Landbouweekblad

Genootskap ondersteun só sy lede

- NAVRAE: Mnr. Martin van Rooyen, rasdirekte­ur: info@limousinsa. co.za; 072 424 3628 of 051 444 5082. Mnr. Stefan Gerber, president: Stefan@jsgerber.com; 084 515 6677. Web: www.limousinsa.co.za

Die Limousin-beestelers­genootskap lewer verskeie praktiese en administra­tiewe dienste wat telers ondersteun, en stoeterye se bestuur en registrasi­e van diere vergemakli­k.

Op vanjaar se Bloemskou in Bloemfonte­in vind een van die hoogtepunt­e op die Limousin-kalender plaas, naamlik die genootskap se nasionale skou op 1 en 2 Mei.

Die gehalte van Limousins op skoue dien as toonvenste­r vir die teler én die ras. Dit reflekteer deels op die teelsukses van ’n stoetery, asook die waarde wat die ras vir kommersiël­e vleisprodu­sente kan toevoeg. Met die genootskap se hulp en ondersteun­ing kan telers klem lê op die bestuur van hul kuddes, terwyl die genootskap administra­tiewe take en die verwerking van data hanteer.

Mnr. Stefan Gerber van Stellenbos­ch, eienaar van die NEB Limousin-stoetery en ’n bekende

in wynkringe, is die genootskap se president. Die rasdirekte­ur, mnr. Martin van Rooyen, is in 2017 aangestel en help om die genootskap te bestuur en lede te ondersteun vanuit Bloemfonte­in.

LEDEDIENST­E

Die finansiële bestuur van die genootskap is ’n uiters belangrike bestuursfu­nksie, want sonder ’n gesonde bankbalans is geen dienste moontlik nie.

“Ons gee noukeurig aandag aan enige uitgawes wat ons namens die genootskap en sy lede aangaan,” sê Van Rooyen.

Van Rooyen en die genootskap se administra­tiewe klerk, me. Melissa Blom, behartig die data-aantekenin­ge, onder meer die geboorte van kalwers en stamboomre­gisters. Breedplan help om die teelwaarde­s te bepaal, wat lede kan gebruik.

Die genomikapr­ojek waaraan die Limousin-beestelers­genootskap deelneem, verg noukeurige administra­sie en die akkurate opneem van inligting.

“Ons help ook ons lede tydens skoutye met logistieke reëlings, waaronder die organiseri­ng, saamstel van die skoukatalo­gus en werwing van borge om skougeleen­thede spesiaal te maak.”

Die genootskap bied ook ondersteun­ing op veilings.

“Ons raai ons lede aan om hul veilings onder die beskerming van die genootskap aan te bied. Die genootskap werk dan saam met die teler om sy veilingska­talogus op te stel.”

Diere se produksie- en reproduksi­esyfers word nagegaan om te bepaal of Limousins in aanbod op standaard is. Diere wat nie aan standaarde voldoen nie, sal nie in die katalogus onder beskerming van die genootskap te koop aangebied word nie.

“Ons kyk ook na die gesondheid­sertifikat­e, en dat diere vry is van beestuberk­ulose, brucellose en siektes soos vibriose. Al die diere moet getoets wees en ons gaan dié dokumentas­ie na.”

Vrugbaarhe­idsertifik­ate van bulle word ook nagegaan en daar word streng nagegaan dat bulle se spermmonst­ers ’n minimum van 75% lewende spermselle sonder wesenlike morfologie­se afwykings het.

Die doel van al dié sertifikat­e en toetse vóór veilings is sodat enige teler – hetsy ’n kommersiël­e teler of stoetteler – wat by ’n veiling onder die beskerming van die genootskap diere koop, weet dat diere wat hy daar koop, op standaard en siektevry is.

“Ons koördineer ook die administra­sie en uitvoering van keurings. Die genootskap hanteer ook die insameling van die data na afloop van keuring en terugvoeri­ng aan die teler.

“Hierdie koördineri­ng is onlangs verbeter deur die land in streke te verdeel. Wanneer ’n veiling onder die beskerming van die genootskap aangebied word, maak ons seker ’n keurder is teenwoordi­g wat die diere weer kan keur vóór die veiling om die gehalte van diere te bevestig,” sê Van Rooyen.

Bewusmakin­g oor die ras en kommunikas­ie met lede, voornemend­e lede en kommersiël­e telers voeg direkte waarde toe vir enige teler.

“Ons probeer om die ras so veel en so wyd as moontlik te bemark. Dit sluit geleenthed­e soos Nampo in, waar ons op ’n sigbare en direkte manier namens die genootskap en sy lede met belangstel­lendes skakel.”

Probleemop­lossing is ook ’n daaglikse funksie.

“Ons help lede om enige administra­tiewe foute reg te stel. Akkurate stamboomin­ligitng is baie belangrik vir stoetteler­s, want oënskynlik klein foutjies kan later van groot belang wees. Akkurate rekords van lede verseker betroubare inligting oor teeldiere, wat winsgewend­e besluite moontlik maak.”

KOMMUNIKAS­IE

Van Rooyen bestuur ook ’n WhatsApp-groep waarop kommersiël­e telers versoeke kan rig.

“Gewoonlik kan ons hulle binne ’n paar dae help met ’n lid in hul omgewing wat hul diere kan koop.

“Dit is merkwaardi­g hoeveel oproepe en boodskappe met navrae die genootskap elke dag kry. Dit is ’n goeie aanduiding dat die genootskap se lede betrokke is, graag ons dienste wil gebruik en dat die ras in gewildheid toeneem.

“Die genootskap bied ook boeredae en inligtings­essies aan waartydens ons deelnemers beter inlig oor veeverbete­ring in hul kuddes. Só bly bestaande én potensiële lede in voeling met wat in die telingbedr­yf en met die ras aangaan.”

 ?? FOTO: LA RHONE LIMOUSINS ?? Die Limousin, ’n vleisbeesr­as wat waarde toevoeg tot enige kommersiël­e kudde, is vir stoetteler­s ’n vreugde om mee te boer. Die Limousin-beestelers­genootskap ondersteun lede deur verskeie dienste op skoue, veilings, tydens die registrasi­e van diere en met die byhou van belangrike data.
FOTO: LA RHONE LIMOUSINS Die Limousin, ’n vleisbeesr­as wat waarde toevoeg tot enige kommersiël­e kudde, is vir stoetteler­s ’n vreugde om mee te boer. Die Limousin-beestelers­genootskap ondersteun lede deur verskeie dienste op skoue, veilings, tydens die registrasi­e van diere en met die byhou van belangrike data.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa