Landbouweekblad

BEESRAS BULT SPIERE

- — VIDA BOOYSEN

Die Afrika-Droughtmas­ter-beesras is besig om spiere te bult wat ledetal én veilingspr­yse betref. Vanjaar se eerste veiling is om die draai met diere van mnr. Philip Botha se Bosch Valley-stoetery wat op 3 April op Memel onder die hamer kom, sê mnr. Gert Barnard, voorsitter van die Afrika-Droughtmas­ter-beestelers­genootskap.

Die hoogste prys wat verlede jaar vir ’n bul behaal is, was R350 000. Die koper was mnr. Danie Visser van Namibië en die verkoper Considerat­a Suid-Afrika van mnre. Kobus en Johan Dannhauser, Vryburg.

Die hoogste prys vir ’n vroulike dier was R340 000 wat deur mnr. Johann Pistorius van On Top Drought Masters betaal is.

Die verkoper was ook Considerat­a SA.

Die gemiddelde prys wat vir ’n vroulike dier betaal is, was R71 265, terwyl manlike diere gemiddeld R88 180 behaal het.

Daar is volgens Barnard 40 geregistre­erde telers in Suid-Afrika, ses in Namibië en twee in Botswana. Daar word hoofsaakli­k ekstensief met dié beesras geboer, maar hy sê speenkalwe­rs presteer goed in voerkrale. Die eienskap wat die sterkste in dié beesras se guns tel, is sterk erfdwang by die vroulike diere en aanpasbaar­heid van die speenkalwe­rs. Die bulle word goed op die kommersiël­e mark ontvang vir gebruik in kruistelin­g asook om speenkalwe­rs te lewer.

Nog inligting oor dié beesras is op genootskap se webtuiste, www. droughtmas­terafrica.co.za, beskikbaar, of bel Barnard by 08 327 8 21 2116 of me. Amari Bornman by 051 44 60 580.

 ??  ?? VEILING VAN DIE WEEK
VEILING VAN DIE WEEK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa