Landbouweekblad

Wintergraa­n

Elke jaar op die derde Woensdag in Januarie kom boere van heinde en ver op Balfour in Mpumalanga byeen om self te sien hoe hooimaakto­erusting doeltreffe­nd en optimaal benut kan word. Boonop is daar hope pret en plesier vir die hele gesin.

- NAVRAE: Web: https://www. facebook.com/BalfourHoo­idag/

Een v anS uid-Afrika se grootste boeredae, die B alfo u r-hooidag, is vroeër vanjaar vir die agtste keer aangebied.

Sowat 1 000 besoekers het die dag bygewoon.

Mnr. Derick Kuun, voorsitter van die Balfour-boereveren­iging, wat die geleenthei­d aanbied, sê die belangriks­te aspek van dié dag is die geleenthei­d wat dit skep vir onderlinge steun aan boere.

“Vir ons as boereveren­iging is dit ’n manier om iets vir ons gemeenskap te doen. Dit help ook dat boere, wat vanjaar ’n baie moeilike seisoen beleef, saamstaan en mekaar moed inpraat. Boere maak mekaar sterk wanneer hulle oor hul probleme kan praat.”

Tien werktuigma­atskappye het demonstras­ies aangebied van onder meer balers, misstrooie­rs, snymasjien­e en harke. Die telersgeno­otskappe van verskeie skaap- en beesrasse was onder nog veertien ander uitstaller­s.

Die hooidag bestaan hoofsaakli­k uit demonstras­ies van verskeie maatskappy­e se hooimaakto­erusting. Konsultant­e van die uitstaller­s en deelnemers beantwoord ook boere se vrae ná die demonstras­ies.

Die hooidag is agt jaar gelede begin nadat boere in die omgewing van Balfour laat blyk het hulle wil graag alle hooitoerus­ting op een dag en een plek in aksie sien, sê mnr. Gert Kriek, lid van die hooidagkom­itee.

“Die eerste hooidag is toe suksesvol op ons familiepla­as, Palmietfon­tein, aangebied.”

Die hooidag word sedertdien elke jaar aangebied oorkant die AFGRI-Palmietfon­tein-bunker, by PJ Kriek en Seuns, wat op dieselfde grond geleë is. Dié perseel ist ussen vier dorpe en gerieflik teen die hoofpad geleë.

“Al tien die groot maatskappy­e wat hooitoerus­ting betref, het demonstras­ies aangebied. Dit is vir ons ’n voorreg om die grootste hooidag in die land aan te bied,” sê Kriek.

Die hooidag word op die derde Woensdag van Januarie gehou omdat dit ’n warm en droë tyd op die Hoëveld is – ideaal vir hooimaak.

“Met die eerste hooidag het ons gedink slegs ons eie lede in die omgewing sal dit bywoon. Ons was aangenaam verras toe heelwat meer boere vanuit ander omgewings ook die waarde van die dag besef en opgedaag het,” sê Kriek.

Die hooidag het klein 

begin met 35 mense en drie maatskappy­e. Vanjaar het mense van Limpopo af en selfs boere van Ceres in die Wes-Kaap die boeredag bygewoon.

AFGRI

Mnr. Tinus Prinsloo, uitvoerend­e hoof van AFGRI, wat vanjaar weer die hoofborg was, sê dié boeredag is ’n goeie geleenthei­d om demonstras­ies van al die nuutste en beste hooimaakto­erusting op een plek te sien.

Hy sê dit is belangrik dat AFGRI betrokke is by boeredae soos die hooidag, want die maatskappy wil graag iets teruggee aan die gemeenskap.

“Ons sal in die toekoms steeds by die hooidag betrokke wil wees. Ná al die demonstras­ies is dit lekker om saam met die omgewing se boere te kuier. Die boeredag was ’n reusesukse­s.”

JOHN DEERE

Mnr. Kevin Lesser, bemarkings­en-kommunikas­iebestuurd­er by John Deere, sê die hooidag was baie goed georganise­er.

“Selfs al is dit ’n droë jaar in groot dele van Suid-Afrika se primêre hooiproduk­siegebiede, was daar groot belangstel­ling en die opkoms was baie goed.

“Dit was ’n gulde geleenthei­d waar ons regstreeks met boere kon gesels. Ons waardeer enige geleenthei­d waartydens ons sterker bande met ons kopers kan bou en hul terugvoeri­ng kan ontvang.

“Die boodskap aan ons was duidelik dat boere baie waarde put uit demonstras­iedae, soos die hooidag,” sê Lesser.

NEW HOLLAND

Mnr. André Nieuwoudt van Agriquip in Heidelberg, Gau- teng, New Holland se handelaar in die streek, meen ook die hooidag was goed georganise­er. New Holland is een van die maatskappy­e wat van die begin af by die hooidag betrokke is.

“Die opkoms van boere is besonder hoog, en selfs boere uit die Noord-Kaap was teenwoordi­g.

“Die dag was ’n groot sukses. Meer boere het vanjaar ná die demonstras­ies teruggekom met nog vrae en belangstel­ling. Die terugvoeri­ng wat ons gekry het, is dat boere beïndruk is met ons produkte.”

 ??  ?? Die Balfour-boereveren­iging het aanvanklik gedink die hooidag sal net deur sy lede bygewoon word. Ná agt jaar het die belangstel­ling egter gegroei en vanjaar het sowat 1 000 boere en hul gesinne van omliggende streke die boeredag bygewoon.
Die Balfour-boereveren­iging het aanvanklik gedink die hooidag sal net deur sy lede bygewoon word. Ná agt jaar het die belangstel­ling egter gegroei en vanjaar het sowat 1 000 boere en hul gesinne van omliggende streke die boeredag bygewoon.
 ??  ?? Die hooidag op Balfour in Mpumalanga bring boere en verskaffer­s van hooimaakto­erusting, soos John Deere, bymekaar sodat boere verskillen­de werktuie in aksie kan sien.
Die hooidag op Balfour in Mpumalanga bring boere en verskaffer­s van hooimaakto­erusting, soos John Deere, bymekaar sodat boere verskillen­de werktuie in aksie kan sien.
 ??  ??
 ??  ?? Werktuie wa tw elkome oplossings vir boere bied, word bekend gestel. Boere moe tálm ee rvo er e nvo edse lop dieselfde hektaa rl ewer.
Werktuie wa tw elkome oplossings vir boere bied, word bekend gestel. Boere moe tálm ee rvo er e nvo edse lop dieselfde hektaa rl ewer.
 ??  ?? ’n Boe rs e opbrengs ha ngb ai ea fv an die tegnologie wa thyg ebruik. Danksy die hooida gk a nm aatskappye hul vennootska pm e tbo ere versterk. Só ka nbo ere vertroud raa km e tt egnologie wat hulle help om doeltreffe­nde rt e plant, te oes en hul opbrengs te verhoog.
’n Boe rs e opbrengs ha ngb ai ea fv an die tegnologie wa thyg ebruik. Danksy die hooida gk a nm aatskappye hul vennootska pm e tbo ere versterk. Só ka nbo ere vertroud raa km e tt egnologie wat hulle help om doeltreffe­nde rt e plant, te oes en hul opbrengs te verhoog.
 ??  ?? Boere staan tydens ’n demonstras­ie nader om ’n varsgevorm­de hooibaal te bekyk.
Boere staan tydens ’n demonstras­ie nader om ’n varsgevorm­de hooibaal te bekyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa