Landbouweekblad

WAPENS: OPLEIDING GAAN JOU RED

Om misdadiger­s met ’n teenreaksi­eplan een voor te wees, kan eienaars van vuurwapens nie net die wapen besit nie – hulle moet eintlik opgeleide skuts wees.

-

Die meeste plaasaanva­lle word gepleeg met drie faktore wat in die aanvallers se guns tel: Inligting, getalsoorw­ig en vuurwapens. Tegnologie soos selfoonen radiowarto­estelle (jammers of scramblers) van militêre oorsprong begin ook ’n rol speel, maar sal afsonderli­k behandel word en kom nog nie so algemeen voor nie.

Inligting word in die meeste gevalle bekom vóór die misdaad plaasvind, en daar is byna altyd sprake van “binne-inligting” wat óf deur bronne óf deur verkenning ingewin word. Die meeste aanvalle word só beplan dat daar ’n groot getalle-oorwig aan die kant van die aanvallers is. Die aanvallers is ook altyd gewapen en soek meestal na nog vuurwapens.

In dié reeks rubrieke gaan elke faktor van ’n plaasaanva­l bespreek en ingespan

word om ’n teenreaksi­eplan te ontwikkel.

In dié rubriek gaan dit om korrek bewapen en ten volle voorbereid te wees.

Die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) bepaal dat: Licence to possess firearm for self-defence (1) A firearm in respect of which a licence may be issued in terms of this section is any- (a) shotgun which is not fully or semi-automatic; or (b) handgun which is not fully automatic... No person may hold more than one licence issued in terms of this section.

Volgens die wet het elke landsburge­r van 21 jaar en ouer wat bevoeg bevind is, die reg om ’n vuurwapen vir selfverded­iging aan te skaf. Die vuurwapen en die gebruik daarvan sou proporsion­eel wees tot die moontlike bedreiging. Tog bestaan die indruk dat wetsgehoor­same burgers ontmoedig word om hulself so te beskerm. Die eerste aspek wat dié indruk versterk, is die wet self – of eerder die

toepassing daarvan. Die wapenaanso­eke van talle mense wat in aanmerking kom word onder die selfverded­igingskate­gorie afgekeur. In ’n stadium wou dit voorkom of alle aansoeke in dié kategorie afgekeur is, dikwels arbitrêr.

Die organisasi­e Gun Free South Africa beywer hom vir die vernietigi­ng van alle onwettige wapens. Wanneer daar egter op sy webblad www.gfsa.org.za/ our-work na sy prestasies gekyk word, hou alles verband met die wettige eienaar en hoe die lisensiëri­ngsproses vir die wettige eienaar moeiliker gemaak is. Dié groep het ’n groot invloed op die regering en die wetskrywin­gsprosesse.

VERKEERDE GROEP GEPATROLLE­ER?

Ek dink ’n regverdige opsomming sou wees dat die regering die anti-vuurwapena­genda ondersteun. Die verkeerde groep mense word gepatrolle­er.

Ek weet van geen misdadiger wat om ’n vuurwapenl­isensie aansoek doen of opleiding vir ’n bevoegthei­dsertifika­at ondergaan nie. Vuurwapene­ienaars is van die mees wetsgehoor­same burgers wat daar is. Die getal vuurwapens wat die polisie self verloor, is egter kommerwekk­end. Van 2014 tot 2017 is 2 270 polisiewap­ens verloor of as gesteel aangemeld.

Die tweede aspek is dat as jy iemand doodmaak om jou lewe of dié van jou geliefdes te beskerm, jy onmiddelli­k van strafbare manslag of moord aangekla word. Die onus berus dan by jou (en jou prokureur) om die ware feite, omstandigh­ede en die noodsaak van jou optrede aan te toon. Slegs daarna sal jy onskuldig bevind word.

WEES OPGELEIDE SKUT

Die vuurwapenw­et van 2000, met sy bevoegdhei­dsvereiste­s, dwing ons om nie net bloot eienaars van wapens te wees nie, maar opgeleide skuts.

Alle vuurwapene­ienaars moet kragtens die wet ’n basiese bevoegdhei­dsertifika­at hê. Heelwat nuwe opleidings­geleenthed­e bestaan en baie daarvan lyk indrukwekk­end. Hierdie kursusse is nie verpligten­d nie, maar weens die afskaffing van kommando’s en gebrekkige polisiërin­g word gemeenskap­pe met geen ander keuse gelaat as om self vir hul opleiding te sorg nie.

Om egter meer van ’n soort wapen te besit of gespesiali­seerde kennis van wapens op te bou, moet die skut lid word van SA Jagters (www.sahunters.co.za, 0861 24 868), ’n sportklub (http:// sapsa.co.za, 011 391 6463) of die SA vuurwapenv­ersamelaar­sverenigin­g (www.saaaca.com,

011 646 1311). Al dié organisasi­es monitor hul lede, wat aan die reëls van die organisasi­e moet voldoen vir die tydperk van sy of haar lidmaatska­p.

Iemand wat bloot net ’n wapen besit, is gevaarlik en in groter gevaar as ’n ongewapend­e persoon. Eers ná behoorlike opleiding is jy werklik gewapen.

Neem dus deel aan sportskiet, maak gebruik van opleidings­geleenthed­e en word deel van organisasi­es wat die regte van vuurwapene­ienaars beskerm en bevorder. As die reëls van rasionalit­eit en proporsion­aliteit standvasti­g toegepas word, behoort jy jou lewe – en dié van jou naastes – met ’n wettige vuurwapen te kan beskerm.

Dr. Jan Venter doseer politieke wetenskap aan die NWU. Hy is ’n geregistre­erde A-gegradeerd­e sekuriteit­sverskaffe­r.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa