Afrika se honger neem toe
Druk op diek ommersiële landbousektor in Suid-Afrik an ee mu i tv erskeie oorde toe, maar terselfdertyd ook die belangrikheid van dié sektor om in die voedselbehoeftes van diel and s eg roeiende verstedelikt ebe volking te voorsien. Om hongersnood, oproer e nm isdadigheid tee nt e werk, sal Afrika-lande tyd én geld in kommersiële boere móét belê.
Die kommersiële landbou in Suid-Afrika kom onder toenemende druk, en ongunstige weerstoestande in dele van die somerreëngebied, én die effense styging in rentekoerse in 2018, het hierdie druk vererger. Die droogte het daartoe gelei dat die eerste oesskatting aansienlik verlaag is teenoor die vorige twee jaar se oeste, en graanpryse het begin styg. Die invoer van mielies en ander graan is reeds aan die gang.
Die debat oor die onteiening van grond gaan voort, wat beleggers vertroue verder ondermyn. Dis ook duidelik dat staatsondersteuning waarskynlik skraps gaan wees, en dat ander funksies wat óók op staatsondersteuning staatmaak, soos navorsing en voorligting, op wankelrige bene staan.
Dis alombekend dat die Landbou navorsingsraad( L NR) se uitgawe sal vir byna drie jaar sy inkomste oorskry, en in die onlangse begrotingsrede het die minister van finansies nie gehoor gegee aan die LNR se noodkreet om bykomende finansiering nie. Die LNR het die afgelope paar jaar toenemend op allerlei nie-kommersiële kwessies gekonsentreer, hoofsaaklik op kleinboere, met min sukses.
KLEINBOERE NI ED I EA NTWOORD
Lande in Afrika suid van die Sahara het steeds die hoogste voorkoms van hongersnood ter wêreld, met duisende wat afhanklik is van voedselhulpverlening.
Die verwagting is dat verstedeliking in Afrika oor die volgende dekade drasties gaan toeneem, wat die kwessie van voedseltekorte kan vererger, tensy daar baie vinnig ’n kommersiële landbousektor op die been gebring word met die nodige staat s ondersteuning. Eenvoudig gestel gaan die behoefte aan kommersiële hoeveelhede voedsel wat aan stede voorsien moet word, drasties styg.
Groot gewag word gemaak van die regering se voorneme om nuwe kleinboere te vestig. Die kleinboer-bestaan s boer model gaan nié daarin slaag om aan ’n groeiende verstedelikte bevolking voldoende en bekostigbare voedsel te lewer nie.
Die Zimbabwiese minister van finansies het intussen erken dat landbougrond ’n “dooie” bate is, aangesien transportaktes nie daar erken word nie. Heelwat navorsing het al bewys dat die grootste struikelblok vir die ontwikkeling van ’n lewenskragtige kommersiële landbousektor in Afrika die feit is dat grond nie gebruik kan word as sekuriteit vir finansiering nie.
Intussen is daar geen duidelikheid oor hoe die“nuwe” grondhervorming s debat in Suid-Afrika gaan ontvou in praktiese, werkbare toepassings modelle nie. Dit wil tóg voorkom of kommersiële plase nie soseer in die regering se visier is nie. Daar is sowat 4 000 plase in staatsbesit wat onteien is en nie produseer nie, wat die regering eers produktief wil kry. Streeksgewys is die vordering maar stadig in lande soos Angola, terwyl Zambië met ’n paar honderd kommersiële boere (wat bestendig toeneem) goeie vooruitgang maak.
HONGERSNOOD NEEM TOE
Die Voedsel- en Landbou-organisasie (VLO) van die Verenigde Nasies het onlangs bekend gemaak dat die aantal honger mense wêreldwyd toegeneem het van 804 miljoen in 2016 tot sowat 821 miljoen in 2017. Hiervan is sowat 237 miljoen woonagtig in Afrika suid van die Sahara. Dié toestand gaan waarskynlik versleg weens swak oeste. In geheel het Afrika die grootste aantal ondervoede mense as persentasie van die bevolking, sowat 21%, of 256 miljoen mense.
’n Bydraende faktor tot dié situasie is dat talle Afrika-lande staatmaak op skenkings en invoer vir voedselsekerheid. ’n Sterk ekonomie met ’n groot surplus op buitelandse rekeninge, wat met uitvoer verdien word, is egter nodig om te betaal vir invoer. Dit is meestal nie die geval nie, en as in ag geneem word dat Suid-Afrika jaarliks ’n handelsbalanstekort van net minder as R200 miljard het, is dié land nie in ’n veel beter posisie nie.
In Suid-Amerika het die aantal mense wat honger ly, ook effe toegeneem, maar tot heelwat laer vlakke as in Afrika. (Venezuela se ineenstorting, onder meer weens nasionalisering, en die gepaardgaande voedseltekorte, is welbekend.) GRAFIEK 1 toon die stand van ondervoeding in sekere streke op grond van die VLO se verslag.
’n Ander kommerwekkende aspek wat in gedagte gehou moet word, is dat die breinfunksies van kinders wat ondervoed is, nie ten volle ontwikkel nie, wat tot ’n mate van gestremdheid lei. Na raming is ongeveer een uit elke drie kinders onder vyf jaar in SuiderAfrika breingestremd. Die tragedie is dat dié kinders nie hul potensiaal as volwassenes kan bereik nie, en dat hul kanse om eendag ’n ordentlike werk te kry, baie skraal is.
In teenstelling hiermee is daar weer die interessante statistieke wat toon dat sowat 13,7 miljoen kinders jonger as 5 jaar in SuiderAfrika oorgewig is. Dié streek het inderdaad een van die hoogste persentasie oorgewig kinders ter wêreld, naamlik 13,7%.
Dis voor die hand liggend dat oproer en
misdaad in die toekoms skrikwekkend kan toeneem tensy ondervoeding daadwerklik aangepak word.
Dit kan slegs gebeur as voldoende en bekostigbare voedsel in stedelike gebiede beskikbaar is. Slegs kommersiële landbouers sal kan verseker dat in hierdie behoefte voorsien word.
VAN DIE PLATTELAND NA DIE STAD
Verstedeliking in Afrika vind teen ’n ongeewenaarde tempo plaas. Bestaansboere op die platteland, wat tot ’n groot mate selfversorgend was, verskuif na stedelike gebiede en raak afhanklik van winkels om hulle van voedsel te voorsien. Die vraag na kommersieel geproduseerde voedsel neem dus toe.
Voorts moet hulle ’n blyplek hê, én ’n werk wat hulle in staat stel om daarvoor te betaal.
Die VN voorspel dat sowat 75% van die bevolking in Afrika suid van die Sahara, net minder as 1 miljard mense, oor 25 jaar in stedelike gebiede woonagtig gaan wees. Tans is dié syfer sowat 472 miljoen. Daar was in 2015 reeds 45 stede in dié streek met meer as 1 miljoen inwoners elk.
Hou in gedagte dat dié neigings ook vir Suid-Afrika geld. Let byvoorbeeld op die migrasie van mense uit die Oos-Kaapse platteland na die stedelike gebiede in die WesKaap, en die kwessies wat daaruit spruit.
Indien lande in dié streek nie surplusse op hul handelsbalanse gaan hê om voedsel in te voer nie, sal dit toenemend in kommersiële hoeveelhede op kommersiële plase geproduseer en van die platteland na stedelike gebiede vervoer moet word.
Die verwagting is dat Afrika in 2019 sowat 35,4 miljoen ton graan sal moet invoer om in die plaaslike vraag te voorsien. Gewoonlik word dié tonnemaat nie bereik nie weens ’n gebrek aan geld, en slegs sowat 1 miljoen ton sal na raming beskikbaar wees vir voedselhulpverlening.
Afrika is die vasteland wat die grootse tonnemaat invoer gaan benodig. GRAFIEK 3 toon die verwagte invoer vir Afrika se substreke in 2019. Dis algemeen bekend dat ’n tekort aan hulpbronne nie die hoofoorsaak van dié situasie is nie, maar eerder swak beleidsvorming en ’n ontoereikende kommersiële landbousektor in die onderskeie lande.
Die vraag is wat die toekomstige beleid en benadering van die Suid-Afrikaanse regering tot die kommersiële landbousektor gaan wees.
Die terugvoer van landbou-organisasies is dat daar in die afgelope jaar meer vordering gemaak is met regeringsbeleidsamesprekings as in die vorige tien jaar saam. Inderdaad bemoedigend.