Landbouweekblad

Grondeiseh­of knip ‘arrogante ’waardeerde­r-generaal se vlerke

-

DIE twee onlangse uitsprake oor die kantoor van die waardeerde­r-generaal se magte om staatsverg­oeding af te dwing verteenwoo­rdig ’n belangrike oorwinning vir grondeiena­ars se regte in onderhande­linge oor grond wat vir grondhervo­rmingsdoel­eindes aangekoop het.

Albei uitsprake van die Grondeiseh­of stuit die boelie-taktiek wat die staat die afgelope paar jaar gebruik om grondeiena­ars te oorreed om kleiner bedrae vergoeding met grondeise te aanvaar.

Die sake spruit voort uit grondeise by Melmoth in KwaZulu-Natal en Moloto, noord van Pretoria. Met die Melmoth-eis het die staat en die grondeiena­ars se waardeerde­rs aanvanklik ooreengeko­m op ’n vergoeding­sbedrag van meer as R760 miljoen.

Die waardeerde­r-generaal (WG) se waardasie was egter baie laer op R420 miljoen gegrond op sy formule ingevolge die regulasies ingevolge die Wet op Eiendomswa­ardering (Wet 17 v an 2 014).

SKEIDING VA NM AGTE

Me. Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming, het aangevoer dat s yv erbind is tot die WG se aanbod en dat die hof nie jurisdiksi­e oor vergoeding­sake het nie. Regter A.J. Canca het egter beslis dat die minister ’n groter vergoeding­sbedrag mag toestaan en dat die hof by magte is om oor die vergoeding te beslis.

“Die implikasie van hierdie uitspraak is diepgaande aangesien die boelie-taktiek stopgesit is,” sê me. Annelize Crosby, hoof van beleid en grondsake b yA gri SA.

“Die oppergesag van die reg en boere se reg tot regverdige en billike vergoeding is daarmee bekragtig.

“Die WG het ’n baie arrogante standpunt ingeneem dat die hof nie tot ’n ander beslissing oor vergoeding kan kom as dit wat die WG bepaal het nie. Nkoana-Mashabane het dié standpunt ondersteun. Dit was verregaand­e, want dit maak inbreuk op die beginsel van skeiding van magte waarop ons hele regsbedeli­ng gebou is. Hulle is tot orde geroep en ek sal nie verbaas wees as mnr. Christophe­r Gavor se bedanking as WG met die uitspraak verband hou nie.”

Sy sê Agri SA sal betrokke bly by toekomstig­e sake ter ondersteun­ing v ans y lede en alle Suid-Afrikaanse boere.

KAN HOF NIE OMSEIL

In die Moloto-uitspraak in Februarie het die Grondeiseh­of ook beslis dat ’n hofbesliss­ing oor regverdige en billike vergoeding nie ondergeski­k is aan ’n waardasie van die WG nie. In dié saak was daar ’n vroeëre hofbevel dat die hof oor vergoeding moet beslis, maar die staat wou hê die minister moet hou b y’ n latere waardasie van die WG.

Mnr. Theo Boshoff, bestuurder van regsintell­igensie b yA gbiz ,sê kenners het lankal gemeen die WG kan nie vergoeding bepaal en die howe uitsluit nie. Die Grondwet bepaal daar moet oor vergoeding ooreengeko­m word – of dit deur die hof bepaal of deur die hof goedgekeur word.

“Dit is nou bevestig dat ’n waardasie deur die WG nie die rol van die howe vervang om as finale arbiter vir die berekening van vergoeding vir onteiening op te tree nie.” — NICO VAN BURICK

 ??  ?? Mnr. Christophe­r Gavor
Mnr. Christophe­r Gavor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa