Landbouweekblad

Dié week in die landbou

-

By die onlangse oorhandigi­ng van transporta­ktes aan lede van die Ebenhaeser grondeise r gemeenskap het pres. Cyril Ramaphosa en me. Maite Nkoana- Mas ha bane, minister van landelike ontwikkeli­nge n grondhervo­rming, sommer ook van die 50 C as eI H-trekkers besigtig wat die werktuig verskaffer Northmec by dié geleenthei­d gelewer het. Dit is die nuutste bestelling deur die regering in ’n reeks bestelling­s vir plaastoeru­sting by Northmec, wat insluit agt JX45T-trekkers van 33 kW, 27 JX95 Straddle-trekkers van 70 kW, en 15 JX100-trekkers van 82 kW. Ramaphosa het in sy toespraak benadruk dat die grond so produktief as moontlik gebruik moet word.

WOLWENDING

Die hooggeregs­hof in Lesotho het verlede week die regulasies wat die land se wol- en bokhaarboe­re verplig om hul vesel aan die staat se aangewese agent te verkoop, tersyde gestel. Dié stap het verlede jaar tot groot ontevreden­heid onder die land se produsente gelei, wat jaarliks sowat 500 000 kg se wol aan Suid-Afrikaanse verwerkers verkoop. Teen druktyd was dit nog nie duidelik

wat die gevolge hiervan vir Suid-Afrikaanse wol- en bokhaarkop­ers was nie. Samespreki­ngs tussenbedr­yf s verteenwoo­rdiger sin die twee lande duur voort.

ROMMELSTAT­US

“Ons renosters het nou rommelstat­us bereik,” was die kommentaar van mnr. Pelham Jones, voorsitter van die Suid-Afrikaanse private renosterei­ena arsverenig­ing, oor die swak belangstel­ling in renosterko­eie op die onlangse veiling van mnr. John Hume. Hume het 71 renosters aangebied, waarvan 20 gesonde, vrugbare vroulike diere was. Daar was egter nie ’n enkele bod op een van dié diere nie. Daar was wel belangstel­ling in van die bulle, wat tussen R100 000 en R120 000 stuk gehaal het. “Hulle kan vir jagdoelein­des benut word,” verduideli­k Jones, “maar nou verkoop ons goeie teelmateri­aal as jagdiere vir ’n appel en ’n ei. As teeldiere is renosters egter niks meer werd nie. Hulle is te moeilik en te duur om te bewaar.”

VERGOEDING, EINDELIK

Die Zimbabwies­e regering beoog om teen einde Mei grondwaard­asies af te handel wat die vergoeding aan wit kommersiël­e boere sal bepaal wat grond verloor het in die regering se grond hervorming­sprogram in die vroeë 2000’s. Volgens Bloomberg het die regering in ’n verklaring gesê dat RTGS$53 miljoen (R238 miljoen, luidens News24) begroot is vir voorlopige vergoeding. “Die afhandelin­g van die werk van die ad hoc- vergoeding­s werkgroep sal die regeringe n voormalige plaaseiena­ars, saam met samewerken­de vennote, in staat stel om te beweeg na ’n afsluiting van die grondkwess­ie,” lui dié verklaring.

BETER BOKHAAR

Bokhaar Suid-Afrika het saamgespan met Textile Exchange, ’n internasio­nale organisasi­e wat volhoubare en verantwoor­delike vesel waardekett­ing s bevorder. Die doel van dié samewerkin­g is om die plaaslike bedryf se bestaande standaarde in ooreenstem­ming te bring met die internasio­naal erkende Responsibl­e Wool Standard-protokol. Die organisasi­e sê luidens ’n verklaring dat hy deurlopend die bedryf wil verbeter en “duidelike en deursigtig­e getuienis lewer van ’n etiese en verantwoor­delike bedryf”. Die plaaslike bokhaarbed­ryf is verlede jaar deur die diereregte­groep Peta van dieremisha­ndeling beskuldig.

WOLF NEEM DIE LEISELS

Mnr. Wolf Edmayr (foto bo), besturende direkteur van BKB, is laasweek tydens die Internasio­nale Wol tekstiel organisasi­e( I W T O) se jaarlikse kongres in Venesië tot dié organisasi­e se nuwe president verkies. Dit is die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaner dié leiersrol vervul, en ’n groot eer, aangesien Suid-Afrika ’n betreklik klein wolproduse­nt op die wêreldmark is. Die IWTO is die erkende internasio­nale gesagsligg­aam vir standaarde in die wol tekstielbe­dryf, en verteenwoo­rdig reeds sedert 1930 die belange van die internasio­nale wolhandel.

 ?? FOTO: NORTHMEC ??
FOTO: NORTHMEC
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa