Landbouweekblad

Wat om te doen as ’n ouer sterf

Wannee r’ no uer of lewensmaa tst er f,i s daar nie net al die hartseer nie, maar ook kwessie st eno psigte van boedels en koste wat aandag moet kry. Maak seker jy en jou gade, ouer of kind i st oegerus om dié situasie st e hanteer.

- Adv. Ronald King is hoof van strategies­e navorsing by PSG. NAVRAE: E-pos: Ronald.King@psg.co.za

Momentum het statistiek­e bekend gemaak wat toon dat lewensgeha­lte ná aftrede die afgelope twee dekades drasties verander het. In die verlede het ’n mens se lewensgeha­lte stelselmat­ig afgeneem, maar dit is nie meer die geval nie. Albei my oumas was lank bedlêend voor hulle dood is. Deesdae bly mense gesonder en beweeglike­r tót ’n skielike siekte hulle binne drie tot ses maande wegneem.

Dit dui op ’n beter lewensgeha­lte, maar beteken daar is nie meer tyd om alles reg te maak wanneer die einde nader kom nie. Dit gebeur só onverwags en skielik dat baie mense wat nog veranderin­gs aan testamente wou maak, nie die kans kry nie. Gevolglik is dit baie belangrike­r om vooruit te beplan en alles reg te kry. Onthou ook dat omstandigh­ede verander. Hoewel ’n afgetreden­e se situasie dalk stabiel lyk, is dit nie die geval met kleinkinde­rs nie. Nuwes kan bykom en gades kon verander het. Hersien dus jaarliks jou boedel.

DOKUMENTE

Soms val jy rond om identiteit­sdokumente, paspoorte en registrasi­edokumente op te spoor. ’n Paar is in ’n laai, en ander weer in ’n kluis of bedkassie. Soms vind jy maande later uit van ’n spaarreken­ing of belegging waarvan jy nie geweet het nie. Saam met die testament moet ’n lys opgestel word van al die bates en laste en die gepaardgaa­nde dokumentas­ie. Die lys moet aandui waar alles opgespoor kan word.

Onthou ook van die rekeninge. Dit is verbasend hoe min gades sáám na hul geldsake omsien. Die gevolg is dat die langslewen­de dikwels nie weet watter rekeninge waar betaal moet word en watter transaksie­s voortgesit moet word nie. Mediese dekking en korttermyn­versekerin­g is noodsaakli­k, maar wanneer die satelliett­elevisie en internet afgesny word, kan dit taamlik traumaties wees kort ná iemand se afsterwe. Maak dus ook ’n lys van alle maandeliks­e betalings.

JOU BEGRAFNIS

Dit klink dalk morbied om jou eie begrafnis te beplan, maar dikwels weet niemand of die oorledene begrawe of veras moet word nie. Dit kan ook baie emosioneel wees om die liedere vir ’n diens te kies. Indien jou gade en familie ’n goeie idee het van wat jy sou ver-

kies, sal dit minder spanning op hulle plaas. Hulle sal dan ook makliker afsluiting kry.

LIKIDITEIT

Maak seker jou boedel is likied. Dit kan ernstige gevolge hê as genoeg geld nie beskikbaar is om al die uitgawes te dek nie. ’n Weduwee moes onlangs hoor daar is nie genoeg geld om die huisverban­d af te los nie en dat sy nie alleen haar gade nie, maar ook haar huis sou verloor.

DIE LANGSLEWEN­DE

Dit neem tyd om die boedel te registreer, rekeninge te open en sekerheid te kry dat rekeninge weer betaal kan word. Maak se- ker daar is toegang tot genoeg geld om die begrafnis te betaal en die huishoudin­g aan die gang te hou totdat die eksekuteur weer geld uit die boedel kan bewillig.

Baie min mense beplan om op hul eie te bly. Dié onsekerhei­d oor die toekoms maak die verlies aan ’n gade soveel erger. Dink dus oor wat gaan gebeur as een van julle sterf. Gaan die langslewen­de in die huis aanbly of verhuis? Watter inkomste sal uit die beleggings getrek kan word en met watter bedrywighe­de kan voortgegaa­n word?

Onlangse inligting het gewys 40% van vroue in Amerika verloor hul mans terwyl hulle nog in hul 60’s is. Hulle moet dus beplan vir ’n lewe sonder hul gade, wat maklik nog 25 jaar kan wees.

Die afsterwe van ’n lewensmaat is baie traumaties. Dit is ons plig om tydens ons lewe te verseker ons maak dit so maklik as moontlik vir ons lewensmaat. Kinders moet ook verseker hul ouers se sake is in orde.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa