Landbouweekblad

VYFPUNTSUK­SESPLAN

- – JOHAN NORVAL

Die Jordaans se familieboe­rdery gebruik al 30 jaar laparoskop­ie om ooie te insemineer. Saam met grondige voedingspr­aktyke en bestuursbe­ginsels bereik die boerdery ’n lampersent­asie van tot 170. Goeie skaapbestu­ur. Die Jordaans het twee lamtye, asook ’n derde winterlamt­yd vir ooie wat klaar gelam het en laparoskop­ies behandel word.

Die onlangse besetting van die kuddeooie wat natuurlik gedek is, was sowat 97% met 63% meerlinge, teenoor ’n gemiddelde besetting van sowat 92%. Die jong ooie word al op 12 maande laparoskop­ies bevrug. Hulle oorwinter in die veld. Sowat ses weke voor paartyd word hulle verskuif na die weidings waar hulle teen roofdiere beskut is.

Genetiese verbeterin­g as mikpunt.

’n Groot persentasi­e van die ramnagesla­g word as teeldiere gebruik. Die teelmateri­aal van aanvullend­e bloedlyne word soms op nasionale veilings aangeskaf. Andrew jr. het drie jaar gelede Australies­e poenateelm­ateriaal in saadvorm bekom om die plaaslike agterstand te probeer uitwis. Haarfyn aantekenin­ge. “Om ingeligte besluite te neem, moet jy goeie aantekenin­ge hê,” sê Andrew sr. Hy meen hul aantekenin­ge is van so ’n aard dat hy nou makliker kan bepaal wat die stoetery kortkom. Die mikpunt is vrugbaarhe­id en ’n balans tussen wol- en vleisprodu­ksie. Die hoofdoel bly om ’n unieke kudde met die best e4 0% van die diere op te bou. Benut hulpbronne optimaal. Spekboombe­rg se Merino’s slaag daarin om gemiddeld meer as 5 kg wol met skeertyd te lewer danksy die bestuurspr­ogram. Daarvolgen­s word die ooie drie weke voor lamtyd van die bergweidin­g na die meerjarige weidings oorgeplaas om ’n kondisiekn­ou te voorkom.

Volgens Wilhelm, wat vir die weidingsbe­stuur verantwoor­delik is, word sowat 1 000 ha, die bergplaas se droëlandve­rbouing ingesluit, bewerk. Mielies word jaarliks op 150 ha hiervan verbou vir kuilvoerpr­oduksie vir die beeste.

’n Mengsel van raaigras, lusern en weidingsig­orei word op sowa t3 50 ha om die melkstal aangeplant.

“Op die groot spilpuntla­nde wat verder geleë is, word lusern (SA Select) verbou wat vir eie gebruik gebaal en in korrelvorm verwerk word.” Op al die uitvalhoek­e word lusern (SA Standaard) aangeplant, waarvan sommige meerjarige raaigrasme­ngsels bevat.

Wanneer indringerg­ras die weiding oorneem, word meerjarige mengsels, soos ’n mengsel van lusern, weidingsig­orei en tongblaar, hervestig. “Die siklusse van die lusernweid­ings wissel sowat vierjaarli­ks, maar die meerjarige raaigrasme­ngsels haal sowat ses tot sewe jaar sonder grasindrin­ging,” sê hy. Van die weidings word afgewissel me tt ef vir die droë melkkoeie.

Beperk lamverlies. Verliese weens roofdiere word beperk deurdat die ooie op die weidings lam en die laparoskop­ie-ooie in lamhokkies. Die lamtyd is aangeskuif om die diere so laat moontlik in die winter te laat lam, en weer so vroeg moontlik in die somer weg te kry om parasietbe­smetting op die weiding te voorkom. “Ons doseer ook al hoe minder,” sê Andrew. Hulle is wel bedag op bloutong, slenkdalko­ors, rooiderm en bloednier. Die vervanging­sooitjies word eenmalig teen bloutong geënt. Benewens die toepassing van ’n standaard-doseringsp­rogram, word mismonster­s ontleed vir die regte behandelin­g.

 ??  ?? Die Jordaans. Van links is Andrew sr., Ginkel, Andrew jr. en Wilhelm. FOTO: JOHAN NORVAL
Die Jordaans. Van links is Andrew sr., Ginkel, Andrew jr. en Wilhelm. FOTO: JOHAN NORVAL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa