Landbouweekblad

MOEILIKE JAAR VIR SKAAPVLEIS, MAAR DIT BLY GESOG

- — NICO VAN BURICK

Altesaam 4,547 miljoen skape i sin die afgelope jaar plaaslik geslag, met ’n produksie van ongeveer 95,4 ton. Dié slag syfer is ongeveer 8% laer as die vorige jaar en kan hoofsaakli­k aan die droogte toegeskryf word, sê mnr. G e r hard Sc hutte, hoofbestuu­rder van die Rooivleis produsente­organisasi­e( R P O ).

Hy sê daar was die afgelope jaar baie druk op die produsente­pryse van alle rooivleis. “Die prys van klas A2-beesvleis is 14,6% laer as ’n jaar gelede, en dit staan nou op R39,39/kg. Die prys van klas A2-lam het op ’n jaargronds­lag met 4,6% gedaal en staan nou op R65,49/kg.”

Hy sê die redes vir die druk op pryse is die swak koopkrag van die verbruiker, droogte in verskeie provinsies en die uitbreking van beken-klouseer.

Die feit dat Suid-Afrikaanse lamsvleis die kleinste prysdaling getoon het, is ’n aanduiding dat skaapvleis ’n relatief luukse produk geword het en daarom nie so vatbaar vir prysneigin­gs is nie.

Op lang termyn is die verwagting­e vir skaapvleis egter baie gunstig. Die vraag na die produk kan tot 2020 met 11% styg. Alle aanduiding­s is ook dat Suid-Afrika in 2027 steeds ’n netto invoerder van skaapvleis sal wees. Tans is die invoer daarvan stabiel, met ongeveer 10,5% van plaaslik beskikbare skaapvleis wat vanaf Namibië ingevoer word en 3,2% van oorsee.

“Die aanduiding­s is dat dié invoer tot 2027 op dieselfde vlak sal bly en selfs effens kan daal. Dit is ’n aanduiding dat Suid-Afrika tans internasio­naal baie mededingen­d is, iets wat nie in die nabye toekoms sal verander nie,” sê Schutte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa