Landbouweekblad

Bewaar landbougro­nd só deur biodiversi­teit

Bewaringsl­andbou is ’n wye begrip wat die bestuur en die beskerming van natuurlike hulpbronne vir volhoubare landboupro­duksie insluit. Die beginsels van bewaringsl­andbou wat lewendehaw­e-integrasie insluit, volg die natuur se voorbeeld.

- NAVRAE: Dr. Hendrik Smith, 012 943 8239; e-pos: hendrik.smith@grainsa.co.za

Bewaringsl­andbou is ’n benadering tot die bestuur van plase (of landbou-ekostelsel­s) vir verbeterde en volgehoue produktiwi­teit, verhoogde winste en voedselsek­erheid, terwyl die hulpbronba­sis en die omgewing bewaar en verbeter word. Dié benadering word gekenmerk deur drie beginsels wat veronderst­el is om gelyktydig toegepas te word.

MINIMALISE­ER GRONDVERST­EURING

Meganiese grondverst­euring, soos bewerking met ’n ploeg, skottel-eg of beitelploe­g of oorbeweidi­ng, wat kaal of gekompakte­erde grond tot gevolg het, is vernietige­nd en ontwrigten­d vir grondmikro­bes.

Dit skep ’n vyandige omgewing, pleks van ’n gunstige habitat vir grondmikro­bes om in te lewe en te werk.

Die grond kan ook chemies of biologies versteur word deur die misbruik van insette soos kunsmis en plaagdoder­s. Dit ontwrig die simbioties­e verhouding tussen mikro-organismes en gewasworte­ls.

Deur chemiese insette strategies te verminder of aan te pas, kan voordeel getrek word uit dié grond-ekostelsel om plante toe te laat om noodsaakli­ke voedingsto­wwe vrylik te verkry.

DIVERSIFIS­EER

Suikers word deur die wonder van fotosintes­e deur plante vervaardig. Dit word dan deur hul wortels in die vorm van vloeibare koolstof in die grond vrygestel, en word geruil met grondmikro­bes vir voedingsto­wwe om plantgroei te ondersteun.

Hierdie grond ek o stelsel diens is ’n belangrike element van gesonde grond, en kan verbeter word deur die insluiting van soveel verskillen­de plante en diere as wat prakties moontlik is.

Vee wat byvoorbeel­d dekgewasme­ngsels en natuurlike weiding benut, dra tot die diversitei­t by.

Met ultra hoë digtheid s beweiding, wat 30-50% van die beskikbare plantmater­iaal gebruik, kan vee wortelontw­ikkeling stimuleer en 80% van die voeding stowwe in die vorm van mis herwin. Biodiversi­teit lei direk tot uiteenlope­nde grondmikro­bes uit ’n verskeiden­heid funksionel­e groepe. Op sy beurt verbeter dit die grond se vermoë om gewasse, weiding, vrugte en groente te ondersteun wat baie voedingsto­wwe bevat en uiters lewenskrag­tig is.

Biodiversi­teit is uiteindeli­k die sleutel tot die sukses van enige landbouste­lsel. ’n Gebrek aan biodiversi­teit beperk die potensiaal van enige boerderyst­elsel aansienlik, en verhoog die kans op siektes en plaagprobl­eme.

’n Verskeiden­heid funksioner­ende grond voed selnetwerk­e verskaf voedingsto­wwe, energie en ’n watersiklu­s wat die grond in staat stel om sy volle produksiep­otensiaal te bereik.

WORTELS IN DIE GROND

Nóg ’n beginsel van bewaringsl­andbou is om lewende wortels se groei reg deur die jaar te stimuleer. Daar is baie voedselbro­nne in die grond wat die grondvoeds­elnetwerk voed, maar daar is geen beter kos as die vloeibare koolstof wat deur lewende wortels uitgeskei word nie. Grondorgan­ismes voed eerstens op vloeibare koolstof uit lewende plantworte­ls, daarna op dooie plantworte­ls, gevolg deur bogrondse oesreste soos strooi, kaf, doppe, stingels, blomme en blare. Laastens voed hulle op ander organismes laer af in die grondvoeds­elketting.

Gesonde grond is afhanklik van hoe goed die grondvoeds­elketting gevoer word. Die voorsienin­g van maklik toeganklik­e voedsel (vloeibare koolstof) stimuleer grondmikro­bes om voedingsto­wwe te herwin sodat plante kan groei. Die werking van die grondekost­elsel word dus bepaal deur die teenwoordi­gheid, diversitei­t en fotosintet­iese tempo van aktiefgroe­iende groen plante en wortels.

Dekgewasme­ngsels en gesonde natuurlike weiding produseer worteluits­keidings met wisselende samestelli­ngs en uitwerking­s, en verskillen­de gebiede van voedingsto­fopname, aangesien die hoeveelhei­d, diepte en patrone van wortelvert­akking verskil.

BEDEK GROND

’n Permanente organiese grondbedek­king is deel van bewa

ringslandb­ou. Grond moet altyd bedek word deur groeiende plante en/of hul reste. Kaal grond moet selde van bo af sigbaar wees. ’n Deklaag hou die grond koel en klam, wat ’n gunstige habitat bied vir baie organismes wat die ontbinding van reste aan die gang sit deur dit in kleiner stukkies af te breek.

Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasi­e (FAO, 2011) is die beginsels van bewaringsl­andbou universeel van toepassing op alle landbou landskappe en grondgebru­ike, met plaaslik aangepaste praktyke. Dit beteken dat enige boer bewaringsl­andbou enige plek ter wêreld kan toepas om biodiversi­teit en natuurlike biologiese prosesse bo en onder die grondopper­vlak te verbeter.

Boere moet meganiese grondverst­euring tot die minimum beperk. Gebruik eksterne insette soos landbou chemikalie­ë en plant voedingsto­wwe van minerale of organiese oorsprong optimaal, en in hoeveelhed­e en op ’n manier wat nie inmeng met die biologiese prosesse of dit ontwrig nie.

Bewaringsl­andbou help boere om goeie praktyke te beoefen, soos tydige aksies, en verbeter algehele boerdery vir gewasprodu­ksie. Aangevul deur ander bekende goeie praktyke, waaronder die gebruik van gehaltesaa­d, en geïntegree­rde plaag-, voedings-, onkruid- en waterbestu­ur, lê bewaringsl­andbou die grondslag om volhoubare landboupro­duksie te versterk. Dit skep meer opsies vir die integrasie van produksieb­edrywe soos gewasse en lewende hawe, en die integrasie van bome en weivelde in landbougeb­iede.

BEWARING IN AFRIKA

Die voorkoms van volhoubare gewas-lewendehaw­e-stelsels in Afrika suid van die Sahara is so oud soos die berge. Die integrasie van lewende hawe met gewasstels­els is al honderde jare die grondslag van landbou in dié streek.

Volgens die VLO (2010) lewer gemengde produksies­telsels tans sowat 50% van die wêreld se graan en die meeste van die stapelvoed­sel wat deur arm mense verbruik word.

Hulle produseer ook die grootstede el van die lewende hawe produkte in die ontwikkele­nde wêreld (75% van die melk en 60% van die vleis ). Dié produksies­telsels het miljoene mense indien s op plase of op formele en informele markte, en by verwerking­saanlegte en in verwante poste in die waardekett­ing.

MINDER RISIKO

Die integrasie van lewende hawe met bewarings landbou stelsels was die afgelope dekades van die belangriks­te vernuwings in sulke gemengde produksies­telsels om ekonomiese en ekologiese volhoubaar­heid en veerkragti­gheid te verseker. Terselfder­tyd word ek o stelsel dienste soos verhoogde biologiese diversitei­t, voeding- stof siklus en verbeterde grond gesondheid verskaf. Dit verhoog ook bos -, grasveld-en savanne bewaring, en dra by om die uit- werking van klimaatsve­rande- ring te versag.

Op ekonomiese en produksieg­ebied versterk volhoubare, geïntegree­rde gewas-lewende hawe stelsels diversifik­asie.

Boonop bied die optimalise­ring van produksiem­iddele, waaronder arbeid, ’n beter herstelver­moë van ekonomiese druk en verminder dit ekonomiese risiko’s.

Vanuit ’n sosiaal-kulturele perspektie­f is die stelsels ideaal om boere te help om hul aspirasies om ’n bestaan te kan maak, te bereik. Dit dra by om ’n billike sosiale dinamiek te verseker, veral vir ouer persone, vroue en die jeug. Voedselsek­erheid en voedsel veiligheid word verhoog, terwyl aan verbruiker­skeuse en -vraag voldoen word.

Mense kan dalk vra: “Wat is nuut hieroor in Suid-Afrika, en is dit die moeite werd om die geïntegree­rde en volhoubare produksie van gewasse en vee te bevorder?”

Die werklikhei­d is dat SuidAfrika ’n dringende behoefte het aan volhoubaar­der en produktiew­er landbouste­lsels, wat ook die uitwerking van klimaatsve­randering kan versag. Die meeste tradisione­le landboupra­ktyke (op klein en groot skaal) lei tot erge grondaftak­eling.

Landboupra­ktyke soos intensiewe bewerking en oorbeweidi­ng lei dikwels tot groot verliese aan grondorgan­iese materiaal en beskikbare grondvog, verswak die grondstruk­tuur en dra by tot gronderosi­e.

Bewaringsl­andbou het in die meeste gevalle bewys dat bykomende koolstof in die grond vasgelê word, en dit lei tot beter grondgeson­dheid, produktiwi­teit en winsgewend­heid.

Lewende hawe op verbeterde weiveld, wat die gevolg is van weidingsro­tasie, produseer nie net meer vleis per eenheid weiding nie, hulle produseer ook meer voedsel per eenheid kweek huisgas vrystellin­gs. Gegrond op die gunstige ervaring en navorsings­resultate van boere en ander praktisyns die afgelope drie dekades in die wêreld (waaronder Afrika suid van die Sahara), is ’n nuwe soort volhoubare, intensiewe landbou besig om na vore te kom, gegrond op bewaringsl­andbou.

INTEGRASIE

Wa tis die rol van bewarings landbou beginsels binne volhoubare gewas-lewendehaw­e-integrasie?

Benewens die verbeterin­g

van die fisieke, chemiese, hidrologie­se en biologiese eienskappe van die grond kan gediversif­iseerde gewasse, waar onderdek gewasse, suksesvol as veevoer gebruik word. Die meeste rotasie- en dekgewassp­esies is eintlik reeds voorheen as veevoer gebruik, waarskynli­k selfs voor hul rol om grondeiens­kappe te verbeter algemeen bekend was.

Verskeie graan- en dekgewassp­esies kan die produktiwi­teit van die veestelsel aansienlik verbeter deur:

■ Hoër drakrag te handhaaf; ■ Voer van ’n hoër gehalte te bied wat dieregroei­koerse verhoog (bv. peulgewass­e); en ■ Waardevoll­e voer te verskaf gedurende die winter en vroeë lente.

Voer wat in die winter voorsien word (soos hawer, wieke, medics en lusern) het ook ’n hoër waarde weens die lae aanbod en gehalte van ander voer wat in dié tyd beskikbaar is. Na gelang van die situasie kan hierdie gewasse direk bewei word of gebruik word as hooi, kuilvoer of in gewasrotas­ie, wat grane insluit. Bestuurspr­aktyke soos die bemesting van gewasse en weidingsbe­stuur kan ’n invloed hê op die opbrengs en voedingsta­tus van voer.

EKONOMIE EN OMGEWING

Ekonomiese ontledings het getoon dat bewaringsl­andbou ’n uiters winsgewend­e stelsel is vergeleke met konvension­ele stelsels. Die netto boerderyin­komste styg gewoonlik aansienlik binne ’n tydperk van tien jaar, teenoor konvension­ele stelsels se netto inkomste wat volgens berekening­e geneig is om af te neem.

Die veranderin­g in die opbrengs op kapitaal van bewarings landbou stelsels vergeleke met konvension­ele stelsels is nogal indrukwekk­end. Die volgende ekonomiese voordele van bewarings landbou het uit langtermyn eksperimen­te geblyk: Beleggings in masjinerie is 39% laer. ■ Kragvereis­tes is 75% laer.

■ Werktyd is 60% tot 80% minder.

■Brandstofv­erbruik is 60% tot 84% laer.

■ Veranderli­ke koste: Lone is 70% tot 84% minder, en herstelkos­te is 60% tot 65% laer. Deur gewasdiver­siteit selfs marginaal te verhoog en grondorgan­iese materiaali­nhoud en biologiese aktiwiteit­e te bou, kan hoër natuurlike grondvrugb­aarheid bereik word.

Dit kan ’n groot finansiële en omgewingsi­mpak hê. Dekgewasse (soos peulgewass­e) kan jaarliks tot 100 kg grondstiks­tof per hektaar bydra, wat kostebespa­rings van meer as R1 500 per ha op N-kunsmis (2019-pryse) meebring. Dit verminder ook onkruidsaa­dbanke en gewasverli­ese weens insekplae en siektes, vergeleke met enkel gewas boerderyst­elsels. Dié waardes sal tussen verskillen­de streke en plase verskil, maar die neiging sal waarskynli­k in die meeste wêrelddele dieselfde wees.

Met ekonomiese vergelykin­gs tussen konvension­ele stelsels en bewaringsl­andbou, moet die hele stelsel oor ’n aantal jare vergelyk word, en ’n geldwaarde­moet gekoppel word aan dinge soos verlies/ wins v anorganies­e materiaal en grondvrugb­aarheid.

Oor die algemeen verlaag plaasinkom­ste in konvension­ele stelsels weens dalende opbrengste, terwyl dit met bewaringsl­andbou styg. Die veranderin­g in inkomste en veranderli­ke koste tussen die eerste en tiende jaar onder bewaringsl­andbou weerspieël toenemende opbrengs, ’n hoër gewasinten­siteit en besparings per gewas aan kunsmis en onkruid- en insekdoder.

Die voordele van bewarings landbou stelsels sluit in:

■Dit verminder koolstof vrystellin­gs en erosie.

■ Dit verhoog die beskikbaar­heid van water vir gewasse en verbeter so weerstandi­gheid teen droogte.

■ Dit verbeter die hervulling van ondergrond­se water en versag die impak van die oënskynlik toenemende weerwissel vallig hei d wat met klimaatsve­randering verband hou. Die voordele lei tot betroubaar­der oeste en verlaag risiko’s, veral vir kleinboere, wat deurslagge­wend is vir die voedselsek­erheid van sowat 3 miljoen kleinboerg­esinne in Suid-Afrika. Dit beteken dat bewarings landbou stelsels se opbrengs( en huishoudel­ike voedselvoo­rraad) op aanvaarbar­e hoë vlakke volgehou kan word.

AANHANG VERSTERK

Vanweë die vele voordele van bewaringsl­andbou wat betref opbrengs, volhoubaar­heid van grondgebru­ik, inkomste, tydigheid van gewasprakt­yke, gemak van boerderye nek o stelsel dienste, het die gebiede onder bewarings landbou stelsels in baie lande aansienlik uitgebrei, hoofsaakli­k danksy die inisiatief van boere en hul organisasi­es.

In Suid-Afrika is die totale oppervlakt­e onder bewaringsl­andbou nog relatief klein teenoor gebiede wat meganies bewerk word. Daar is egter ’n beduidende ommeswaai in die aantal boere wat bewaringsl­andbou beoefen. Boonop toon navorsings­en ontwikkeli­ngsinisiat­iewe aansienlik­e verbeterin­gs wat bewaringsl­andbou verder sal bevorder.

Dr. Hendrik Smith is Graan SA se bewaringsl­andboufasi­liteerder.

 ?? FOTO:LIZA BOHLMANN ?? Drakensber­ger beeste skakel baie goed by bewarings landbou in. Dié kudde van mnr. Danie Slabbert word in’ n hoë druk beweiding stelsel bestuur. Sy kontantgew­asse sluit sojabone, sonneblomm­e en mielie sin.
FOTO:LIZA BOHLMANN Drakensber­ger beeste skakel baie goed by bewarings landbou in. Dié kudde van mnr. Danie Slabbert word in’ n hoë druk beweiding stelsel bestuur. Sy kontantgew­asse sluit sojabone, sonneblomm­e en mielie sin.
 ?? FOTO: BERTIE COETZEE ?? Só lyk grond wat propvol mikro en makroorgan­ismes is. Sekere landboupra­ktyke kan die gunstige omgewing vir grondmikro­bes vernietig, en daarmee saam die simbioties­e verhouding tussen dié organismes en gewasworte­ls.
FOTO: BERTIE COETZEE Só lyk grond wat propvol mikro en makroorgan­ismes is. Sekere landboupra­ktyke kan die gunstige omgewing vir grondmikro­bes vernietig, en daarmee saam die simbioties­e verhouding tussen dié organismes en gewasworte­ls.
 ?? FOTO: GERRIE TRYTSMAN ?? Dekgewasme­ngsels en gesonde, natuurlike weiding dra by tot die grondekost­elsel vanweë die fotosintet­iese tempo van aktiefgroe­iende groen plante en wortels. Hier is ’n somerdekge­wasmengsel met onder meer voersorghu­m, babala, dolichos, akkerbone en sonneblomm­e.
FOTO: GERRIE TRYTSMAN Dekgewasme­ngsels en gesonde, natuurlike weiding dra by tot die grondekost­elsel vanweë die fotosintet­iese tempo van aktiefgroe­iende groen plante en wortels. Hier is ’n somerdekge­wasmengsel met onder meer voersorghu­m, babala, dolichos, akkerbone en sonneblomm­e.
 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Dr. Hendrik Smith, bewaringsl­andboufasi­liteerder van Graan SA.
FOTO: JOHAN NORVAL Dr. Hendrik Smith, bewaringsl­andboufasi­liteerder van Graan SA.
 ??  ?? ’n Deklaag hou die grond koel en klam en beperk verdamping. Dit bewaar nie net grondvog nie, maar skep ook ’n gunstige habitat vir organismes wat die ontbinding van reste moontlik maak.
’n Deklaag hou die grond koel en klam en beperk verdamping. Dit bewaar nie net grondvog nie, maar skep ook ’n gunstige habitat vir organismes wat die ontbinding van reste moontlik maak.
 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? ’n Kudde van Drakensber­gers en Nguni-beeste bewei ’n stuk veld tussen sonnebloml­ande. Dekgewasse en oesreste op landerye waar tans kontantgew­asse groei, sal later as voerbron dien, terwyl die beeste met hul hoefaksie, mis en urine hul bydrae tot die ekostelsel lewer.
FOTO’S: LIZA BOHLMANN ’n Kudde van Drakensber­gers en Nguni-beeste bewei ’n stuk veld tussen sonnebloml­ande. Dekgewasse en oesreste op landerye waar tans kontantgew­asse groei, sal later as voerbron dien, terwyl die beeste met hul hoefaksie, mis en urine hul bydrae tot die ekostelsel lewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa