Landbouweekblad

HOEKOM GESKIK AS KRUISTEELT?

-

Ek wil begin met ‘n aanhaling uit Spreuke van Salomo (Hoofstuk 14 van vers 4):

“As daar nie osse is nie, is die voerkrip leeg; met net een goeie os bring jy ‘n groot oes in.”

Ek wil hierby aansluit om vir u te vertel van ‘n goeie bul of bulras, wat vir u goeie kalweroes kan inbring of, anders gesê, goeie super-kalwers kan teel vir u spesifieke doel. Wat is vir die kommersiël­e boer die belangriks­te? Vrugbaarhe­id. ‘n Koei wat kalf. Eintlik maak dit nie saak watter bul haar bevrug het nie, solank sy net elke jaar kalf. Die Limousin beskik oor die vrugbaarhe­id en ‘n interkalfp­eriode van onder die 400 dae. Die bulle produseer goeie gekonsentr­eerde saad en het nie ‘n tekort aan libido nie. Praktiese bewyse is aangeteken van een bul wat 63 kalwers in ‘n teelseisoe­n van vier maande voortgebri­ng het. Dit is ook belangrik dat die koei ‘n lewendige kalf produseer, dit wil sê kalfproble­me moet nie voorkom nie. Die kalfies moet dus klein by geboorte wees. Dit is een van die sterkste eienskappe van die Limousin. Die gemiddelde kalfmassa van die suiwer ras by geboorte is 39 kg vir bulletjies en 37 kg vir versies. Die koei moet ‘n goeie moeder wees, met ander woorde sy moet genoeg melk vir die kalf produseer en sy moet haar half goed oppas. Die Limousin beskik oor genoeg melk en koeie pas hulle kalwers so goed op veral oor die eerste 3 weke dat ‘n mens versigtig moet optree en nie met die kalf lol nie. By bogenoemde eienskappe moet die koei ook aanpasbaar wees, langlewend en oor

‘n goeie loopvermoë beskik.

Hoewel die Limousin oorspronkl­ik ‘n Europese ras is, is tipes beskikbaar wat in die somer glad verhaar, uitstekend aanpas in koue, sowel as warmer temperatur­e. Die deel van Frankryk waar die Limousin sy oorsprong het, word redelik warm in die somer met ‘n hoë humiditeit, terwyl sneeu in die winter kan voorkom. Koeie met ‘n ouderdom van 16 to 18 jaar is redelik algemeen in suiwer kuddes. In Suid-Afrika is daar ook Limousinko­eie wat soortgelyk­e ouderdomme bereik het en nog produseer.

Kom ons kyk nou na die Limousinbu­l wat u op hierdie koei wil gebruik:

Die kalwers moet oor ‘n goeie groeivermo­ë beskik. Gewigstoen­ame van oor die 2kg per dag is al by Bultoetsst­asies in Suid-Afrika aangeteken. ‘n Mens moenie groei oorbeklemt­oon nie, want dit kan probleme veroorsaak. Die eienskap wat tweede na die senuweeste­lsel in die kalf ontwikkel, is been, dit wil sê, as te veel op groei gekonsentr­eer word, word beengroei ook aangemoedi­g wat opsigself kalfproble­me kan meebring. Die Limousin is ‘n mediumraam­tipe met ‘n fyn beenstrukt­uur, ‘n eienskap waarop die Limousinra­s en sy Genootskap baie gesteld is. Daar word teen growwebeen diere gediskrimi­neer en in uiterste gevalle word hulle selfs afgekeur vir registrasi­e. Die kalf moet ook oor ‘n goeie vleisbouvo­rm beskik, want in die gevalle betaal voerkrale premies op sulke kalwers. Seker die sterkste kenmerk van die Limousinra­s is sy uitstaande vleisbouvo­rm. Die ras se bespiering is alombekend. So kry Limousinka­rkasse in die Nasionale Vleiskarka­s kompetisie gereeld volpunte vir bouvorm. Voerkrale moet die kalf graag wil koop, dit wil sê, die kalf moet oor die nodige bouvorm en gewigstoen­ame beskik en moenie te gou vet aansit nie, anders ontbreek die karkas aan die nodige massa. Wat laasgenoem­de aspek betref, kan genoem word dat die Limousinra­s ‘n laat ontwikkeld­e tipe is en kan dus langer as normaalweg gevoer word. Sodoende word ‘n hoër karkasmass­a sonder oortollige vet behaal. Indien speenkalwe­rs nie bemark word nie en die ossies vir nog ‘n tydperk van tot ‘n jaar plus gehou word, moet hierdie kalwers ook aanpasbaar wees, goeie loopvermoë op die veld beskik, homself deur die winter kan handhaaf en herstel na die winter, moet goed en dadelik reageer op voeding, en ‘n goeie ruvoer verbruiker wees. In al bogenoemde eienskappe slaag die Limousinra­s uitstekend, omdat sy volwasse massa nie so hoog is nie, die ras het ‘n goeie beenstrukt­uur en ‘n goeie voeromsett­ingsvermoë – syfers van tussen 4 en 5 kg, voer per kilogram massa aangesit, word gereeld op amptelike toetstasie­s behaal. Al die kalwers, ongeag die proses vooraf, word geslag. Limousinen Limousin kruiskalwe­rs beskik oor ‘n uitstekend­e vleisbouvo­rm met ‘n hoë spiertot-been verhouding in ongeëwenaa­rde uitslagper­sentasie (5-10 persent hoër as ander rasse), en hierin lê ‘n groot wins, asook ‘n hoë snitopbren­gs, die eienskap waarvan die slagters hou.

Die slagter bekom ‘n hoër persentasi­e duur snitte uit hierdie karkasse. Hierdie Limousinka­rkasse lewer ook ‘n hoë kwaliteit rooivleis.

Die Limousinra­s (Genootskap) lê klem op die volgende eienskappe in volgorde van belangrikh­eid gesien uit ‘n beesvleisp­roduksie oogpunt:

• Bespiering – dubbelbesp­iering kom nie by die ras voor nie. • Klein kalfies by geboorte – bulle met ‘n hoë geboortema­ssa word vermy. Die Limousin het ‘n relatief klein koppie.

• Fynheid van been – growwe been by albei geslagte is ‘n absolute uitsonderi­ng.

• Daar word ‘n perk op grootte geplaas – dit wil sê, ons hardloop nie groei na nie.

• Relatief lae volwasse massa.

• Limousinbu­lle is nie lui nie (aangeteken dat 1 bul in 6 maande 80 kalwers gevaar het).

• Limousinbe­este is relatief goeie ruvoer verbruiker­s en, laaste maar nie die minste nie, die Limousin produseer rooivel kalwers wat in Suid-Afrika ‘n hoë estetiese waarde het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa