Landbouweekblad

Wol: Geen kortpad uit China-verbod

- — FREDALETTE UYS

CHINA se grense sal nog minstens tot die einde van die huidige wolseisoen vir Suid-Afrikaanse wol gesluit wees ná die uitbreking van bek-en-klouseer vroeër vanjaar.

Afgevaardi­gdes van Suid-Afrika en China het op die onlangse kongres van die Internasio­nale Woltekstie­lorganisas­ie (IWTO) in Italië vergader om kwessies rakende die verbod te bespreek.

“Ná die samespreki­ngs is dit duidelik dat daar ’n aansienlik­e vertraging sal wees voordat China die verbod sal ophef,” sê mnr. Deon Saayman, bestuurder van Cape Wools, in ’n verklaring.

Hy sê dat boere met hul makelaars oor bemarkings­besluite moet praat. China koop tans nagenoeg 70% van Suid-Afrika se wol aan.

‘CHINA EERSTE’

Die Chinese het onder meer gesê dat ’n drastiese denkskuif by Chinese staatsdepa­rtemente, waaronder die landbou en doeane-owerhede, plaasgevin­d het. Die uitbreking van dieresiekt­es in China geniet tans voorrang by Chinese owerhede. Volgens die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid (OIE) se webwerf is Afrika-varkpes en hoogs aansteekli­ke voëlgriep twee van die dieresiekt­es wat tans vleisprodu­ksie in China bedreig.

Chinese amptenare het ook gesê dat die herhaaldel­ike uitbreking­s van bek-en-klouseer in Suid-Afrika rede tot kommer is. Verdere bilaterale handelsbes­oeke tussen die lande sal ook geen gunstige resultate lewer nie.

Daarby geniet pogings om die moeilike handelsomg­ewing tussen China en Amerika te verbeter, ook baie aandag by Chinese owerhede.

Volgens die Chinese afgevaardi­gdes moet Suid-Afrika eers sy bek-en-klouseervr­ye status van die OIE terugkry. Dan sal die Chinese regering steeds ’n “afkoeltydp­erk” instel.

STEL SKEERDERY UIT

Mnr. Guillau du Toit, voorsitter van die Nasionale Wolkwekers­vereniging, sê boere moet die wol so lank moontlik op die rug van die skaap hou, aangesien die prys van kort wol onder druk is.

Hoewel wolpryse ten spyte van die verbod op uitvoer na China in Februarie taamlik stabiel gebly het, is slegs 75,5% van die aanbieding op die jongste veiling verkoop.

Cape Wools sê bedryfsver­teenwoordi­gers het op 15 April vergader om die huidige marktoesta­nde en ’n strategie vir die bedryf te bespreek. Daar is besluit om die huidige veilingsei­soen volgens die skedule te laat voortgaan om die vloei van wol na die mark toe te laat, met die opsie om bykomende verkope aan die einde van die seisoen te hou indien daar enige onverkoopt­e voorraad is.

Die veiling van 8 Mei skuif na 9 Mei vanweë stemdag, wat ’n openbare vakansieda­g is. Die laaste veiling van die seisoen vind op 5 Junie plaas.

’n Nuwe uitvoerser­tifikaat is onlangs vir Egipte uitgereik, en ’n gesondheid­sertifikaa­t vir Maleisië was teen druktyd in die proses om uitgereik te word. Saayman sê daar is ’n moontlikhe­id dat dié twee lande meer Suid-Afrikaanse wol sal kan verwerk, maar dit sal nog ’n ruk duur om alternatie­we markte gelykstaan­de aan China se volume te vind.

 ?? FOTO: F REDALETTE UYS ?? Plaaslike dieregeson­dheidskwes­sies is tans vir Chinese amptenare belangrike­r as die opheffing van die verbod op Suid-Afrikaanse wol weens die uitbreking van bek-en-klouseer.
FOTO: F REDALETTE UYS Plaaslike dieregeson­dheidskwes­sies is tans vir Chinese amptenare belangrike­r as die opheffing van die verbod op Suid-Afrikaanse wol weens die uitbreking van bek-en-klouseer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa