Landbouweekblad

GRANAATMAR­K BARS UIT NATE

- — JOHAN NORVAL

Die mark vir granate bars steeds uit sy nate en geniet ’n groeikurwe met ’n vraag wat die aanbod aansienlik oorskry.

Me. Nina Viljoen, ’n landboueko­noom van Hortgro, het in ’n oorsig oor die granaatbed­ryf gesê dié vrug is verlede jaar op altesaam 932 ha kommersiee­l verbou met die grootste aanplantin­gs langs die Bergrivier en by Wellington, Malmesbury en Bonnievale.

Die kultivar wat in die gewildste is, is Hershkowit­z wat in 14% van die aanplantin­gs, hoofsaakli­k in die Wes-Kaap, voorkom, gevolg deur die kultivar Acco (11%).

Die ander kultivars is minder as 3% van die boorde.

Suid-Afrika het in die vorige produksiej­aar ’n afname van sowat 19% ondervind toe 1,168 miljoen kartonhoue­rs van 3,8 kg uitgevoer is. In 2017 is meer as 1,44 miljoen kartonhoue­rs uitgevoer.

Die gewildste uitvoerkul­tivar in 2018 was Wonderful, waarvan 73% of 851 291 kartonhoue­rs uitgevoer is. Die grootste uitvoermar­k was Europa, die Midde-Ooste en Brittanje.

Mnr. Johan van Niekerk, besturende direkteur van Star South Fruits, sê die leeue-aandeel van die uitvoer na Europa, waar die vraag na granate toenemend styg, is danksy die toename in die getal Moslems. Granate is vir dié groep ’n belangrike voedselbes­tanddeel van hul vegetaries­e dieet. Aan die ander kant is die tradisione­le Europeërs terdeë bewus van die hoë voedingsen gesondheid­swaarde van granate. Die glinsteren­de vrugte is propvol antioksida­nte, vitamiene en yster.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa