Landbou in die Wes-Kaap
Dit is steeds droog in groot dele van die Wes-Kaap. Hoewel die gemiddelde damvlakke hoër is a s’nj aar gelede, is die krisis nog lank nie verby nie. Die klimatoloog mnr. Joha nv an den Berg vertel meer oor die langtermynvooruitsigte vir die Wes-Kaapse winterreëngebied, geskoei op vorige jare se weerpatrone.
Die winterreëngebied in Suid-Afrika kry meestal reën van ongeveer April of Mei tot September of Oktober as gevolg van koue fronte wat die land uit die weste tref.
Frontale stelsels met kou el ug beweeg naby aan die oppervlak van die aarde omdat kou el ug swaarder as warm lug is. Dit dwing warmer lug hoër op in die atmosfeer, waar dit afkoel, wolke vorm en reën.
Dit is nie ongewoon dat donderstorms ’n paar keer per jaar voorkom nie. Donderstorms kom voor wanneer baie diep tropiese stelsels vog wat ver weswaarts oor Namibië en die westelike dele van die NoordKaa pv oorkom, suid- tot suidooswaarts laat beweeg.
WINTER- EN SOMERREËN
Sowat 20% van die reënv al op ’n plek soos Malmesbury in die Swartland kom van Oktober tot einde Maart (somer) voor, en 80% in die winter. Hoe verder oos- en suidooswaarts beweeg word, hoe groter is die kans op somerreën, met winterreën wat heelwat minder voorkom. By Caledon kom sowat 31% van die totale jaarlikse reënval in die somer voor. By Robertson is dit ongeveer 36% en by Riversdal ongeveer 47%.
Dit maak dit baie moeilik vir boere in byvoorbeeld die Riversdal-gebied om produksiebeplanning te doen, aangesien daar in sekere produksiejare byna ’n suiwer somerreënpatroon heers, in ander jare ’n winterrreënpatroon en in sommige jare enigiets tussenin.
In 1928 het ongeveer 77% van Riversdal se totale jaarlikse reënval byvoorbeeld in die somer voorgekom. In 1996 was dit 72 %enin 2014 61%. In 2011 het slegs 26% van die totale jaarlikse reënval in die somer voorgekom en in 200 6so wat 28%.
By Caledon, waar ongeveer 31% van die totale jaarlikse reënval in die somer voorkom, val daar in Oktober gemiddeld ongeveer 44 mm reën, en in November ongeveer 34 mm. In 30% van die jare val meer as 50 mm in Oktober en in 21% van jare meer as5 0 mm in November. Hierdie twee maande is bepalend vir die oes van koring, en reën kan baie skadelik wees vir die gehalte van die graanoes.
TE MIN, TE VEEL
Opeenvolgende jare met
ondergemiddelde óf bogemiddelde reënv al i s ook ’n verskynsel wat beplanning en bestuur vir boere bemoeilik.
Een van die kenmerke van reënvalpatrone oor jare in Suid-Afrika – en wêreldwy d– is groepe of siklusse van opeenvolgende ondergemiddelde of bogemiddelde reënvaljare.
Indien die verskil tussen die totale jaarlikse reënval en die jaarlikse langtermyngemiddelde oor 100 jaar vir ’n plek soos Malmesbury ontleed word, kan duidelike neiging sw aargeneem word ( GRAFIEK 1 ). Só was daar byvoorbeeld ’n hele paar lang tydperke met ondergemiddelde reënval, onder meer van 1926 tot 1941, 1965 tot 1973 en 1999 tot 2006.
Wanneer na die data oor die afwyking in die lopende driejaargemiddelde jaarlikse reënval vir Malmesbury gekyk word ( GRAFIEK 2 ), kom duideliker sikluss ena vore. (Dié gemiddelde neem jare 1, 2 en 3 en bereken die gemiddelde oor die drie jaar. Di tw ord aangeteken teenoor jaar drie. Vervolgen sw ord jare 2, 3 en 4 geneem en die gemiddelde bereken, ensovoorts.)
Siklusse van twee jaar tot 16 jaar met ondergemiddelde reënval het in die verlede voorgekom. Die huidige ondergemiddelde reënvalsiklus is nou in syv ierde jaar (grafiek 2).
Op ’n plek soos Caledon in die Rûens-gebied van die provinsie lyk die patroon ietwat anders ( GRAFIEK 3 ). By die afwyking in die lopende driejaargemiddelde jaarlikse reënv all y kdi t of die siklusse langer is ,me t ondergemiddelde en bogemiddelde reënvalsiklusse van agt jaar tot 15 jaar. Van 198 0t ot 2000 was daar egter nie ’n beduidende patroon van lang siklusse nie, hoewel di tw il voorkom of die natter jare effens oorheers het.
Indien tot by Riversdal in die Suid-Kaap beweeg word, lyk die prentjie ook anders , met baie langer sikluss e( GRAFIEK 4 ). Ná bogemiddelde reënval vir ’n klompie jare voor 1925 was daar ’n baie lang tydperk van ondergemiddelde reënval tot ongeveer
1960, en daarna van ongeveer 1964 tot 1980. Sedert 1980 het bogemiddelde reënval oorheers met ’n korter droë tydperk teen ongeveer 2000 en weer sedert 2016.
DIE HUIDIGE SITUASIE
Indien die drie voorbeelde as verteenwoordigend van spesifieke gebiede gebruik word, wil dit voorkom of die Suidwes-Kaap (Malmesbury ) al verder gevorder het in die droë siklus as die gebiede in die Suid-Kaap. Data vir Malmesbur yt oon ook da ts iklusse daar in die algemeen korter as by Caledon en Riversdal is.
Dit kans lyk goed op ondergemiddelde reënval in die komende jare in veral die Suid-Kaap. Enkele jare kan steeds bogemid- delde reënval oplewer. En wanneer sterk El Niño-gebeurtenisse voorkom, is dit dikwels ’n aanduiding dat goeie reën veral in die eerste deel van die winter oor groot dele van die winterrëengebied kan val.
REËNVAL IN 2019
Die ontwikkeling van die El Niño-weerverskynsel sedert ongeveer Januarie vanjaar begin versterk nadat dit lank neutraal was. El Niño-tipe toestande veroorsaak droogtes in die somerreëngebied in die middel en laat somer, met koue fronte wa tv roeg in die winter oor die noordelike dele beweeg en kouer toestande oor die binneland bring, asook goeie of bogemiddelde reën oor die winterreëngebied.
Daar kan d ust aamlik sterk El Niño-tipe verskynsels begin voorkom, wat die reënval en temperatuur kan beïnvloed. Dit kan die reënvaltoestande veral in laa tA pril tot Mei en Junie in die winterreëngebied verbeter.
Die hele seisoen was egter tot dusver lat era s gewoonlik, wat moontlik die begin van die winterreënseisoen in die Wes-Kaap kan vertraag. Tans is daar steeds baie onsekerheid oor reënvaltoestande in die volgende paar maande weens ’n gebrek aan duidelike aanduidings, soos ’n sterk El Niño.