Landbouweekblad

Speel-speel leer kinders hul eie groente kweek

Copeland Koorts se liefde vir tuinmaak en kinders het gelei tot die ondernemin­g My Eco Sprout, wat groeistell­e aan kinders (en hul ouers!) versprei wat hulle leer hoe om hul eie groente te kweek en te geniet.

-

Neem jy mense in diens?

Tans is dit net een persoon, vir wie ek vaardighed­e soos verpakking, tydsbestuu­r en meer oor tuinbou geleer het. As ek iemand moet aanstel, kyk ek altyd na hul bereidwill­igheid om te leer. E k glo as j y regtig iets wil doen, dan sal jy.

Hoe het jy die kapitaal bymekaarge­skraap om die ondernemin­g te begin?

Ek moes lank spaar en werk om by die bedrag uit te kom wat ek nodig gehad het om al die verpakking en kunswerke profession­eel en visueel te laat ontwerp en druk.

Dis nie maklik om ’n besigheid op te bou nie. Wat motiveer jou?

Ek vind my krag by die Here. Ek glo dat jou ingesteldh­eid teenoor jou omstandigh­ede ’n groot verskil kan maak. As iets moeilik raak, probeer ek die lesse daarin raaksien. Dit help my om perspektie­f te behou.

’n Les wat jy al uit ’n moeilike situasie geleer het?

Môre wag daar nog ’n dag. Sluk ’n bietjie van jou trots, erken jou fout en staan weer op.

Is gemeenskap­swer k vi r jou belangrik?

Ja, ons sal graag in die toekoms by die ontwikkeli­ng van skooltuine betrokke wil raak en tuinbouvaa­rdighede aan minderbevo­orregte kinders leer.

Wat maak jo us o suksesvol?

Ek glo daarin om ’n balans te handhaaf tussen my gesin en die ondernemin­g. Albei verskaf my ontsettend baie vreugde. A sek soms twyfel oor iets, dink ek aan die woorde: “There is power in perseveran­ce.”

Hoe handhaaf jy daardie balans?

Ek was nie altyd goed daarmee om die los minute wat hier en daar opduik, te benut nie. Nou laat ek nie vyf minute verlore gaan nie, al is dit om gou ’n boodskap te tik, saad te verpak, ’n koerier te bespreek of die volgende oggend se kosblik gereed te kry. Voor jy jou oë uitvee, het die klein dingetjies ’n groot verskil gemaak en kan j yw eer asemskep.

Raad wat vir jou van nu t wa s?

Glo in jouself en belê in jou talente.

Wat sou jy vooraf wou weet?

Ek leer steeds baie. Eintlik is die lys oneindig lank, maar dis deel van die leerskool met ’n nuwe besigheid.

NAVRAE: Web: myecosprou­t.com of volg Copeland op Instagram (my_eco_sprout )ofop Facebook (My Eco Sprout).

 ??  ?? Die stell ebe v ata lle sw at jy nod igh et om jou eie groente te kweek.
Die stell ebe v ata lle sw at jy nod igh et om jou eie groente te kweek.
 ??  ?? Slegs Suid-Afrikaanse saad van unieke kultivars, soos hierdie springmiel­ies, word versprei.
Slegs Suid-Afrikaanse saad van unieke kultivars, soos hierdie springmiel­ies, word versprei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa