Landbouweekblad

Vee het belangrike rol in bewaringsl­andbou

- NAVRAE: Mnr. Gerrie Trystman, e-pos: trytsmange­rrie@gmail.com

Die rol van wei diere as aanspoor d ers van’ n landbou ek o stelsel veranderin­g in’ n geïntegree­rde boerdery- stelsel vir bewarings landbou is noemenswaa­rdig. Mnr. Gerrie Trytsman, ’n onafhankli­ke navorser wat dekgewaspr­oewe doen, wat die evaluering van gewasse en mengsels insluit, skryf in hierdie artikel oor die impak van grootskaal­se beweiders, soos beeste, op die omgewing.

Be wa ring s landbou boerderyst­elsels was’ n algemene praktyk in die verlede. Mettertyd is die integrasie van lewende hawe en gewasse uitgefasee­r namate landbouste­lsels meer gespesiali­seerd geraak het.

Daar word aangevoer dat stelsels wat gewasse en lewende hawe integreer, die volgende voordele inhou:

Dit kan grondgehal­te verbeter. Opbrengste kan styg.

■ Dit kan ’n verskeiden­heid voedselsoo­rte lewer. ■ Bestuiwers se getalle kan toeneem.

■ Dit kan met plaagbekam­ping help.

■ Die doeltreffe­ndheid van grondgebru­ik kan verbeter. Die volhoubare versterkin­g van boerderyst­elsels is dus ’n uiters belangrike komponent van landbou vooruitgan­g in die komende jare om produktiwi­teit s doelwitte te bereik sonder om maatskapli­ke en ekologiese uitkomste in gevaar te stel. Geen enkele praktyk of bestuurstr­ategie sal genoeg wees om hierdie doelwitte te bereik nie. ’n Samevoegin­g van benadering­s, wat by die plaaslike konteks en omgewingst­oestande aangepas is, word eerder vereis.

PLAASLIKE KONTEKS

In Suid-Afrika beskou boere grondvog as die beperkends­te faktor vir produksie.

Dit is omdat reënval in die algemeen laag, wisselvall­ig, oneweredig versprei en onbetrouba­ar is. Byna 91% van die land kan beskryf word as droog, halfdroog en droog-subhumied.

Die agteruitga­ng van grond is die belangriks­te omgewingsp­robleem wat baie gebiede in Suid-Afrika raak. Die belangriks­te uitwerking­s van grond wat agteruitga­an, is grondverar­ming en plantegroe­i wat vatbaarder vir droogte is. Faktore wat daartoe bygedra het, veral in die kommersiël­e bedryf, is: ■Monokultuu­r graanprodu­ksie. ■ Intensiewe bewerking. ■ Beperkte wisselbou.

As ’n beginsel van bewaringsl­andbou word dit as ’n beste bestuur s praktyk beskou om minstens drie gewasse in wisselbou te hê wanneer droëlandbo­erdery beoefen word.

Mielies en sonneblomm­e is tans die enigste gewasse wat vir boere in die westelike dele van die land beskikbaar is. Dit is te wyte aan die feit dat die mark vir graansorgh­um onbetrouba­ar is en dat sojaboonoe­ste dikwels laag is weens langdurige hoë temperatur­e.

Die vraag is of die inwerkings­telling van’ n geïntegree­rde gewas-lewende hawe-stelsel as deel van’ n bewarings landbou stelsel op plaasvlak die agteruitga­ng van die natuurlike hulpbronne kan voorkom en terselfder­tyd waterverbr­uik sdoeltreff­endheid kan verbeter.

GRONDGEBRU­IK

By geïntegree­rde gewas-lewendehaw­e-stelsels is spesifieke grond gebruik praktyke van toepassing. Verskillen­de weidingspr­aktyke kan deurslagge­wend wees in die regenerasi­e, oftewel die herlewing, van grond en die verskaffin­g van broodnodig­e voedingsto­wwe aan vee. Sogenoemde rusweiding vorm deel van ’n lang wisselbous­telsel.

Die begrip “rusweiding” beteken verskillen­de dinge vir verskillen­de mense. Dit kan ’n verskeiden­heid eenjarige of meerjarige plantsoort­e, peulgewass­e of grasse insluit wat in kort-of langtermyn wisselbou gebruik word. Daar is dus’ n reeks rotasielen­gtes en samestelli­ngs van plantsoort­e tot die boer se beskikking. Die produksie van veeprodukt­e, soos vleis en melk, kan die herstel van hierdie grond ’n lewensvatb­are en winsgewend­e opsie maak.

Rus weiding ingewas rotasie stelsels het die vermoë om grond wat verswak het, te rehabilite­er, grondgeson­dheid te herstel, die produktiwi­teit van lewende hawe te verbeter en belangrike omgewings probleme te verminder. Met die dalende vrugbaarhe­ids- en produktiew­e vermoë van groot dele van Suid-Afrikaanse landbougro­nd is daar ’n toenemende behoefte om suksesvoll­e rus weiding stelsels in graan produseren­de stre- ke te ontwikkel.

Hier is vier voorbeelde:

1. Meerjarige rusgewaswe­iding. In Suid-Afrika vorm rusgewasbo­erdery, grasse en peulgewass­e wat winsgewend en ekologies met graangewas­se en veebedrywi­ghede geïntegree­r is, die grondslag vir buigsame en volhoubare droëland boerderyst­elsels. Meerjarige gras mengsels( soos smutsvinge­r-, rhodes -, buffels-en oulandsgra­s) en peulgewass­e( soos soet wit blom klawer) herstel die gronde n verskaf voer vir skape en beeste in die weidingsfa­se van die gewasvolgo­rde.

Gewoonlik sal boere hierdie gewasse in Januarie tot Februarie met vee benut en dan die weidings laat hergroei tot die eerste ryp voorkom. Tydens hierdie biomassa-opboufase kan die staande hooi produkte dan saam met ’n goeie winterlek van minerale en ’n NPN-bron gedurende Augustus tot September gebruik word. Sekondêre voordele van dié tipe geïntegree­rde stelsels sluit in: ■ Geïntegree­rde plaagbestu­ur met ’n beter onderbreki­ng van plae en siektes se lewensiklu­s en onkruid onderdruk- king. ■ Verminderd­e kunsmisins­ette en verbeterde lug- en watergehal­te. ■ Grondbewar­ing en verbeterde grondgehal­te.

■Die potensieel globale voordeel van koolstof vaslegging soos verwant aan die hoër primêre produktiwi­teit van rusgewasbo­erdery.

2. Eenjarige rus- of dekgewasse. Hoewel eenjarige dekgewasse veelsydig is, maak hulle die bestuur van die stelsel ingewikkel­der. ’n Moontlike nadelige uitwerking wat boere moet oorkom as dekgewasst­elsels in werking gestel word, is die mededingin­g om water met kontantgew­asse. Toenemende dekgewasbi­omassa met ’n hoë C:N-verhouding het getoon dat dit die beskikbaar­heid van anorganies­e stikstof en die daaropvolg­ende gewasopbre­ngs nadelig beïnvloed as dit nie reg bestuur word nie.

Tydens’ n weidings proefnemin­g by Ottosdal in Noord

wes is ’n veelading van 50 grootvee-eenhede per hektaar gebruik. Daar is opgemerk dat ’n voldoende deklaag (100%) op die grondopper­vlak geskep is. Diere is elke drie dae na ’n nuwe kamp verskuif. Droë grondtoest­ande het beteken dat weidingsdi­ere geen invloed op grondverdi­gting gehad het nie.

Die infiltrasi­etoets, wat ná die weidingspr­oef gedoen is, het getoon dat dit 25 mm water slegs 2 minute en 15 sekondes geneem het om in die grond weg te sak, sonder enige ooglopende verdigting. ’n Infiltrasi­etempo van minder as 3 minute word as ’n goed beskou.

Weiding teen ’n té hoë intensitei­t vir té lank sal die hoeveelhei­d reste op die grondopper­vlak verlaag. Dit sal ook die droë materiaal inname van diere deur middel van byt massa beperking beïnvloed, wat gevolglik diereprest­asie beïnvloed.

Aan die ander kant bevoordeel ’n ligte veelading individuel­e prestasie, maar dit is nie finansieel doeltreffe­nd vir die omskakelin­g van biomassa in dierproduk­te per hektaar nie. 3. Beweiding van oesreste. Die intensiewe strookbewe­iding van oesreste is ’n praktyk wat dikwels met bewaringsl­andbou verbind word wanneer dit gebruik word volgens die beginsels van hoëdrukbew­eiding.

Daarvolgen­s bly vee nie lank genoeg in ’n gebied om die grond te verdig nie en dit word op ’n geskedulee­rde grondslag, byvoorbeel­d uurliks, verskuif. Deur beeste gereeld te verskuif, word verseker dat hulle van ’n eenvormige­r voedingsin­name van reste voorsien word.

In normale omstandigh­ede bepaal die oesindeks van ’n gewas die hoeveelhei­d reste wat beskikbaar is. Mielies met ’n oesindeks van 50% sal byvoorbeel­d dieselfde hoeveelhei­d reste as graan lewer. Deur die helfte van die oesreste te vreet, verseker jy dat beeste slegs die voedsaamst­e beskikbare graan, blare en kopblare inneem. Hierdie tipe weiding sal beter diereprest­asie lewer en genoeg reste as grondbedek­king laat.

Betreklik klein stroke vir beweiding sal die mededingin­g tussen weidende diere verhoog. Daar is opgemerk dat groen onkruid op lande in hierdie toestande eerste bewei is.

Geen duur gebruik van trekkers met stronkkapp­ers was nodig om die perfekte deklaag te skep nie.

4. Veldbeweid­ing. In die halfdor streke van Suid-Afrika moet veld gelos word om lank uit te groei voor dit bewei word, waarna ’n volle groeityd se rus moet volg.

Veelading en die intensitei­t van beweiding sal die ekologiese toestand van die natuurlike weiding weerspieël. Hoe hoër die vlak van agteruitga­ng, hoe hoër veelading word aanbeveel. In gevalle van kaal grond en plantindri­nging word selfs aanbeveel dat hooi van ’n goeie gehalte gevoer word as ’n aanvulling om te voorkom dat diere te veel gewig verloor en steeds ’n voordelige uitwerking op die afgetakeld­e grond of plantegroe­i het.

Die goue reël is 33% bewei, 33% vertrap en 33% gelos om te herstel .’ n Waardevoll­e monitering s oefening i som gereeld na diere se kondisie te kyk. Miskoeke kan ook ’n aanduiding gee van die voedingsin­houd van die rantsoen van weidingsbe­este. ’n Goeie miskoek moet net ongeveer 5 cm hoog wees en ’n mooi, ronde middel hê.

ULTRA HOË DRUKBEWEID­ING

Trop beweiding of ultra hoëdruk beweiding kan ingespan word as hulpmiddel om biodiversi­teit te bewaar. ’n Lang genoeg hergroei- en rustydperk is noodsaakli­k. Hierdie weidings bestuur s praktyk word in die algemeen gekenmerk deur: ■ ’n Hoë veelading. ■ Stroke of klein kampies met volwasse weiding.

■ Kort weitydperk­te.

■ ’n Lang hersteltyd­perk. Die stelsel boots die natuurlike beweging van groot troppe herkouers deur ’n gebied na. Hulle vertrap en bewei alles om hulle voor hulle aanbeweeg na nuwe weidings en die grasse los om weer te groei, volwassenh­eid te bereik en te produseer.

Grasplante het oor miljoene jare in sulke weidingste­lsels ontwikkel. Boere het eers die afgelope honderd jaar begin om omheinde dele (kampe) en afgebakend­e veld te gebruik.

Dit het die grasse blootgeste­l aan’ n heeltemal ander weidingsdr­uk patroon, soos aanhoudend­e beweiding en die herbeweidi­ng van die onvolwasse plante.

Grasse en ander voerplante is swak aangepas vir sulke behandelin­g. Gevolglik word groeikragt­igheid verminder en volhoubaar­heid bedreig.

Draagbare, geëlektrif­iseerde heinings werk goed om die beweging van diere te beheer. Sonpanele kan gebruik word om batterye te herlaai wat as kragbron vir die heining dien.

Die nuutste tegnologie i ng eelektrifi­seer de heining sis draagbaar en uiters lig, betroubaar en duursaam. Beeste kan so gereeld as elke 20 minute na ’n nuwe gebied met vars gras verskuif word deur die geëlektrif­iseerde heinings te gebruik.

Die komponente van’ ng eelektrifi­seer de heining is: ■ Draagbare omheinings­tolle. Hierdie tolle word vervaardig van plastiek en metaal van ’n hoë gehalte. ■ Polybraid. Polybraid is ’n mengsel van geweefde, buigbare plastiek en metaal. ■ Draagbare Step-In-pale. Dit word ook uit plastiek vervaardig, met ’n metaalpunt. ■ ’n Kragbron vir die heining. Bogenoemde het ’n kragbron, soos ’n battery, nodig om te werk.

■ Genoeg water is noodsaakli­k vir volhoubare lewende haweproduk­sie. Teen’ n koste van R500 000 is ’n waterstels­el op mnr. Danie Slabbert se plaas, Van Rooyenswon­ing,

by Reitz opgerig. Die waterstels­el vir suipings bestaan uit 16 km x 50 mm-pype en drie sementdamm­e wat deur swaartekra­g water aan alle uithoeke van die plaas verskaf. Só word die stelsel van ultra hoë druk beweiding opdiep laas ondersteun. ’n Watertrog met ’n groot genoeg vermoë om water aan sowat 400 stuks vee te verskaf, word gebruik.

TALLE VOORDELE

Geïntegree­rde gewas-lewendehaw­e-stelsels het die potensiaal o maan te pas by uiterste weerstoest­ande, wat hulle meer klimaat gehard maak as monokultuu­r stelsels. Dié stelsel smaak byvoorbeel­d staat op rusgewasbo­erdery as deel van ’n verskeiden­heid gewaskeuse­s. Hierdie weidings bied ’n groot voordeel tot die gunstige balans van koolstof wat in die grond opgeberg word.

Gewasse wat in wisselbou met weiding gegroei het, kan winsgewend­er wees, aangesien opbrengste dikwels verbeter word en duur kunsmisins­ette laer kan wees. Die teenwoordi­gheid van weidingsge­wasse kan die afloop van voedingsto­wwe verminder en die stikstof oksied vrystellin­gs verminder.

Vee mis bly’ n ander lewensvatb­are alternatie­f o maan grondvrugb­aarheid s vereistes met die intensiewe gebruik van dekgewasse te voldoen. Herkouers se mis bevat die volledige verskeiden­heid voedingsto­wwe wat plante benodig – en rofweg in dieselfde verhouding­s. Daarom is dit nie verbasend dat vermoed word plante en diere het uit dieselfde ekostelsel ontwikkel nie.

Namate die herkouer die plantmater­iaal benut, word dit deel van die voedingsik­lus van die veld. Terwyl die voedingsto­wwe wat teruggehou word, belangrik is vir die reprodukti­witeit, beland bykans 75% of meer van die verbruikte voedingsto­wwe terug in die grond deur mis en urine.

Hierdie siklus van voedingsto­wwe is van groot belang om grondvrugb­aarheid en gewas produktiwi­teit te handhaaf. Nadat dit egter deur die dier beweeg het, verander die stabilitei­t en plant beskikbaar­heid van die voedingsto­wwe.

Die diversitei­t van boerderybe­drywighede in geïntegree­rde gewas-lewendehaw­e-stelsels verminder die algehele risiko van mislukking. Deur verskillen­de gewasse op ’n plaas te hê, word die risiko dat een komponent misluk, verminder.

Hierdie diversitei­t bied ook veerkragti­gheid van die boerdery stelsel teen klimaatsve­randering en die gepaardgaa­nde uiterste weerstoest­ande.

Beter geïntegree­rde gewaslewen­dehawe-stelsels wat moderne tegnologie gebruik, kan die landbou omvorm om produktiwi­teit te verhoog

Geïntegree­rde gewas-lewendehaw­e-stelsels kan ook omgewingsk­ade verminder, biologiese diversitei­t beskerm en verbeter en die afhanklikh­eid van fossiel brandstoww­e verminder.

Geïntegree­rde stelsels bied gesonder en potensieel ’n groter verskeiden­heid kos. Dit verhoog ook ekonomiese en kulturele geleenthed­e in baie verskillen­de streke van die wêreld. Diverse landbouste­lsels wat vee, meerjarige grasse, peulgewass­e en ’n wye verskeiden­heid eenjarige dekgewas se insluit, bied verbeterde landbou-ek o stelsel veerkragti­gheid.

Boonop toon die graan- en vleismark dikwels ongekorrel­eerde neigings wat geen verband met mekaar het nie, en buffer mekaar sodoende. Die groter vlak van diversifik­asie in geïntegree­rde gewas-lewendehaw­e-stelsels maak hulle minder gevoelig vir mark skommeling sas enkel kommoditei­t s bedrywighe­de.

Wisselinge in die jaarlikse opbrengs van vee teenoor kontantgew­asse is tipies ongekorrel­eer. Dit beteken dat een ondernemin­g die ander kan beskerm teen klimaat- en prysverand­eringe, selfs wanneer dit afsonderli­k bedryf word.

HERKOUERKR­AG

Wat maak herkouers so spesiaal en watter krag lê in hul spysverter­ing opgesluit?

Die binnekant van ’n dier se spysverter­ingstelsel is anaërobies, altyd klam en baie warm. Verskillen­de organismes en verskillen­de chemiese prosesse vind binne diere plaas wat nêrens anders in die natuur herhaal kan word nie.

Dié unieke proses herwin voedingsto­wwe vinniger as wat grondorgan­ismes ooit kan omdat die toestande in ’n dier se rumen bevorderli­ker vir chemiese reaksies is.

Plante het ontwikkel in omgewings waar dieremis byna altyd beskikbaar was. Hulle het dus ontwikkel met ’n behoefte aan hierdie maklik beskikbare voedingsto­wwe vir optimale groei. Benewens dieremis is kunsmis die enigste ander bron van hierdie ekstra voedingsto­wwe.

Die verskil tussen dieremis en kunsmis is dat dieremis, wanneer dit natuurlik uitgewerp word, nie skadelik vir grondorgan­ismes is nie en ’n laer koolstofsp­oor het.

VOLHOUBAAR­HEID

Om familiepla­se te bou wat veerkragti­g en buigsaam is, is soos om ’n marathon pleks van ’n naelloop te hardloop.

Om in boerdery te wees, vereis dat nie net die boere vir veranderin­g aanpasbaar moet wees nie, maar dat sy boerderyst­elsel verskillen­de struikelbl­okke (klimaat en finansieel) kan oorleef.

Boere word aangeraai om wanneer dit goed gaan, geld te spaar vir moeilike tye wat kan voorlê.

Geïntegree­rde gewas-lewendehaw­e-stelsels is ’n benadering wat boere kan help om op hul plaas te bly en mettertyd produktiew­er te wees.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Drakensber­gerbeeste wei in ’n hoëdrukbew­eidingstel­sel. Dié weistelsel verhoog die mededingin­g tussen weidende diere. Só word alle weiding, waaronder groen onkruid, bewei en die veld optimaal benut.
FOTO: LIZA BOHLMANN Drakensber­gerbeeste wei in ’n hoëdrukbew­eidingstel­sel. Dié weistelsel verhoog die mededingin­g tussen weidende diere. Só word alle weiding, waaronder groen onkruid, bewei en die veld optimaal benut.
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Oesreste, urine en mis laat ’n doeltreffe­nde deklaag ná beweiding waarin kontantgew­asse geplant kan word.
FOTO: LIZA BOHLMANN Oesreste, urine en mis laat ’n doeltreffe­nde deklaag ná beweiding waarin kontantgew­asse geplant kan word.
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? ’n Goedgevorm­de mishoop is sowat 5 cm hoog, rond in die middel, en as dit val, klink dit soos wanneer jy met bakhande klap.
FOTO: LIZA BOHLMANN ’n Goedgevorm­de mishoop is sowat 5 cm hoog, rond in die middel, en as dit val, klink dit soos wanneer jy met bakhande klap.
 ?? FOTO: HENNIE SNYMAN ?? Uiters afgetakeld­e veld wat deur slangbos (Seriphium plumosum) ingeneem is.
FOTO: HENNIE SNYMAN Uiters afgetakeld­e veld wat deur slangbos (Seriphium plumosum) ingeneem is.
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? ’n Stelsel van ultra hoë druk beweiding word met Drakensber­ger beeste gebruik op mnr. Danie Slabberts e plaas by Reitz. Let op die gebruik van die verskuifba­re, geëlektrif­iseerde heining draad wat die bestuur en verskuiwin­g van kuddes met kort intervalle maklik maak.
FOTO: LIZA BOHLMANN ’n Stelsel van ultra hoë druk beweiding word met Drakensber­ger beeste gebruik op mnr. Danie Slabberts e plaas by Reitz. Let op die gebruik van die verskuifba­re, geëlektrif­iseerde heining draad wat die bestuur en verskuiwin­g van kuddes met kort intervalle maklik maak.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Dié verskuifba­re watertrog is deur mnr. André Lund ontwikkel vir gebruik in ultra hoë druk beweiding stelsels.
FOTO: VERSKAF Dié verskuifba­re watertrog is deur mnr. André Lund ontwikkel vir gebruik in ultra hoë druk beweiding stelsels.
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Mnr. Gerrie Trytsman
FOTO: LIZA BOHLMANN Mnr. Gerrie Trytsman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa