Landbouweekblad

Melkprys draai ná moeilike jaar

- — CARIEN KRUGER

MELKKOPERS het prysverhog­ings vir melkboere aangekondi­g, wat vandeesmaa­nd in werking tree.

Melkboere beleef ’n erge kosteknypt­ang nadat pryse weens verlede jaar se oorskot melk met 19% gedaal het, terwyl voerpryse gestyg het.

Mnr. Bertus van Heerden, hoofekonoo­m van die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO), skryf in die organisasi­e se jongste verslag oor suiwelmark­neigings dat die produsente­prysverhog­ings vanaf Maart gemiddeld 14% beloop.

Verlede jaar het melkproduk­sie ondanks die daling in produsente­pryse tot laat in die jaar sterk bly groei.

Van Heerden sê die aanbod van onverwerkt­e melk was verlede jaar na raming 3,8% hoër as in 2017, maar het sedert November baie afgeneem.

Verlede Desember was die groei op ’n jaargronds­lag 1,85%, vergeleke met 7,97% in Desember 2017. In Januarie vanjaar was die groei 1,25%, vergeleke met 4,9% in Januarie 2018.

INSETTE DUURDER

Van Heerden sê die gemiddelde geelmielie­prys het van verlede Julie tot Oktober met 14% gestyg. Dié prys was in Januarie vanjaar

gemiddeld R2 731/ton, wat 41% hoër was as ’n jaar gelede.

Op 20 Februarie vanjaar was die geelmielie­pry so p die JSE se mark vir afgeleide kommoditei­te (Safex) R2 742/ton vir lewering in September en R2 810/ton vir lewering in Desember.

Van Heerden sê die melktot-voerpr ysverhoudi­ng het teen verlede Desember tot 1,2:1 gedaal, wat vir baie melkboere onder die gelykspeel­vlak is. Die departemen­t van landbou, bosbou en vissery ese prysindeks vir produksiem­iddele toon ook ’n styging.

Die feit dat dit in sommige droogteget­eisterde gebiede gereën het en dat melkkopers prysverhog­ings aangekondi­g het, sal melkproduk­sie volgens hom matig ondersteun.

“Die sterk groei in die melkaanbod in 2018 behoort genoeg te wees om op kort termyn in die vraag na melk te voorsien.”

Die uitwerking van die droogte en hoë graanpryse sal egter verdere opwaartse druk o pp rodusentep­r yse plaas, sê hy.

VERBRUIKER­SVRAAG

Die verbruiker­svraag na vars

melk het, soos in die vorige vyf jaar, verlede jaar gedaal. Van Heerden skryf dit toe aan wat “nuwe verbruiker­s” wil koop.

Die vraag na langleweme­lk en maas het sterk gegroei, asook die verbruik per kop daarvan. Nielsen-syfers van kleinhande­lverkope op die formele mark toon dat die vraag na voorafverp­akte kaas bly styg, maar dat jogurt- en botterverk­ope daal. Van Heerden skryf die daling aan laasgenoem­de se pryse toe.

Suid-Afrika was verlede jaar ’n netto uitvoerder van suiwelprod­ukte.

Die stewige aanbod van plaaslike melk verlede jaar, asook die rand se verswakkin­g in die tweede en derde kwartaal, het ingevoerde suiwelprod­ukte duur gemaak, sê Van Heerden. Sowat 19% minder suiwelprod­ukte as in 2017 is ingevoer, maar dit was meer as w atin2 016 ingevoer is.

Uitvoer na Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland was effens minder as in 2017. Van Heerden sê teen die agtergrond van die hoë melkproduk­sie kon dié uitvoer meer gewees het.

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? Hoër voerkoste het veroorsaak dat baie boer eve rlede jaar nie kon gelykspeel nie.
FOTO: THEUNS BOTHA Hoër voerkoste het veroorsaak dat baie boer eve rlede jaar nie kon gelykspeel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa