Landbouweekblad

BIOLOGIESE BEKAMPING KA N SA VAN INDRINGE RS R ED

-

Indringers­pesies kos Suid-Afrika miljoene rande, maar die veili- ge en doeltreffe­nde biologiese bekamping van indringerp­lante kan verliese keer en terselfder­tyd landboubro­nne en watervoors­iening beskerm.

Amelia Genis se berig “Indringerp­lant es uig jaarliks een Jozini-dam leeg” (LBW ,1 6 November 2018 )w eerspieël akkuraat die gevolgtrek­kings wat in die 2017-verslag oor die status van biologiese indringers en die bekamping daarv aninS uid-Afrika gemaak is. Inderdaad, die toekomstig­e nadelige uitwerking van indringers­pesies op die land se r yk biodiversi­teit en ekologiese infrastruk­tuur gaan ernstige gevolge hê.

Die berig gee egter nie genoegsame insig in verband met die ongeloofli­k suksesvoll­e biologiese bekampings­programme inS uid-Afrika nie. Hoofstuk 6 van die verslag lu i:“Die biologiese bekamping van indringerp­lante is merkwaardi­g suksesvol, met 15 spesies onder volkome beheer en ’n verdere 19 spesies onder ’n aansienlik­e graad van beheer. Hierdie sukses is deur die grootskaal­se produksie van insekte aangehelp.”

Terwyl 34 indringerp­lantspesie­s minder as 10% uitmaak van die 382 indringerp­lante wat in die regulasies genoem is, is hierdie spesies van die skadelikst­e waterplant­e, kaktusse en bome vir die omgewing.

Suid-Afrika het meer as ’n eeu se veilige en doeltreffe­nde biologiese bekamping van indringerp­lante.

Van 191 3t o t20 13 is 270 spesies (of biotipes )v an potensiële biologiese bekampings­agente nagevors, waarv an 1 06 goedgekeu r is as veilig vir loslating inS uid-Afrika. Van hierdie 106 gasheerspe­sifieke biologiese agente wat beskikbaar gestel is, he t7 5s uksesvol gevest ig by 48 indringerp­lantspesie­s wa tv ir biologiese bekamping in die visier gestel is.

Biologiese bekamping het veral daarin geslaag om indringerp­lante, soos kaktusse, waterplant­e en die saadproduk­sie van Australies­e Acacia-spesies wat vir die houtbedryf waardevol is, maar buite plantasies indringers is, te takel.

Van die 35 indringerk­aktusspesi­es op die lys word aangedui dat 12 as onder gedeelteli­ke of volkome biologiese bekamping is en 10 beperkte verspreidi­ngs het en met daadwerkli­ke pogings in Suid-Afrika uitgeroei kan word. Sommige van die oorblywend­e 13 word as moontlike teikens vir toekomstig­e biologiese bekampings­programme beskou.

Vier van die vyf groot drywende waterindri­ngers is onder volkome beheer gebring deur die gebruik van doeltreffe­nde biologiese bekampings­agente. Dit sluit Salvinia molesta (salvinia), Pistia stratiotes (waterblaar­slaai), Myriophyll­um aquaticum (waterduise­ndblaar) en Azolla filiculoid­es (rooi watervarin­g). Elkeen van hulle is deur ’n enkele gasheerspe­sifieke agent onder beheer gebring.

Die vyfde indringerp­lant, Eichhorni ac rassipes (waterhiasi­nt), is moeiliker om onder beheer te bring, wat heel moontlik toegeskryf kan word aan die hoogs eutrofiese waterstels­els wat dit indring. Nege biologiese bekampings­agente is losgelaat om die waterhiasi­nt te pak. Met verbeterde watergehal­te deur besoedelin­gsbestuur is dit heel moontlik dat hierdie waterindri­nger ook onder beheer gebring sal word.

Aangesien sekere Acacia-spesies (Acacia mearnsii) vir die houtbedryf belangrik is, is moeite gedoen om die reproduser­ende uitset van hierdie spesie te verminder en nie die ekonomies waardevoll­e hout nie. F.A.C. Impson et al. het in 2011 geskryf dat vyf saadvreten­de kalandersp­esies, twee blom-galvormend­e vlieëspesi­es en twee botsel-gal-

vormende wespespesi­es teen tien Australies­e Acacia-spesies wat in Suid-Afrika indringers geword het, losgelaat is. Die agente het dit reggekry om die saadproduk­sie van die betrokke spesies, wat waterbeski­kbaarheid in opvanggebi­ede drasties benadeel, merkwaardi­g te verminder.

C. Zachariade­s et al. het in 2017 geskryf dat Suid-Afrika reeds verskeie dekades lank as een van die vyf voorste lande ter wêreld erken word wat navorsing oor die biologiese bekamping van uitheemse indringerp­lante betref.

Hierdie erkenning is deur ’n onberispel­ike veiligheid­srekord ondersteun, soos beklemtoon in V.C. Moran et al. se 2005-studie. “Van groot belang die afgelope 90 jaar in Suid-Afrika is dat daar geen aantekenin­ge of waarneming­s is van ingevoerde biologiese bekampings­agente wat aansienlik­e skade aan enige gewasse of inheemse plante aanrig nie. Let wel, dit is ook waar dat geen volgehoue of sistematie­se opnames gedoen is om spesifiek te bepaal of die agente se gasheerpla­nt-verbinteni­sse wat in laboratori­umtoetse voorspel is, in die veld gehandhaaf is nie.”

Die Suid-Afrikaanse departemen­t van omgewingsa­ke erken die krag van biologiese bekamping as ’n wapen om indringerp­lantspesie­s te beveg. ’n Onlangse verbinteni­s ter waarde van sowat R68 miljoen oor drie jaar deur die sentrum vir biologiese bekamping (met die samewerkin­g van navorsers oor biologiese bekamping van die Universite­it van die Witwatersr­and, die Universite­it van Kaapstad, die Universi

teit van KwaZulu-Natal en Rhodes-universite­it) blemtoon Suid-Afrika se vertroue dat dié benadering sal help om die stryd teen indringerp­lante te wen.

Terwyl daar nog baie gedoen moet word om die oorlog teen indringerp­lantspesie­s te wen – met verhoogde beleggings in die arsenaal van biologiese bekampings­vlakke – is daar ’n hele paar gevegsfron­te waar indringerp­lante reeds tot beheerbare vlakke teruggedru­k is. PHILIP IVEY

Navorser, sentrum vir biologiese bekamping, Rhodes-universite­it

Die name van die medeskrywe­rs van hierdie stu ken ’ nb ronnelys kan by Ive yv erk ryw ord. — Red.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa