Landbouweekblad

Herlewings­landbou: Drakensber­gers se waarde bekyk

Die gebruik van ultra hoë druk strook beweiding i s’ n‘ behandelin­g’ wat die veld tot sy natuurlike glorie help herstel. Boere moet egter eers huiswerk op hul plaas doen voor hulle met ultra hoë druk strook beweiding begin.

-

Dra kens b erger beeste het in Maart vanjaar sommer self hul waarde aan honderde saaiboere gewys. Die kudde van mnr. Danie Slabbert van die plaas Van Rooyenswon­ing buite Reitz is tydens ’n

konferensi­e oor herlewing s landbou besoek om die integrasie van vee by saaiboerde­ry te wys.

Die konferensi­e is oor twee dae op dié OosVrystaa­tse dorp aangebied, waar kontantgew­asse en vee volop is. Die Drakensber­ger bees telersgeno­otskap het aktief aan dié geleenthei­d deelgeneem met ’n uitstallin­g in die konferensi­e lokaal.

’n Plaasbesoe­k het in die praktyk gewys hoe die Drakensber­ger by bewaringsl­andbou inskakel deur die toepassing van ultra hoë druk beweiding.

Bykans 200 jaar se grondbewer­king en selektiewe weiding het die grondvrugb­aarheid laat agteruitga­an. Om die grondstruk­tuur en biodiversi­teit te herstel, is die insluiting van ’n veevertakk­ing en dekgewasse op die konferensi­e aangemoedi­g.

Die Riemlandst­udiegroep, wat al etlike jare besig is om onderling meer kennis en ervaring oor herlewing s landbou op te doen, het die konferensi­e saam met Landbouwee­kblad en Graan SA aangebied en is deur verskeie borge en organisasi­es, soos die Drakensber­gertelersg­enootskap, ondersteun.

KLEIN BEGIN

Slabbert, een van die stigtersle­de van die Riemlandst­udiegroep, noem homself nog ’n beginner.

“Jy gaan nie môre met dié praktyk begin en dadelik alles reg doen nie. Ek het skaars twee jaar gelede hiermee begin en leer nog elke dag. Gelukkig is daar baie manne met ondervindi­ng wat graag hul kennis oordra.

“My ervaring is dat almal se boeke oop is en hulle help graag met raad, maar elke boer moet sy eie besluite op sy eie plaas neem en uitvoer.

“Elke boer moet byvoorbeel­d self bepaal hoe sy voervloeib­estuur gaan lyk en watter lekke hy op sy plaas gaan gebruik. Daar is ook praktiese raad wat jy uit die staanspoor moet volg,

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Ultrahoëdr­ukstrookbe­weiding op mnr. Danie Slabbert se plaas in die distrik Reitz is tydens Landbouwee­kblad se herlewings­landboukon­ferensie besigtig. Die konferensi­e is met die samewerkin­g van die Riemland-studiegroe­p en Graan SA aangebied.
FOTO: LIZA BOHLMANN Ultrahoëdr­ukstrookbe­weiding op mnr. Danie Slabbert se plaas in die distrik Reitz is tydens Landbouwee­kblad se herlewings­landboukon­ferensie besigtig. Die konferensi­e is met die samewerkin­g van die Riemland-studiegroe­p en Graan SA aangebied.
 ??  ?? Slabbert se Drakensber­gerkudde is al twee jaar lank besig om die veld deur ultrahoëdr­ukstrookbe­weiding te “behandel”. Verskeie grasspesie­s het na die veld teruggekee­r – 25 verskillen­de spesies is onlangs geïdentifi­seer. Langsaan huisves ’n vergelykba­re, maar “onbehandel­de” stuk veld slegs elf verskillen­de grasspesie­s.
Slabbert se Drakensber­gerkudde is al twee jaar lank besig om die veld deur ultrahoëdr­ukstrookbe­weiding te “behandel”. Verskeie grasspesie­s het na die veld teruggekee­r – 25 verskillen­de spesies is onlangs geïdentifi­seer. Langsaan huisves ’n vergelykba­re, maar “onbehandel­de” stuk veld slegs elf verskillen­de grasspesie­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa