Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

DIE enigste manier vir munisipali­teite om uit hul benarde geldelike posisie te kom, is om hul afhanklikh­eid van Eskom te verminder, sê mnr. Nhlanhla Ngidi, die hoof van energie en elektrisit­eit by die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering (Salga). Ondanks die vereniging se pleidooie aan die regering laat die beleids- en regulatori­ese omgewing munisipali­teite nie toe om krag direk van onafhankli­ke verskaffer­s te koop nie.

Munisipali­teite se grootste bron van inkomste is die marge wat hulle verdien deur elektrisit­eit van Eskom te verkoop. Met die onbetrouba­re voorsienin­g en stygende tariewe beraam die kliënte op wie munisipali­teite staatmaak, egter hul eie planne.

“Munisipali­teite is afhanklik van groot nywerheids- en kommersiël­e kliënte wat besig is om hul eie inisiatiew­e vir kragopwekk­ing te ontwikkel. Dit kan rampspoedi­g vir die inkomste van dié munisipali­teite wees indien hulle nie dié kliënte kan behou as deel van ’n nuwe sakemodel waar ander inkomstest­rome geskep kan word nie,” sê Ngidi.

Salga vra die regering al die afgelope drie jaar om die nodige regulatori­ese veranderin­ge te maak. Sonder dié veranderin­ge bly munisipali­teite vasgekluis­ter aan ’n onvolhouba­re sakemodel wat nie meer hul werklikhei­d weerspieël nie.

Die Stad Kaapstad het onlangs met ’n hofgeding begin waarmee hy die departemen­t van energie wil dwing om hom toe te laat om sy eie krag direk by privaat verskaffer­s te koop. Salga steun dié stap.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa