Landbouweekblad

LEDLENSER SE SLIM LIG

-

Die MH11-koplamp van Ledlenser kan met ’n slimfoonto­epassing – Ledlenser Connect – en Bluetooth-tegnologie beheer word.

Dié gesofistik­eerde flitsligte en koplampe is ideaal vir gebruik op die plaas of in die werkswinke­l. Vir kampeerder­s of fietsryers is dit ook die ideale beligting om soggens vroeg of saans die pad veilig te vind.

Dit is Ledlenser se eerste koplamp met pasgemaakt­e verstellin­gsopsies. Danksy die toepassing kan ’n mens uit verskeie opsies kies en die koplamp daarvolgen­s instel.

Die koplamp het onder meer ’n noodseinfu­nksie (SOS-ligsein), tydskakela­ar en beligtings­opsies volgens intervalle.

Op sy skerpste ligverstel­ling in die boostmodus, skyn die koplamp teen 1 000 lumen.

In die power-modus is die lig 750 lumen sterk. Die koplamp kan ook ’n rooi, groen of blou lig uitstraal. Met voorafinge­stelde ligverstel­lings kan die koplamp se lig vinnig via jou slimfoon ingestel word sonder om die koplamp af te haal. Tot soveel as ses profiele kan vir elke koplamp ingestel word. Dit is nuttig wanneer die koplamp deur verskillen­de mense of in verskillen­de toestande gebruik word.

Die tydskakela­ar-funksie kan ingespan word om die lamp op spesifieke tye aan en af te skakel.

Die slow-dim-opsie maak dit byvoorbeel­d die ideale klanklose wekker as die lamp aanskakel en al hoe helderder skyn as dit tyd is om op te staan. Dieselfde funksie kan ook omgekeerd ingespan word om die lamp ná ’n spesifieke tydperk af te skakel.

Die lens kan op verskillen­de afstande ingestel word. Danksy Optisense-tegnologie pas die lamp by die beskikbare lig aan en verstel outomaties die lamp se skerpheid indien dié opsie gekies word. Die lamp kan ook as ’n handflits gebruik word.

Op ’n verstellin­g van 750 lumen kan die lamp 300 m ver skyn, met ’n batterygeb­ruiksduur van sowat vier uur. Teen ’n ligintensi­teit van 300 lumen skyn die lamp 200 m ver en kan die battery agt uur hou. In die laagste ligverstel­ling kan die batterygeb­ruiksduur tot 100 uur verleng word.

Op die hoogste ligintensi­teitsverst­elling lewer die lamp 1 000 lumen.

PRYS: R2 445 NAVRAE: www.awesometoo­ls.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa