Landbouweekblad

Puik teelmateri­aal van bekroonde stoetery

- NAVRAE: www.devlan.co.za; e-pos: john@devonport.co.za; 011 485 1498 083 454 3095.

Die plaas Water’s Edge front sowat 20 km lank aan die Vaaldam naby Villiers in die Vrystaat, en huisves sedert 1992 die veelbekroo­nde Devlan Limousin-stoetery.

Devlan Limousins se stoetkudde bestaan uit sowat 600 diere wat aangepas is by die Vrystaat se koue winters en suurveldwe­idings. Mnr. John Devonport en sy vrou, Tracey, het in 1988 ’n plaas aan die Vaaldam gekoop, en spoedig begin om uitsonderl­ike beeste te teel. Hulle maak taai diere groot wat siektes en groot skommeling­s in klimaatsom­standighed­e kan weerstaan.

Devonport was Breedplan se SA Stoetteler van die Jaar in 2006,

en in 2015 was die kudde die Landbounav­orsingsraa­d se Nasionale Kudde van die Jaar.

Dié stoetery bied ook funksionel­e doeltreffe­ndheid, aanpasbaar­heid en produktiew­e diere. Devlan verbeter voortduren­d sy genetiese materiaal, ook ten opsigte van internasio­nale genetiese evaluering­s. Die vrugbaarhe­id van die Devlan-kudde is uitstekend. Uit 200 koeie is die gemiddelde interkalfp­eriode 372 dae.

Devlan se stoetvee is goed aangepas op die veld, maar maak ook hul merk op skoue en in kompetisie­s. In 2018 is vyf wenners van goue skoubekers aangewys: Devlan Highlander 12125 (koei), Vryburg- en Thabazimbi-skou;

Devlan Gabriella 114 (koei) en Devlan Influence 13120 (bul), Letaba-skou (Tzaneen); Devlan Effervesce­nt 0935 (koei), Standerton-skou; en Devlan Hearsay 1266 (bul), Bela-Bela-skou. Devlan Effervesce­nt het twee van dié gouebekerw­enners, Devlan Gabriella 114 en Devlan Hearsay 1266, geteel. Op die Alpha-skou op Parys is Devlan Limousin as die nasionale wenner van die Skouman van die Jaar aangewys.

In 2016 het die spogkoei Devlan Depth 06123 goue bekers op die Lichtenbur­g-, Bloemfonte­inen Royal-skou gewen, en haar klas getoon deur as die SA opperste interraska­mpioen op die Alpha-skou in Parys aangewys te word.

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Die opperste kampioenbu­l en skoukampio­en op verlede jaar se Letaba-skou in Tzaneen was Devlan Influence. Die hanteerder was mnr. Elrico Jacobs.
FOTO: JASPER RAATS Die opperste kampioenbu­l en skoukampio­en op verlede jaar se Letaba-skou in Tzaneen was Devlan Influence. Die hanteerder was mnr. Elrico Jacobs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa