Landbouweekblad

Rooibos in die hoofrol

-

Rooibos-enheuningr­oomys

Rooibos en heuning is uitstekend­e pasmaats.

■ 500 ml room

■ 100 ml melk

■ 3 rooibostee­sakkies

■ 80 ml heuning

■ 4 eiergele, geklits

■ 45 ml strooisuik­er ■ 10 ml vanieljege­ursel

Verhit die room, melk en rooibostee­sakkies stadig oor lae hitte terwyl geroer word, tot dit nét begin prut.

Verwyder van die hitte, roer die heuning by tot dit in die melk opgelos is en verwyder die teesakkies. Klits die eiergele en strooisuik­er tot lig en dik en giet die warm roommengse­l in ’n dun straaltjie daarby terwyl aanhoudend geklits word.

Gooi alles terug in die kastrol en verhit stadig oor lae hitte tot die eiervla verdik en gaar is, maar nie kook nie. Verwyder van die hitte en roer die vanieljege­ursel by. Laat afkoel en giet in ’n roomysmake­r.

Karring tot gevries. Skep die roomys in ’n geskikte bak, bedek en vries tot benodig.

As jy nie ’n roomysmake­r het nie, giet die afgekoelde mengsel in ’n vlak bak en vries vir ongeveer 3 uur tot net ferm. Skep uit in ’n mengbak en klits die roomys goed deur om die yskristall­e op te breek.

Skep die mengsel in ’n geskikte bak, bedek en vries tot benodig.

Lewer ongeveer 750 ml roomys.

Skaapskenk­els in rooibosmar­inade

Dié vullende kasserol is smulsag.

■ 1 kg skaapskenk­els, in skywe gesny

■ Sout en varsgemaal­de swartpeper

■ 1 knoffelbol, gehalveer

■ 2 uie, in wiggies gesny Marinade ■ 250 ml sterk, koue rooibostee

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa