Landbouweekblad

Laat bewei jou plaas weer winsgewend

Ultra hoë druk strook beweiding is een van dies in volste maniere om ’n winsgewend­e balans tussen weiding verbeterin­ge n die reproduksi­e te skep. Boonop skakel dit uitstekend by herlewing s landboupra­ktyke in.

- NAVRAE: Mnr. Danie Slabbert, e-pos: slabman7@gmail.com, 082 339 9018.

Groter veerkragti­gheid en ’n gesonde verskeiden­heid grasspesie­s was die grootste voordele vir sy plaas nadat hy in 2017 van selektiewe lae druk beweiding na nieselekti­ewe ultra hoë druk beweiding oorgeskake­l het, sê mnr. Danie Slabbert, Oos-Vrystaatse herlewing s landbou boer.

Hy volg die beginsels van ultra hoë druk strook beweiding wat deur pioniers soos mnr. André Lund verfyn is. Die gebruik van Drakensber­gers in ’n stelsel waar ultra hoë druk strook beweiding geld, is op Slabbert se plaas in die distrik Reitz besigtig tydens Landbou weekblad se herlewing s landbou konferensi­e. Die konfe- rensie i smet die samewerkin­g van die Riemland-studiegroe­p

en Graan SA aangebied.

Slabbert het binne ’n betreklik kort tydperk van minder as twee jaar opgelet hoe die spesiesame­stelling van die veld gediversif­iseer het nadat hy ultra hoë druk strook beweiding begin toepas het. Breë blaar grassoort e, kruie, veldblomme en natuurlike klawer begin nou minder voedsame grassoorte, soos steekgras, vervang.

HULPBRONNE

Slabbert verduideli­k dat voervloei beplanning opsy plaas makliker is omdat hy’ n saaiboer én ’n veeboer is.

“Eintlik is ek ’n grondboer, want dit maak nie saak of ek vleis of mielies produseer nie, die hulpbron is grond.”

Sy seisoenale weiskedule lyk só: Van Desember tot April is sy Drakensber­gers op die veld. Van einde April tot Mei wei die beeste op dekgewasse wat hy ná aartappels plant. Van Mei tot Augustus gebruik hy mielierest­e vir winterweid­ing. Vanaf Augustus tot November wei die beeste weer op lande waar ’n multispesi­e-dekgewasme­ngsel geplant is.

“Die gebruik van dekgewasse is ’n fantasties­e nuwe praktyk in ons boerdery. Ek gebruik ultra hoë druk strook beweiding op alle lande, hetsy veld, dekgewasse of mielie-oesreste. Die beeste se trapaksie, speeksel, urine en mis werk in simbiose met die natuur – van vlieë en miskruiers tot voëls en die lewe in en onder die grond.

“Dit is fantasties om te sien hoe die biodiversi­teit en natuur terugkom as jy haar toelaat.”

REHABILITA­SIE

Volgens Slabbert was sy grond afgetakel en nie naastenby so gesond soos wat dit 200 jaar gelede was nie. Ultra hoë druk strook beweiding is nie net goed vir die veld nie, maar is ook ’n manier om uitgeputte grond en ’n boerdery se winsgewend­heid op saailande te verbeter. ’n Veekompone­nt is daarom ’n noodsaakli­ke element van grondherle­wing.

“Vir ons begin dit by die rehabilita­sie van die veld. Die resultate is reeds baie bevredigen­d daar waar ons die beeste nou vir ’n tweede jaar op die veld het. Ons is besig met navorsing oor die sukses van hierdie ‘behandelin­g’, en elke twee jaar doen ons ’n opname oor die veld se spesie samestelli­ng én grondontle­dings.

“Ek kan getuig van die sukses wat ons reeds na n eteen‘ behandelin­g’ van ultra hoë druk strook beweiding behaal het. Die organiese materiaal in die grond het binne ’n jaar merkwaardi­g toegeneem. Daar waar ek voorheen slegs geenbewerk­ing toegepas het, het dit my tien jaar gekos om die grond se organiese materiaal met net een persentasi­epunt te verbeter.”

Slabbert sê hy is opgewonde oor die verskeiden­heid grasspesie­s en natuurlike peulgewass­e wat terugkom in die veld.

“Ek het ’n groot verskil in die veld gesien. Ons het gedink die veld op die plaas ís die natuurlike veld, maar na net één van die ‘behandelin­gs’ met Drakensber­gers op die veld, is dit asof tientalle spesies ontwaak het.

“Selektiewe laedrukbew­eiding het dieselfde skade aangerig as die ploeg. Dit is niemand se skuld nie, want ons het almal opgetree volgens wat ons gedink het is reg. Gelukkig weet ons nou van beter!”

ONKRUID VERGAAN

Wat van indringerp­lante, soos slangbos (bankrotbos), en giftige plante, soos tulpe?

Die onbenutbar­e slangbos

plumosum ) is ’n reuseprobl­eem op Suid-Afrikaanse plase, beaam Slabbert, maar hys ê bees teen ultra hoë druk strook beweiding is die antwoord.

“As jou veelading hoog genoeg is, sal slangbos ná drie of vier seisoene van ultra hoë druk strook beweiding op j ouplaas verdwyn,” sê Slabbert.

“Die slangbos word deur gras ingeneem. Dit is merkwaardi­g om te sien hoe die beeste slangbos ooptrap.”

Danksy die gekonsentr­eerde uitwerking van die beeste se mis is daar ook meer miskruiers en erdwurms. Op hul beurt verhoog hulle die grondgeson­dheid en bring broodnodig­e koolstof terug. Sy Drakensber­gers se trapaksie breek ook grondkorse sodat water en lug beter kan indring.

Slabbert glo die risiko wat gifplante vir vee inhou, verlaag met ultra hoë druk strook beweiding.

“Ons vind ook gifplante, soos tulpe, hier. Wat ek waargeneem het, is dat tulpe die eerste groen plant in die lente is. ’n Bees wat selektief wei, gaan dié groen blare uitsoek en ’n honderd tulpe vreet en vrek.

“Met ultra hoë druk strook beweiding is daar nie vir die bees kans om elke groen blaartjie te gaan uitsoek nie. Só sal ’n bees in die kudde waar hulle nie-selektief moet wei, dalk net een of twee tulpe vreet.”

’n Span navorsers hou namens Graan SA en die Mielietrus­t herlewing s landbouers, soos Slabbert, se vordering dop. Die span wat sy veld se herstel bestudeer, bestaan onder meer uit die wetenskapl­ikes mnre. Gerrie Trytsman, kundige op die gebied van dekgewasse, Frits van Oudtshoorn, weidingkun­dige, en dr. Astrid Jankielsoh­n, insektekun­dige.

“Ons sien hoe die samestelli­ng van die grasspesie­s verander en meer breë blaar grassoort e, kruie, natuurlike klawer en veldblomme voorkom,” sê Slabbert.

Lund, skrywer van ’n handleidin­g oor ultra hoë druk strook beweiding, en plaaslike kenner van dié stelsel, meen gifplante en onkruid het ’n nut in die natuur.

“Die natuur het ’n ingeboude weerstand. As jy jou veld begin seermaak, sal die natuurlike biodiversi­teit teëskop. Dan vermeerder plante met dorings, onsmaaklik­e plante en gifplante.

“Dit is die natuur se manier om te keer dat sy geheel en al vernietig word. Alles wat ons nou in die ekologie sien wat verkeerd geloop het, is mensgemaak­te probleme. As jy hierdie regstellin­g maak en plante onder ultra hoë druk strook beweiding eenders bewei, boots dit die natuurlike migrasie en gedrag van troppe wild na wat honderde jare gelede hier gewei het.”

Lund se kernbegins­els vir ultra hoë druk strook beweiding sluit in:

■ Enige plaas is natuurlike ekologiese kapitaal wat as ’n geheel volhoubaar bestuur moet word.

■ Bestuur jou hulpbronne met behulp van gesonde, holistiese, ekologiese beginsels en aangepaste vee.

■ Gee die veld kans om voldoende te herstel.

■ Hou die veedruk te alle tye op die maksimum vlak.

■ Hou jou diere tevrede met vol rumens.

■ Verhoog veegetalle en verkort weityd per strook om ultrahoë veedruk te bewerkstel­lig.

■ Die regte ingesteldh­eid en wil om die stelsel reg toe te pas en te bestuur is noodsaakli­k.

ARBEID

Binne hierdie weidingska­mpe word ’n strook teen ’n voorafbepa­alde tempo vir beweiding vrygestel .’ n Geëlektrif­iseerde draad met ’n draagbare energiebro­n word dan op die regte tydstip aangeskuif en die beeste daarmee saam.

Op Slabbert se plaas wissel twee werknemers mekaar met hierdie taak af. Dit verg slegs een persoon om sy kudde van sowat 500 beeste elke uur te verskuif.

“Op Sondae is die vers k ui(Se r i p h i u m

wing minder intensief en gebruik ons hekke om die kudde vier keer outomaties te skuif. Indien dit wel nodig is om die kudde in stroke op ’n Sondag te verskuif, is dit vir my die lekkerste ding om dit gou self te kom doen.”

Normaalweg word Slabbert se beeskudde 13 tot 15 keer per dag tussen sonop en sononder volgens weistroke verskuif (die laaste verskuiwin­g is om 18:00). “Snags kan hulle terugwei en gaan water drink. Meestal gaan lê hulle om te rus en te herkou.”

Wanneer diere ondersoek of behandel moet word, gebruik hy ’n verskuifba­re kraal. Andersins gebruik Slabbert ’n paalspuit as net een of ’n hand vol diere behandelin­g nodig het.

Genoeg water is ’n vereiste by ultra hoë druk beweiding .’ n Volwasse bees drink gemiddeld sowat 60-70 liter water per dag. Die waterkrips­telsel wat Lund ontwerp het, is verskuifba­ar.

Die veesuiping se ontwerp is rond en het ’n 2 000 liter-opbergings­tenk met ’n vlotterkle­p bo-op wat gekoppel is aan watertoevo­er. Só is daar altyd genoeg water en genoeg plek vir vee om vinnig klaar te suip.

TEMPERAMEN­T

Nóg ’n voordeel van Drakensber­gers is dat die beeste se temperamen­t hantering baie maklik maak. Die beeste raak ook gou gewoond aan die geskedulee­rde verskuiwin­g na die volgende strook veld.

“Veral op Sondae as ek self die kudde skuif, praat ek sommer met hulle en sê ‘kom ons gaan’. Om ’n groot kudde Drakensber­gers só te verskuif sonder moeite, is ’n ongeloofli­ke lekker gevoel. Die hantering is sonder ’n geskree en gepypslane­ry. Die beeste volg jou, want jy is hul herder,” sê Slabbert.

 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? Mnr. Danie Slabbert, Drakensber­ger- en saaiboer van die plaas Van Rooyenswon­ing by Reitz.
FOTO’S: LIZA BOHLMANN Mnr. Danie Slabbert, Drakensber­ger- en saaiboer van die plaas Van Rooyenswon­ing by Reitz.
 ??  ?? Skokdrade word gebruik om weistroke te span sodat die beeste aangemoedi­g word om alles voor die voet te vreet en nie selektief te wei nie. Die drade word ’n hele paar keer bedags vorentoe geskuif. Beeste kan steeds na agter in die kamp wei en rondbeweeg en het altyd toegang tot genoeg water.
Skokdrade word gebruik om weistroke te span sodat die beeste aangemoedi­g word om alles voor die voet te vreet en nie selektief te wei nie. Die drade word ’n hele paar keer bedags vorentoe geskuif. Beeste kan steeds na agter in die kamp wei en rondbeweeg en het altyd toegang tot genoeg water.
 ?? Die wonder van UHDSB. ?? Mnr. André Lund, skrywer van die handleidin­g oor ultrahoëdr­ukstrookbe­weiding,
Die wonder van UHDSB. Mnr. André Lund, skrywer van die handleidin­g oor ultrahoëdr­ukstrookbe­weiding,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa