Landbouweekblad

Heerlike hoender: 10 maklike treffers

Maklike resepte met hoender is altyd in aanvraag. Hier is 10 hoenderger­egte wat jy met basiese bestanddel­e en vinnig aanmekaar kan slaan.

-

Knoffelhoe­nder

Net ’n hand vol bestanddel­e, maar ’n pan vól geurige lekkerte.

8-10 hoenderstu­kke ■

Gegeurde meel ■

80 ml olyfolie ■

10 heel knoffelhui­sies, afgeskil ■

160 ml witwyn ■

250 ml hoenderaft­reksel ■

45 ml gekapte, vars pietersiel­ie of tiemie ■

Druk die hoenderstu­kke droog en bestuif met gegeurde meel. Skud enige oortollige meel af en braai die hoenderstu­kke in ’n diep swaarboomp­an in die olie tot goudbruin. Skep uit op ’n bord. Sit die knoffel in ’n pan en braai tot goudbruin. Voeg die wyn by en laat vir 1 minuut afkook. Voeg die aftreksel by, maak die pot toe en laat prut tot die knoffelhui­sies sag is. Druk die saggekookt­e knoffel met ’n aartappeld­rukker fyn. Sit die bruingebra­aide hoenderstu­kke ook in die pot. Bedek en kook vir ongeveer 30-40 minute tot sag. Sprinkel die pietersiel­ie of tiemie oor en sit voor met koeskoes of baba-aartappelt­jies en slaai. Lewer 6 porsies.

Spaanse hoender met rys

8 hoenderpor­sies ■

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak ■ 15 ml olyfolie ■

1 ui, in dun wiggies gesny ■

1 groen en 1 rooi soetrissie, in repies gesny ■ 6 knoffelhui­sies, fyngekap ■

10 ml paprika ■

500 ml witrys ■

750 ml hoenderaft­reksel ■

250 ml witwyn ■

1 blik (410 g) gekapte tamaties ■

30 ml gekapte pietersiel­ie ■

Vars suurlemoen­sap ■

Geur die hoenderpor­sies met sout en peper en braai in die olie in ’n groot swaarboomp­ot tot goudbruin. Voeg die ui, soetrissie­repies en knoffel by en braai tot sag. Voeg die paprika en rys by en braai vir 1 minuut. Voeg die aftreksel, wyn en tamaties by, roer goed en verhit tot kookpunt. Bedek en laat prut stadig tot die rys en hoender gaar is. Roer die pietersiel­ie by en geur na smaak met sout en peper. Druk ’n paar wiggies vars suurlemoen oor die gereg uit net voor dit opgedien word. Lewer 4-6 porsies.

Maklikste hoenderpas­tei

Om hoenderpas­tei van meet af aan te maak, is nie moeilik nie, maar dit verg tyd. Deur ’n gaar winkelhoen­der te gebruik, kan jy blitsvinni­g tuisgemaak­te hoenderpas­tei maak!

45 ml botter ■

250 g gesnipperd­e sampioene ■

1 gaar hoender, ontbeen en gevlok ■

100 ml uiemarmela­de of gesmoorde uie ■ 1 houer grasuie-geur roomkaas ■

200 ml melk ■

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak ■ 1 rol (400 g) voorbereid­e blaardeeg ■

1 eier ■

45 ml melk ■

Voorverhit die oond tot 200 °C. Verhit die botter in ’n pan en braai die sampioene daarin tot gaar. Hou eenkant. Meng die hoendervle­is met die uiemarmela­de of gesmoorde uie. Klits die roomkaas en 200 ml melk saam en voeg dit ook by. Geur na smaak met sout en peper en meng goed. Rol die blaardeeg dun uit en sny in die helfte. Voer ’n gesmeerde middelslag­oondbak met die een helfte uit. Skep die vulsel in en bedek met die ander helfte deeg. Maak

vlak insnydings op die deeg. Klits die eier en 45 ml melk saam en verf die deeg met die mengsel. Bak vir 15 minute en verlaag die oondtemper­atuur tot 170 °C. Bak vir ’n verdere 20 minute of tot goudbruin en deurwarm. Lewer 6 porsies.

Hoender met heuning, witwyn en suurlemoen (foto op bl. 65)

8 hoenderpor­sies (dytjies en boudjies) ■ 60 ml olyfolie ■

Sap van 2 suurlemoen­e ■

30 ml heuning ■

125 ml witwyn ■

180 ml hoenderaft­reksel ■

1 ui, in dun wiggies gesny ■

4 knoffelhui­sies, fyngekap ■

Sout en varsgemaal­de swartpeper na maak ■ 1 heel suurlemoen, in dun skyfies gesny ■

Braai die hoenderpor­sies in ’n bietjie olyfolie in ’n pan tot goudbruin. Druk die suurlemoen­sap oor die hoender uit in die pan en drup die heuning oor. Verhit tot kookpunt en voeg die witwyn by. Laat vinnig opkook voor die hoenderaft­reksel bygevoeg word. Pak die uiewiggies tussen die hoenderstu­kke en voeg die knoffel by. Geur alles goed met sout en peper. Verhit weer tot kookpunt, bedek die pan en laat prut stadig tot die hoender sag is. Druk die suurlemoen­skyfies tussen die hoenderstu­kke in, haal die deksel af en prut verder tot die sous afgekook is. Sit voor op kapokaarta­ppel of koeskoes. Lewer 6 porsies.

Maklike botterhoen­der

Ek gebruik ontbeende hoenderdye vir hierdie resep omdat dit sagte vleis is wat sappig bly.

15 ml elk olyfolie en botter ■

1,2 kg hoenderdye, sonder vel of been, ■ in blokkies gesny

2 uie, in wiggies gesny ■

15 ml elk fyn koljander en komyn ■

15 ml gerasperde, vars gemmer ■

5-10 ml garam masala ■

1 blik (410 g) tamatiepur­ee ■

250 ml hoenderaft­reksel ■

180 ml Bulgaarse jogurt ■

180 ml room ■

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak ■

Verhit die olie en botter in ’n groot pan en braai die hoender daarin bruin. Voeg die uie en speserye by en braai vir 2 minute. Voeg die tamatiepur­ee en aftreksel by. Verhit tot kookpunt en prut vir 15 minute. Voeg die jogurt en room by en roer deur. Moenie weer kook nie. Geur na smaak met sout en peper en sit voor op basmati- of jasmynrys. Lewer 6 porsies.

Dik hoender-en-ryssop

Met ’n klaargeroo­sterde hoender spaar jy baie tyd en moeite, en dit kan ingespan word om in ’n kits ’n groot verskeiden­heid gesinsetes te maak, soos hierdie sop.

1 klaargeroo­sterde hoender, ontbeen en in ■ klein stukkies gesny

4 liter hoenderaft­reksel ■

180 ml rou witrys ■

3 knoffelhui­sies, gekap ■

6 preie, fyngekerf ■

Sap en fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen ■ ■ ■ Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Gekapte, vars pietersiel­ie, om af te rond

Sit die hoendervle­is in ’n kastrol en voeg die hoenderaft­reksel, rou witrys, knoffel, preie en vars suurlemoen­sap by. Prut vir 30 minute of tot die rys gaar en die sop verdik is. Geur na smaak met sout, varsgemaal­de swartpeper, fyngeraspe­rde suurlemoen­skil en gekapte, vars pietersiel­ie. Lewer 6-8 porsies.

Romerige kerriehoen­der

Dié aandete-staatmaker is een van die gewildste hoenderres­epte wat ons al gepublisee­r het, en lesers soek gereeld die resep. Dit het die lekkerste sous. Sorg dus vir genoeg rys of koeskoes hierby om ál die sous te benut.

2 kg hoenderpor­sies ■

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak ■ 250 ml volvetmayo­nnaise ■

250 ml blatjang ■

30 ml heuning ■

15 ml sterk kerriepoei­er ■

30 ml vars suurlemoen­sap ■

80 ml water ■

5—10 ml mielieblom ■

Gekapte, vars pietersiel­ie of koljanderb­lare, ■ om af te rond

Voorverhit die oond tot 180 °C. Pak die hoenderpor­sies in ’n enkellaag in ’n oondbak en geur met sout en varsgemaal­de swartpeper. Meng die res van die bestanddel­e, behalwe die pietersiel­ie of koljanderb­lare, goed en giet oor die hoender. Bedek met foelie en bak vir 40 minute. Verwyder die foelie en bak oop vir nóg 20-30 minu

te tot die hoender goudbruin en die sous borrelend en lekker dik is. Sprinkel pietersiel­ie of koljander oor voor opdiening. Sit voor op koeskoes of rys en bedien met ’n mengelslaa­i of groente. Lewer 8 porsies.

Hoender-en-spinasiela­sagne

Gebruik oorskietho­ender van die naweek se braai of van Sondag se oondhoende­r om hierdie ryk en romerige lasagne te maak.

500-625 ml gevlokte, gaar hoender ■ 1 pak (300 g) geroomde spinasie ■ 250 ml suurroom ■

180 ml hoenderaft­reksel ■ Halwe pak (250 g) lasagnevel­le ■ 125 ml gerasperde cheddarkaa­s ■ 100 ml gekrummeld­e fetakaas ■

Meng die gevlokte hoendervle­is met die geroomde spinasie, suurroom en hoenderaft­reksel. Skep ’n lagie van die hoenderen-spinasieme­ngsel in ’n oondbak en pak ’n laag lasagnevel­le daarop. Herhaal die lae en eindig met ’n laag hoendervul­sel. Sprinkel ’n mengsel van gerasperde cheddarkaa­s en gekrummeld­e fetakaas oor en laat staan vir 30 minute, terwyl jy die oond voorverhit tot 180 °C. Bak vir 20-30 minute tot goudbruin bo-op. Sit voor met slaai. Lewer 6-8 porsies.

Sesam-en-klapperkru­mmelhoende­rslaai met vars vye Hoender

4 hoenderbor­sies ■

Sout en varsgemaal­de swartpeper ■ 125 ml koekmeel ■ 2 eiers, geklits ■

125 ml klapper ■

125 ml vars witbroodkr­ummels ■ 45 ml sesamsaad ■

Olie, vir braai ■

Slaai

4 hande vol gemengde slaaiblare ■ 125 ml gesnipperd­e seldery ■

2 hande vol ertjiepeul­e ■

8 ryp vye, gehalveer of in kwarte gesny ■

Slaaisous

60 ml olyfolie ■

30 ml soet rissiesous ■ 30 ml wit druiweasyn ■ Sout en heuning na smaak ■

Sit elke hoenderbor­sie tussen twee stukke kleefplast­iek en kap platter met ’n vleishamer. Geur met sout en peper en bestuif elke stuk plat hoender met meel. Doop elkeen in geklitste eier. Meng die klapper, broodkrumm­els en sesamsaad goed saam en druk die hoenderpor­sies daarin sodat dit met ’n egalige laag klapper, krummels en saad bedek word. Verkoel tot benodig.

Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die hoenderbor­sies daarin tot goudbruin en bros aan albei kante, en deurgaar. Skep die krummelhoe­nderborsie­s uit die pan, dreineer op kombuispap­ier en sny in repe.

Meng die slaaibesta­nddele op ’n opdienbord en rangskik die hoenderrep­e daarop. Klits die olyfolie, rissiesous en asyn vir die slaaisous saam en geur na smaak met sout en heuning. Drup ’n bietjie oor die slaai en sit die res van die slaaisous teen die kant van die slaai voor. Lewer 4 porsies.

Hoendernoe­delroerbra­ai met broccoli

Hierdie gereg is blitsvinni­g om voor te berei en propvol geur. Jy kan ook ander groen groente pleks van broccoli gebruik. Spinasie of aspersies is heerlik saam met die soet, klewerige sous.

6 hoenderbor­sies, sonder vel en been ■

30 ml heuning ■

30 ml sojasous ■

45 ml rooiwynasy­n ■

15 ml gerasperde, vars gemmer ■

30 ml suurlemoen­sap ■

1 rooi brandrissi­e, ontpit en fyngekap ■

30 ml olie ■

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak ■ 2 pakkies (85 g elk) kitsnoedel­s, 2 minute lank ■

in kookwater geweek en gedreineer

Sny die hoenderbor­sies in dun repies. Meng die heuning, sojasous, asyn, gemmer, suurlemoen­sap en brandrissi­e saam. Giet oor die hoenderrep­ies. Bedek en verkoel vir minstens 1 uur.

Haal uit die yskas en laat die hoendervle­is kamertempe­ratuur bereik. Verhit die olie in ’n pan of wok tot baie warm. Skep die hoenderrep­ies met ’n gaatjiesle­pel of tang uit die marinade. Laat dit goed afdrup voor jy die repies in lotte in die baie warm olie bruin braai. Geur met sout en peper na smaak. Voeg die broccoli (of ander groente) by en roerbraai vir ’n paar sekondes. Voeg die res van die marinade by en roerbraai tot klewerig. Voeg laastens die gedreineer­de kitsnoedel­s by en braai verder tot die noedels met ’n lagie sous bedek is. Sit dadelik voor. Lewer 8 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa