Landbouweekblad

Suid-Carolina se hart klop warm

- Petro Bosman is ’n taalprakti­syn wat dol is oor reis. Sy het die Amerikaans­e deelstaat Suid-Carolina in Desember besoek.

Charleston in Suid-Carolina is ’n legkaart vol pragtige prentjies. My eerste legkaartst­ukkie van die gebied was hoog bo uit die lug, met linte blou water wat oor lappe bruin, geel en groen kronkel. Hier is duidelik nie ’n tekort aan water nie, het ek verlig gedink (en uitgesien na daardie eerste stort sonder om elke druppel te tel).

Opon s busri tv an die netjiese lughawe af kon ’n mens agterkom Charlest on i s’ n stad wat duidelik baie vi rsy veterans omgee. Hier is imme rs ’n groo tv lootbasis.

Nog ie tsw aaraan daar nie ’n tekort is nie, is die Southern hospitalit­y waarmee besoeke rsv erwelkom word. Een van die inwoners het on sv ertel die stad het blykbaa rt ien jaar agtereenvo­lgens die prys as die vriendelik­ste stad in Amerika gewen. Ons het dié legendarie­se vriendelik­heid persoonlik ervaar .Op straat ,inee tplekke, markt een winkels. Welkom in die Lowcountry – soos die omgewing bekend staan.

Ná ’n goeie nagrus en koffie en beskuit (wat on ss aamgebring he tu it Suid-Afrika, want beskuit is een ding wat jy nié hie rs al kry nie) het ons die sjarmante stad te voet gaan verken. Omdat ons in die historiese deel gebly het, was dit maklik. Die talle kerktoring­s in die st adi s opvallend – daar is imme rss owat 180 kerke in Charleston en geen gebou mag hoër as die kerktoring wees nie. Geen wonder daa rw ord ook na Charlest ona s die “Holy City” verwys nie.

Een kerk wat ons besli sw o us ien, was die Emmanuel AME-ker k( African Methodist Episcopal) in Calhounstr­aa tw aar Dylann Roof in 2015 nege mense gedurende ’n biduur wreed doodgeskie­t het.

In die sagte oggendson was dit moeilik om te glo da ts oie ts binne die beskutte, wit mure van hierdie statige gebou kon gebeur het. Die kerkdeure was gesluit, maar ek voel bevoorreg dat ekm y hand oor die buitemure kon laat gly en kon dink aan die mense wa ts o voortydig daar gester f he t. Sedertdien het die naasbestaa­nde sv an die slagoffe rs’n toonbeeld van vergifnis geword.

GESKIEDENI­SLES TE PERD

Charlest oni ss inoniem met perdekarri­tte, enb y die Old Sout hCa rriage Company het on ss aam met Elliot en sy Belgiese trekperd, Ben, de urv an die historiese dele gery .Op so ’n rit hoo r’ n mens allerlei interessan­te feit eoo r Charleston:

■ Sowa t30 % van die st adi s opk unsmatige grondopvul­ling aangelê.

■ Daa rw as oor die eeue heen vy fg root brande in Charleston, waarvan “The Great Fire of 1861” die ergste was. In 188 6w as daar ook ’ ng root aardbewing.

■ Streng bewaringsm­aatreëls geld in Charleston, dus moet die buitenst efa sade van ’n ou gebou altyd behou ebl y. Die eertydse historiese militêre behuising is byvoorbeel­d nou laekostebe­huising, dikwels met ’n wagl ysv an twee jaar .Di t mag nooit afgebreek word nie.

■ Die ligbou kleur bekend as haint blue is tradisione­el gebruik om stoepe se plafonne te verf. Dit kom v anh ul Afrika-slawekultu­ur, wat geglo het die kle urs al spoke of geeste weghou.

■ By huisnommer­s dui die halfmer k( soos 211½) onder mee r’ no u ,lo sstaande kombuis aan wat nou in ’n woonplek omskep is.

’ n Ek sentriekhe­id van die st adi s die privacy door b ys ommige van die ouer huise. Dis die

deur wat jou privaathei­d gee op jou stoep – die voordeur wy sd u snies traa tt oe nie.

■ Die sogenoemde Spaanse mos wat in Charleston en die res v anS uid-Carolina soos lang baarde van die bome af drup, is inderwaarh­eid lugplante. Dis dus nie Spaans nie en ook nie mos nie, maar almal verwys daarna as Spaanse mos.

■ Die Lowcountry het sy eie kenmerkend­e reuk. Dis ’n mengelmoes geur afkomstig van seebries, laagwater, pluff mud (sagte, slikkerige modder wat in die moerasgebi­ede daar voorkom), spartinagr­as, migrerende eende se mis en skaaldiere wat besig is om t eon tbind.

■ Teru gb y pluff mud :Di tw ord bestempel as een van die wonders van die Lowcountry .Di t slu kjo u stewels speel-speel in, en selfs bufferplak­kers het dit al vereer met beskrywing­s soos “Plu ffm ud: The goo that holds the earth together”.

■ Die enigst e ak tiewe teeplantas­ie in Noord-Amerika is in die Charleston-omgewing geleë. Suid-Carolina se sweet tea,’n koue ystee saam met baie y s en suurlemoen­skyfies, is heerlik verfrissen­d.

■ Oor “Snobs” en “Sobs”: Broadway loop tussen twee welgesteld­e buurt ede ur. Die mense noord van Broadway staan bekend as die “Snobs”: Slightly North of Broadway. Suid van Broadway bly nog ryker mense, bekend as die “Sobs”: South of Broadway.

■ Die akteur Bill Murray is ’n inwoner van Charleston. By Queen Street Grocery is ’n crêpe selfs na hom genoem omdat hy dit so gereeld bestel. Die Murray met s yvu lsel van onder meer groenappel, kalkoen en slaaiblare is inderdaad heerlik.

’N BIER VIR ELKE SMAAK

Ons het nie ’n gids nodig gehad om van die ander interessan­te feite oor Charleston eer- stehands t eer vaar nie. By Craftsmen Kitchen & Tap House, nie ver van waar ons gebly het nie, is byvoorbeel­d altesaam 400 biere op hul “bierlys’’, waarvan 55 tapvatbier­e is. Daar is ook talle bierbrouer­ye in die omgewing. Met beskrywend­e name soos Sungazer, Gingerly Squeez eM y Lemons en Circuit Breaker is daar ’n bier vir elke eksotiese smaak.

A sbe wy sda t Charleston ook ’n sin vir humor het en met s yv riendelikh­eid kan spot: Een van die biere (jy koop dit in ’n mooi liggroen blikkie) se naam is Overly Friendly. Ook ne tv ir die rekord: Ons kon ongelukkig nie ál 400 biere proe nie . . .

Nog iets wat ons in Charleston opgeval het, is hoe skoon dit is, want , ja, h ulle was soggens die strat eme t emmers water. Oral waar ons rondbeweeg het ,he t dit gely kofdit deel van die kultuu r is om die s trat ene tjies t eho u en nie rommel t es trooi nie.

OOR MARKTE EN KERKHOWE

Charleston se historiese stadsmark uit die 1790’s is ’n gewilde toeriste-attraksie waar jy enigiets v an j uwelierswa­re tot kunswerke, leerproduk­te en pakkies grits (hul weergawe van grofgemaal­de mieliemeel) kan koop. (Shrimp and grits is nóg ’n gesogte gereg wat ’n mens in Suid-Carolina móét eet.)

Vrou esi t oral rond en vleg mandjies wat deel van die kultuur is. Bulrush (donker gras) en sweetgrass (ligte gras) word daarvoor ingespan, en die vleg is ’n vaardighei­d wat kleintyd al aangeleer word. Die meeste volwasse vrou eme tw ie ons gepraat het, was sowat tien jaar oud t oeh ulle daarmee begin het.

Gedink kerkhow e is ne t somber, grieselrig­e (en deesdae ook gevaarlike) plekke? Nie in Charleston nie. Die Unitarian-kerk het die lieflikste kerkhof op s yt errein. Die tuin om die ou graft ehe t so ’n deurmekaar Engelse tuingevoel, en oral swiep tjirpende voëls deur die lug. Dis asof lewe en dood besluit het om as’ tw are hier hande te vat . Die l ugplante dra ook b yt ot die tuin se sjarme. Selfs die kerkhowe hier voel vriendelik!

Ons laaste paar dae in die Lowcountry was op Edisto-eiland, sowat ’n uu rser yv an Charleston af. Een van die gaw e in woners (by die drankwinke­l nogal!) het ons vertel van Botany Bay daar naby, wat soos ’n post-apokalipti­ese begraafpla­as van bome lyk.

Die dag toe ons daar was, het dit gereën, maar dit het juis tot die atmosfeer bygedra. Ons kon ’n hele paar interessan­t e fo to’s neem. Dis ’n kusbewarin­gsgebied en enig ins y soort. National Geographic het al daaroor geskryf.

En om v iro ulaas aan die hartlikhei­d van die inwoners herinner te word, het die vriendelik­e man van die boekwinkel op Edisto sommer daarop aangedring om vir ons sy persoonlik­e eksemplaar van ’n boek, wat hy nie op sy rakke gehad het nie, te leen. Ons was verstom. Ons sal dit klaar lees en vir hom terugpos – en hopelik eendag weer daar gaan kuier.

Want j yv erloor ’n stukkie van jouself op elke reis – en Suid-Carolina hou ’ns tukkie v anm y hart.

 ??  ?? LINKS: Die Unitarian-kerk in Charleston se prentjiemo­oi kerkhof in Archdalest­raat. Dis die oudste Unitarian-kerk in die suide van Amerika en die naasoudste kerk in Charleston.
LINKS: Die Unitarian-kerk in Charleston se prentjiemo­oi kerkhof in Archdalest­raat. Dis die oudste Unitarian-kerk in die suide van Amerika en die naasoudste kerk in Charleston.
 ??  ?? Petro Bosman by Ben, die Belgiese trekperd wat hulle deur die historiese deel van Charleston geneem het.
Petro Bosman by Ben, die Belgiese trekperd wat hulle deur die historiese deel van Charleston geneem het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die effense spookagtig­heid van Botany Bay op ’n reënerige dag.
Die effense spookagtig­heid van Botany Bay op ’n reënerige dag.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa