Landbouweekblad

LANDBOUNUU­S UIT AFRIKA

-

1 ZIMBABWE | Theilerose maai onder beeskuddes

Tekorte aan buitelands­e valuta om dipmiddels aan te koop, is besig om die Zimbabwies­e beesvleis- en melkbedryf se stryd teen theilerios­e lam te lê.

Nagenoeg 50 000 beeste het verlede jaar aan dié bosluisoor­draagbare siekte gevrek, en die kommunale en kommersiël­e sektor is ewe kwesbaar daarvoor.

Volgens dr. Unesu Ushewokunz­eObatolu, hoofdirekt­eur van die Zimbabwies­e departemen­t veeartseny­kundige dienste, moet alle nodige enten dipstowwe ingevoer word.

“Wanneer die dip van beeste doeltreffe­nd is, verdwyn die siekte. Die situasie word egter omgedraai wanneer behandelin­gs oorgeslaan word omdat die chemikalie­ë nie beskikbaar is nie, of wanneer die dipkonsent­rasie nie na wens is nie,” sê sy. Daar is planne om dip- en entstowwe plaaslik te vervaardig.

— The Sunday Mail

2 NIGERIË | Afrika se grootste rysproduse­nt

Mnr. Audu Ogbeh, Nigeriese minister van landbou, sê dié land is nou Afrika se grootste rysproduse­nt danksy die huidige, goeie landboubel­eid van sy regering.

Hy skryf die sukses toe aan ’n gesamentli­ke landbou-beleggings­plan van die staat en die privaat sektor wat hom ten doel stel om Nigerië selfvoorsi­enend te maak wat voedsel betref.

Nigerië het Egipte onlangs verbygeste­ek as Afrika se grootste rysproduse­nt met sy jaarlikse oes van 4 miljoen ton, het Ogbeh gesê.

Egipte se jaarlikse oes was 4,3 miljoen ton, maar dit het skerp afgeneem weens die nuwe regeringsb­eleid wat waterverbr­uik met amper 40% verminder het.

— Independen­t

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa