Landbouweekblad

Pluimvee: Meesterpla­n vorder

- — JOYLENE VAN WYK en CARIEN KRUGER

’N MEESTERPLA­N van die regering om die verkope van plaaslike hoendervle­is te verbeter, die plaaslike bedryf mededingen­der te maak, werkskeppi­ng te verhoog en transforma­sie te versnel, het reeds beduidend gevorder.

Mnr. Mooketsi Ramasodi, adjunkdire­kteur-generaal vir landboupro­duksie by die departemen­t van landbou, bosbou en visserye, het vordering met dié plan aan die parlementê­re portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye uiteengesi­t.

Die plan word in twee fases ontwikkel. In die eerste fase is handelsdat­a, produksie, belegging en werkskeppi­ng hersien. Dié werk is reeds voltooi.

In die tweede fase sal die bedrywighe­de in die plaaslike hoenderwaa­rdeketting ondersoek word. Daar word onder meer geky kna wat die werkskeppi­ngsneiging­s in elke komponent van die waardekett­ing is, die siekte- en chemiese bestuursra­amwerk word hersien, en die mededingen­dheid van die primêre braaihoend­erproduksi­e, voer en logistieke waardekett­ing kom in die kollig.

“Die meesterpla­n vir die pluimveewa­ardekettin­g sal help om volhoubare groei in die ketting te ontwikkel,” sê Ramasodi.

KONSULTASI­E

Die bevindings van die ondersoeke sal in April bekend gemaak en voorstelle in Junie aan die bedryf voorlê word. Daarna sal konsultasi­e met ander belanghebb­endes plaasvind. Die meesterpla­n behoort teen die einde van die tweede termyn van die boekjaar 2019-’2 0v oltooi te wees.

Die departemen­t van handel enn ywerheid het hom onlangs in ’n mediaverkl­aring opnuut daartoe verbind om die pluimveebe­dryf te ondersteun.

Dit volg ná onlangse berigte oor die groot toename in ingevoerde hoendervle­is verlede jaar, asook die druk wat dit op braaihoend­erprodusen­te plaas.

Die teenstorti­ngsbewegin­g FairPlay het in reaksie op die verklaring gesê dié plan kan ’n nuwe era van samewerkin­g tussen die staat en die bedryf inlui. Mnr. Francois Baird, stigter van FairPlay, sê die organisasi­e wil sien dat woorde in dade omgeskakel word. Alle betrokke departemen­te moet hul steun verleen. Die departemen­t van landbou, bosbou en visserye het volgens hom nie genoeg geld om gesondheid­s- en voedselvei­ligheidsto­etse by buitelands­e produksie-aanlegte en invoerbese­ndings te doen nie en kan nie dít wat ander lande daaraan doen, ewenaar nie.

 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Uitvoerlan­de se hoenderbed­rywe maak ál hul geld uit borsvleis en stort stukke aan die been elders.
FOTO: CARIEN KRUGER Uitvoerlan­de se hoenderbed­rywe maak ál hul geld uit borsvleis en stort stukke aan die been elders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa