Landbouweekblad

SA WETENSKAPL­IKE ONTVANG GESOGTE WATERPRYS

- — JEANNE VAN DER MERWE

’n Kaapse waterekolo­og het die gesogte 2019 Stockholm-prys vir water gewen vir haar deurslagge­wende bydrae tot wêreldwye rivierbest­uur. Dr. Jackie King was amper 40 jaar lank verbonde aan die Universite­it van Kaapstad, waar sy ’n navorser, dosent en nagraadse studieleie­r was.

Volgens haar benoeming vir die prys het sy “die wetenskapl­ike begrip van watervloei bevorder, wat besluitnem­ers die metodes en middele gegee het om die volle omvang van koste en voordele te beoordeel in die bestuur of ontwikkeli­ng van rivierstel­sels”.

Sy spesialise­er in die ontwikkeli­ng van metodes om te bepaal hoeveel water nodig is om riviere se ekostelsel­s te onderhou, wat gelei het tot die vroeë ontwikkeli­ng van sulke metodes vir Suid-Afrika. Hierdie metodes is vervat in die land se Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998).

Sedert 1997 het sy verskeie wetenskapl­ike spanne gelei wat die vloedbestu­ur vir talle van die wêreld se belangriks­te rivierstel­sels behartig, onder meer die Nyl, Mekong, Indus en Okavango.

Sy was die spanleier van ’n internasio­nale adviesgroe­p wat deur die Wêreldbank aangestel is van 2001 tot 2003, en het soortgelyk­e werk gedoen vir die internasio­nale navorsings­organisasi­e World Fish en die wêreldkomm­issie vir damme.

Van 2009 tot 2012 het sy die Pakistanse regering raad gegee in ’n dispuut met Indië oor die Kishangang­adam in die Himalajas. Sy was ook ’n kundige getuie toe dié geskil in Augustus 2012 deur die internasio­nale arbitrasie­hof in Den Haag aangehoor is.

Sy is in 2010 as een van die eerste lede van die nasionale wateradvie­sraad aangewys om die Suid-Afrikaanse minister van waterwese te adviseer. Sy is sedert 2012 ’n buitengewo­ne professor aan die Universite­it van die Wes-Kaap.

Sy is ook ’n direkteur van die wêreldnatu­urfonds (WWF).

 ?? FOTO: WWF ?? Dr. Jackie King.
FOTO: WWF Dr. Jackie King.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa