Landbouweekblad

Varkpes in NW betyds gekeer

- – MICHELLE VAN DER SPUY

DIE uitbreking van Afrika-varkpes in Noordwes is ’n geïsoleerd­e voorval wat geen risiko vir die land se varkvleisb­edryf inhou nie.

Só sê mnr. Johann Kotzé, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Varkprodus­ente-organisasi­e (Savpo), nadat hy gister met

verteenwoo­rdigers van Noordwes se departemen­t van landelike, omgewingen landbou-ontwikkeli­ng vergader het.

Die uitbreking is op ’n afgeleë wildplaas in die munisipali­teit Ditsobotla naby Lichtenbur­g. Die plaas is sowat 10 km buite die varkpes-beheerarea. Daar is geen kommersiël­e varkprodus­ente in dié gebied nie. Vier sôe, ses babavarkie­s en 28 wildevarke het weens die uitbreking gevrek.

Hul karkasse is vernietig. Al die varkies is op die plaas gebore. Dr. Nelmarie Kruger-Rall, staatsveea­rts, het die plaas onder kwarantyn geplaas.

Savpo sal die departemen­t help om toesig oor die plaas en omliggende gebiede te hou, terwyl die organisasi­e se besigheids­ontwikkeli­ngspan ’n opname onder die plaaslike gemeenskap sal doen om vas te stel hoeveel varke daar in die gebied is. Kotzé het gesê die eienaar van die wildplaas het sy varke onder meer kombuisafv­al gevoer, ’n praktyk wat tot elke prys vermy moet word.

“Die uitbreking beklemtoon ook die feit dat ’n komparteme­ntele produksies­telsel een van die belangriks­te voorsorgma­atreëls is wat ’n boer kan tref om sy plaas teen ’n uitbreking van varkpes te beskerm.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa