdie is die begin van ’n konstrukti­ewe verhouding waardeur ons ’n voorbeeld vir ander kan stel.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa