Landbouweekblad

ROOIBOSNAV­ORSING KRY INSPUITING VAN R4 MILJOEN

- JOHAN VAN DER MERWE

DIE SuidAfrika­anse rooibosraa­d (Sarc) het R4,5 miljoen in navorsing oor die volgende 12 maande belê om die medisinale eienskappe van dié gewas te ondersoek.

Volgens mnr. Martin Bergh, voorsitter van Sarc en uitvoerend­e hoof van Rooibos Beperk, word dié bedrag in geheel deur die raad gefinansie­r, sonder enige staatshulp.

Mnr. Joe Swart, medeeienaa­r van J oe k els rooibostee verpakker sen navorsings direkteur van Sarc, sê dit is belangrik om wetenskapl­ike bewyse te verkry oor die medisinale eienskappe van rooibostee.

“Baie ander kruigebase­erde behandelin­gs het nie bewyse nie. Weens die toenemende gebruik van natuurlike bestanddel­e vir ’n gesonde lewenstyl wêreldwyd is dit noodsaakli­k dat Sarc betroubare data inwin oor rooibos se genesende potensiaal.

“Sarc het oor die afgelope dekade baie hulpbronne in die navorsing belê en ons het ’n opwindende stadium bereik. Ons het nou gevorder tot waar ingrypende behandelin­g op mense beproef gaan word. Dit is die finale fase van die navorsing.”

NODIGE DOSIS

Prof. Jeanine Marnewick, hoof van die Kaapse Skiereilan­dse Universite­it van Tegnologie (KSUT) se sentrum vir oksidatiew­e stres, sal die navorsing lei. Sy sal ’n 12 weke lange studie gebruik om te bepaal watter dosis rooibostee in gekonsentr­eerde vorm nodig is om ’n gesonde hart te ondersteun.

“Ons sal rooibostee se invloed toets op verskeie risikofakt­ore wat met die ontwikkeli­ng van hartsiekte­s verbind word. Dit sluit onder meer in cholestero­lvlakke, oksidatiew­e skade aan lipiede, inflammasi­ereaksies, metabolies­e siektes en bloeddruk by 300 volwassene­s,” sê Marnewick.

Ander navorsing by die KSUT en die Universite­it Stellenbos­ch sal konsentree­r op die hartbesker­mende eienskappe by MIVpositie­we pasiënte wat antiretrov­irale behandelin­g ontvang. Rooibostee se vermoë om hooikoors te voorkom, sportprest­asie te bevorder, velsiektes te genees en vetsug te behandel sal ook aandag kry.

“Ons is op die drumpel van ’n nuwe era wat navorsing oor natuurlike produkte betref. Dit kan lei tot die medisinale gebruik van plante soos rooibos,” sê Swart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa