Landbouweekblad

Uitvoer: Hier is S As e Brexit-planne

- — JOYLENE VAN WYK

DIE Suid-Afrikaanse regering het twee terugvalsc­enario’s vir Brittanje se uittrede uit die Europese Unie, sê dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid.

Die Britse parlement het ’n tweede keer die onttrekkin­gsooreenko­ms afgekeur en moes teen drukty ds t emofh y die EU vir ’n verlenging gaan vra sodat hy nie op 29 Maart sonder ’n ooreenkoms die EU verlaat nie. Die EU moet dan besluit ofh y die verlenging gaan toestaan of nie.

Intussen het die Britse regering aangekondi­g dat die meeste van sy invoer tariefvry sal wees indien die land die EU sonder ’n ooreenkoms verlaat. Onder die tydelike skema sal 87% van ingevoerde produkte (soos druiw eensi trus) tariefvr yw ees. Tans is 80% van dié invoer tariefvry.

Tariewe geld egt ers teeds om sekere bedrywe te beskerm, onder meer die landbou. Rooivleis, hoendervle­is en sommige melkproduk­te sal beskerming geniet.

In 2016 het die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sadu) ’n ekono-

miese vennootska­psooreenko­ms (EVO) met die EU gesluit. Daarmee is onder meer marktoegan­g vir verskeie landboupro­dukte bekom. Indien Brittanje van die EU onttrek sonder ’n ooreenkoms, is die EVO nie meer op hom van toepassing nie.

OORBRUGGIN­G

Daarom, om enige handelsont­wrigting met Brittanje te voorkom, het Sadu en Brittanje besluit om die EVO “voort te

sit” as ’n alleenstaa­nde handelsoor­eenkoms. Dié alleenstaa­nde handelsoor­eenkoms moet teen 29 Maart bekragtig word en die uitvoerbel­asting sal onderhewig wees aan die tydelike tariefskem­a wat Brittanje op 13 Maart bekend gemaak het. Daar is gehoop dat Sadu en Brittanje op 15 Maart die alleenstaa­nde ooreenkoms sou afhandel. Suid-Afrika sal die ooreenkoms in die Parlement moet bekragtig.

Indien hulle dit nie regkry om die alleenstaa­nde ooreenkoms voor die sluiting van die Parlement op 20 Maart te bekragtig nie, kan onderhande­linge voortduu r en ’n memorandum van verstandho­uding gesluit word as ’n “brug” indien Brittanje die EU op 29 Maart verlaat.

Die doel van die oorbruggin­gsooreenko­ms is om te verseker dat handel met Brittanje vir ses maande voortgaan onder die EVO totdat Sadu, Mosambiek en Brittanje die alleenstaa­nde ooreenkoms

gesluit het. ’n Konsepdoku­ment daarvoor is reeds ontwikkel en aan Brittanje gegee.

D iet weede terugvalsc­enario is dat handel voortduur ingevolge die voorlopige reëlings waar Brittanje vir 12 maande 87% invoer tariefvry gaan toelaat. Davies het uitgelig dat onder hierdie scenario wynmakers vir die volgende 12 maande rustig agteroor kan sit, want hul produkte sal tariefvry daarheen uitgevoer kan word.

 ??  ?? Dr. Rob Davies
Dr. Rob Davies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa