Landbouweekblad

Satellietb­eelde wys droogte se verwoestin­g

- ALANI JANEKE

DIE nat en koeler toestande wat die afgelope paar weke oor dele van Suid-Afrika voorkom, was tot voordeel van die baie laat aanplantin­gs oor veral die westelike dele van die land, maar het in ander gebiede gewasse se groei belemmer.

Mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g by Santam Landbou, sê die laer temperatur­e en vogtige toestande oor groot dele van die land “is nie goeie nuus vir sojabone en sonneblomm­e wat nou ryp word nie”.

Volgens weermodell­e sal erge ryp na verwagting nie voor die begin van Mei oor die binneland voorkom nie.

Volgens Graan SA se nuutste verslag oor produksiet­oestande word die stroop van sojabone in Mpumalanga vertraag weens die nat toestande. Die gebied ervaar ’n “baie moeilike sojaboonse­isoen” en die verwagting is dat opbrengste oor die algemeen ondergemid­deld gaan wees, met goeie opbrengste hier en daar. Daar is ook ’n lae risiko dat die sojabone kan oopspring weens die weerstoest­ande.

Swaar neerslae oor dele van KwaZulu-Natal vertraag ook dáár die stroop van sojabone, met sekere gebiede wat reënval van 100 mm tot 180 mm binne twee weke gemeet het. Graan SA sê hael het plek-plek groot skade aan somergewas­se in die provinsie aangerig. Die verwagting is dat opbrengste oor die algemeen gemiddeld sal wees, met ’n hoë risiko vir ryp op laat aangeplant­e mielies.

DROOGTE

“Droogtetoe­stande het sy tol geëis in Noordwes, en ondergemid­delde opbrengste word oor die algemeen vir somergrane verwag,” lui die verslag verder. Die goeie, wydverspre­ide reën van die algelope paar weke was wel van groot waarde, aangesien die grootste deel van die provinsie se grane laat aangeplant is. Die koeler weerstoest­ande kan egter die groei daarvan belemmer.

In die noordweste­like en sentrale dele van die Vrystaat word ondergemid­delde opbrengste vir sojabone verwag weens ’n “baie swak” seisoen, sê Graan SA. “Hoewel sonneblomm­e mooi vertoon, word ondergemid­delde opbrengste oor die algemeen in dié gebiede verwag. Die onlangse reën is wel voordelig vir die laat aanplantin­gs.”

Boere in dié dele is ook bekommerd oor moontlike rypskade omdat die meeste mielies baie later as gewoonlik aangeplant is.

In die Oos-Vrystaat word ondergemid­delde tot gemiddelde opbrengste oor die algemeen vir somergewas­se verwag, met vroeë mielies wat die afgelope seisoen baie stremming weens droogtetoe­stande ervaar het. Die gebied ervaar ook ’n swakker sojaboonpr­oduksiesei­soen. Produsente behoort binne die volgende twee tot drie weke sojabone te begin stroop, mits die weer dit toelaat.

Die reën wat oor die gebied voorkom, dra by tot gunstige vogtoestan­de, wat baie voordelig is vir meer koringaanp­lantings gedurende die winter.

LIMPOPO EN NOORD-KAAP

Die somerseiso­en vir somergewas­se het ’n moeilike begin in Limpopo gehad, met veral sorghumen sonnebloma­anplanting­s op droëland wat droogtestr­emming ervaar het. Ondergemid­delde opbrengste word oor die algemeen vir droëland- en besproeiin­gsaanplant­ings verwag, met nat toestande wat die sojaboonst­roopproses vertraag. “Sojabone begin reeds oopspring, wat verdere skade veroorsaak,” sê Graan SA.

Gemiddelde opbrengste word oor die algemeen in die somersaaig­ebiede van die Noord-Kaap verwag, met goeie, wydverspre­ide reën wat oor dié gebiede voorgekom het en mielies en sojabone wat mooi vertoon.

Die uitwerking van droogtetoe­stande vir die huidige seisoen oor dele van die Vrystaat en Noordwes is duidelik sigbaar op satellietb­eelde van die Amerikaans­e departemen­t van landbou.

Op versoek van Silostrat het dié departemen­t satellietb­eelde van die gebied op 31 Maart 2018 vergelyk met beelde van 31 Maart 2019. –

 ?? BEELDE MET VERGUNNING VAN SILOSTRAT ?? Satellietb­eelde wat Silostrat van die Amerikaans­e departemen­t van landbou bekom het, wys duidelik watter swaar tol die afgelope somer se swak reën geëis het.
BEELDE MET VERGUNNING VAN SILOSTRAT Satellietb­eelde wat Silostrat van die Amerikaans­e departemen­t van landbou bekom het, wys duidelik watter swaar tol die afgelope somer se swak reën geëis het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa