Landbouweekblad

Jy kán mielies vinnig plant

Heelwat vooruitgan­g is al gemaak oor presisiepl­ant, beter spasiëring en plantspoed. ’n Veelseggen­de studie wys wat is die optimale plantspoed – en ook wanneer té haastig plant teenproduk­tief begin raak.

-

Met vanjaar se mielieoes in die skemer van sy bestaan, is dit byna tyd om aan die volgende oes te begin dink.

Die Universite­it van Ohio se landbouvoo­rligtingsa­fdeling publiseer jaarliks sy eFieldsver­slag met proefresul­tate van mielie, sojaboon en ander akkerbouge­wasse.

Dié proewe beslaan die “standaard”kultivar, stand en bemestings­proewe, maar sluit ook toetse op die nuutste tegnologie in.

Een van die interessan­te studies wat vanjaar ingesluit is, is die resultate van ’n hoëspoedmi­elieplants­tudie.

In die strewe tot toenemende produktiwi­teit het die wydte van mielieplan­ters die afgelope 50 jaar voortduren­d toegeneem totdat die praktiese maksimumwy­dte in 2009 bereik is met die bekendstel­ling van John Deere se DB120plant­er.

Met 48 rye gespasieer teen 76,2 cm dek dié kolossale planter 36,57 m per gang.

Daarna het vervaardig­ers hul klem verskuif na die verhoging van plantspoed.

In 2017 het Väderstad byvoorbeel­d opspraak gemaak toe hy

502,05 ha mielies in 24 uur geplant het met sy 16 ryplanter (0,762 m) wat teen ’n gemiddelde spoed van 20 km/h tot 22 km/h getrek is. Volgens Väderstad is slegs 0,35% dubbelpitt­e geplant, 1,21% is oorgeslaan en die spasiëring­skoëffisië­nt van variasie was 24,3%, wat die variasie van die gemiddelde aandui.

BETER SPASIËRING

Verlede jaar het navorsers aan die Universite­it van Ohio die impak van plantspoed op mielieopko­ms en opbrengs getoets. Daarvoor het hulle ’n 16 ry (0,762m) planter gebruik wat met Precision Planting se SpeedTube toegerus is. Met dié stelsel word die

standaards­aadbuis met ’n spesiale “saadhyser” vervang wat die sade individuee­l met ’n elektries aangedrewe vingerband na die grondopper­vlak vervoer.

Sodoende skakel dit die probleem van standaards­aadbuise uit waar die spasiëring swakker word met ’n toename in spoed omdat die sade toenemend aan die kante van die saadbuis bons.

Gevolglik moet plantspoed tot minder as 8 km/h beperk word.

Verder verseker die SpeedTube ook dat mieliesade die plantvoor teen die grond(plant) spoed bereik, wat keer dat dit in die voor rondbons.

Binne Ohio se proef is vyf plantspoed­e van 8 tot 24 km/h getoets. Dit is vyf keer op die land herhaal om ’n gemiddelde effek te bepaal.

Die teikenstan­d was 74 000 plante per hektaar met ’n druk van 68 kg per ry en die proef het 40 ha beslaan.

Soos verwag, het hoër plantspoed­e swakker gevaar, maar interessan­t genoeg was die ongunstige uitwerking eers teen ’n spoed van 24 km/h statisties beduidend.

Dit was dus eers teen die 24 km/hkerf moontlik om statisties te bewys dat dit ’n ongunstige impak op stand en opbrengs het. Gevolglik kan ’n mens tot die gevolgtrek­king kom dat ’n plantspoed van 8 km/h tot 20 km/h gehandhaaf kan word sonder dat dit die opbrengs benadeel.

Myns insiens kan plantspoed en produktiwe­it dus veilig verdubbel word vanaf 8 tot 16 km/h. Dít is ’n merkwaardi­ge resultaat.

Die eFieldsver­slag gee ook die resultate van studies op trekker en planterwie­lverdigtin­g, sukses met stelsels wat die druk per planteenhe­id varieer en vele meer.

Dit is beslis die moeite werd om vanjaar se verslag hier af te laai: https://digitalag.osu.edu/ efields

Sien die SpeedTube van Precision Planting in aksie: https://bit.ly/2VyPIZd

Vir nog inligting oor die

John Deere-planter: https://bit. ly/2UqzBjX

Dr. Jan C. Greyling is ’n boer, navorser, landbou-ekonoom en dosent aan die Universite­it Stellenbos­ch. Hy het pas sy doktorsgra­ad aan die US behaal. Sy tesis het gehandel oor die produksie en produktiwi­teit van mielieverb­ouing in Suid-Afrika en die invloed wat veranderen­de landboubel­eid in die twintigste eeu daarop gehad het, met spesifieke verwysing na die ruimtelike implikasie­s.

 ??  ?? Precision Planting se SpeedTube waarmee standaards­aadbuise vervang word. BRON: PRECISION PLANTING
Precision Planting se SpeedTube waarmee standaards­aadbuise vervang word. BRON: PRECISION PLANTING
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? John Deere se DB120-planter wat in 2009 in Amerika bekend gestel is. Dié planter dek 36,57 m, aangesien dit 48 rye het wat op 0,76 m gespasieer is
John Deere se DB120-planter wat in 2009 in Amerika bekend gestel is. Dié planter dek 36,57 m, aangesien dit 48 rye het wat op 0,76 m gespasieer is
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa