Landbouweekblad

Boerekos 14 is hier!

-

Trudie van Zyl van die plaas Langverwac­ht, sowat 30 km buite Gochas, toor met wildsvleis.

Die kappertjie­roomsous verhef schnitzels tot ’n feesmaal.

1 kg gemsbokfil­et (jy kan ook

■ ander wild, soos eland of koedoe, gebruik)

250 ml koekmeel

3 ml elk sout, varsgemaal­de

■ swartpeper en droë tiemie

50 ml elk botter en olyfolie 250 ml droë witwyn

500 ml hoenderaft­reksel

Sap van 1 suurlemoen

45 ml kappertjie­saad, fyngekap 15 ml vars pietersiel­ie, fyngekap 250 ml room

Sout en varsgemaal­de swartpeper Ongeveer 10 kappertjie­bessies

(caper berries)

Sny die vleis in dunnerige skywe. Sit die skywe vleis tussen twee velle plastiek en gebruik ’n vleishamer, koekroller of wynbottel om dit versigtig platter te slaan tot schnitzeld­ikte. Geur die koekmeel met die sout, peper en droë tiemie, meng goed deur en bestuif die skywe vleis met ’n lagie van die gegeurde meel.

Verhit die botter en olyfolie saam in ’n groot pan en braai die vleisskywe oor matige hitte daarin vir sowat 1 minuut aan elke kant. Skep die vleisskywe op ’n mooi opdienbord uit, bedek en hou warm.

Sous: Voeg die wyn by die pansappe in die pan en verhit tot kookpunt, terwyl die boom van die pan geskraap word. Kook vinnig tot daar net sowat 4 eetlepels van die wyn in die pan oor is. Voeg die aftreksel, suurlemoen­sap, kappertjie­saad en pietersiel­ie by. Verhit tot kookpunt en prut vir ’n paar minute. Voeg nou die room by en verhit weer tot kookpunt. Prut tot die sous effens verdik is.

Geur met sout en peper en skep die sous oor die vleis. Garneer met kappertjie­bessies. Sit die gereg voor met gekookte baba-aartappels en ’n Griekse slaai. Lewer 6 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa