Landbouweekblad

Dok Faffa: Dié 4 dinge bepaal veebedryf se toekoms

Wêreldveea­rtsdag word op 27 April gevier. Een van die grootste vaandeldra­ers vir die beroep is dr. Faffa Malan, die man agter die miljoene bladlese op Vra vir Faffa op Landbou.com en boeke waarvoor gevestigde en nuwe boere lang toue staan.

- NAVRAE: E-pos: dokfaffa@nashuaisp.co.za; 082 908 8666.

Lekker boer!” het al volksbesit geword sedert die beminde veearts dr. Faffa Malan begin het om sy bydrae op die TV-program Landbou“Lweekliks

met dié woorde af te sluit nadat hy kykers praktiese raad oor dieregeson­dheid gegee het.

Ongeag waar hy in die landbouwêr­eld beweeg, ken baie hom, en dié wat nog nie blad geskud het nie, wil hom graag ontmoet.

Malan se innemende geaardheid en die wyse raad van sy en sy span landbouken­ners is die suksesgehe­im van die rubriek Vra vir Faffa op Landbou.com, met meer as 11 miljoen besoeke.

Hy het in Pretoria grootgewor­d, waar hy aan die Laerskool Pretoria-Oos en die Afrikaanse Hoër Seunskool onderrig is. Daar het deelname aan die Voortrekke­rbeweging reeds ’n groot rol in sy lewe begin speel, want hy het daarvan gehou om dinge in groepsverb­and te doen. “Dit maak jou sterker as jy dinge saam met groepe geesdrifti­ge mense doen.”

MALAN WORD VEEARTS

Die saadjie om ’n veearts te word is reeds in graad 10 deur prof. Danie Joubert, sy peetpa, gesaai deur hom vir dié beroep te inspireer. Joubert was later rektor van die Universite­it van Pretoria. Malan se pa, Francois, was ’n bestekopne­mer en ingenieur, en sy ma, Bessie, ’n onderwyser­es.

Ná weermag, waar Malan as infanteris die rang van sersant gehad het, is hy na die Universite­it van Pretoria vir sy B.VSc.-studie. Hy het aan die einde van sy eerste jaar keuring vir veeartseny­studies gekry. Daardie jaar is net 36 studente gekeur teenoor vandag se meer as 200. (Hy was ook nog 30 jaar as medic by die kommandost­elsel betrokke.)

Nadat hy in 1968 klaar gestudeer het, het Malan eers by die bakteriolo­gie-afdeling van Onderstepo­ort se veterinêre instituut gewerk

voordat hy die private sektor betree en vanaf 1970 saam met drr. Sybrand van den Berg en Toit Malan op Vrede as veearts gaan werk het. Hulle het groot dele van die OosVrystaa­t en Mpumalanga bedien en later ’n dierehospi­taal gebou.

NAVORSING OOR PARASIETE

Einde 1977 het hy by die dieregeson­dheidsmaat­skappy Hoechst se navorsings­eenheid op Malelane gaan werk, wat later na Intervet en Intervet-Schering Plough verander het en tans as MSD bekend is. Malan was 25 jaar lank die navorsings­bestuurder van die Malelane-navorsings­eenheid. Daar het hy en sy span navorsing oor in- en uitwendige parasiete gedoen deur middels te toets en nuwe middels te ontwikkel. Saam met dr. Neil Fourie is middels soos Panacur, Delete All, Unidose, Solution, Fluxacur, Nem-A-Rid en Ex-A-Lint geëvalueer en ontwikkel.

“Die navorsings­eenheid is langs die Krugerwild­tuin. Die wilde diere word nie teen parasiete behandel nie en baie van hulle is met bosluise oortrek. Sommiges vrek, maar die sterkstes oorleef. Sulke diere kom ook op plase voor. Boere moet hulle identifise­er, want hulle het die vermoë om die parasiete se gevolge af te weer,” sê Malan.

Sebras het byvoorbeel­d tot 124 miljoen inwendige parasiete, maar hulle is altyd spekvet. ’n Boer kan byvoorbeel­d sy skape se mis laat ontleed om die getal wurmeiers vas te stel. “Die diere in dieselfde trop wat minder wurmeiers as die ander het, is die diere waarmee hy moet boer vanweë hul natuurlike vermoë om te oorleef.”

FAMACHA-KAART ONTWERP

Dit is hoe die Famacha-kaart tot stand gekom het. Skape wat nie saam met haarwurms kan lewe nie, ontwikkel bloedarmoe­de wat aan die kleur van die oogslymvli­es gesien kan word. As dit helderpien­k of rooi is, beteken dit die dier is aangepas. Hoe ligter die kleur is, hoe erger is die besmetting.

Malan het lank saam met dr. Jan van Wyk en prof. Gareth Bath, eens albei aan die fakulteit veeartseny­kunde by Onderstepo­ort verbonde, navorsing daaroor gedoen. Hulle het ’n stelsel ontwikkel om haarwurmbe­smetting (en weerstandi­gheid) by vee op grond van die oogslymvli­es se kleur met ’n kleurkaart te meet. Dit is op Bath se aanbevelin­g die Famacha-kaart (Francois Malan Chart) genoem. Dié kaart word oral in Suider-Afrika en in die buiteland gebruik.

Hulpmiddel­s soos dié hou boere op hul grond. “’n Veearts speel in die hedendaags­e omstandigh­ede ’n belangrike rol om die landbousek­tor te help om voedselsek­erheid te verbeter en veilige voedsel te lewer. Ongelukkig word boere in sommige kringe vir alles en nog wat geblameer, soos dat hulle kwansuis té veel water, veemiddels en kunsmis gebruik en dat hul diere die omgewing en die atmosfeer besoedel. Dis egter aan sulke mense wat ons vra: Hoe kan jy die boer met jou mond vol kos kritiseer?

“Daarom probeer ek deur my beroep om die landbou se belangrike rol te beklemtoon; wat boere alles doen om seker te maak mense het kos om te eet.”

Dié taak is veral sedert 2008 in die kollig toe hy op 63-jarige ouderdom afgetree het, nadat hy ook by MSD se hoofkantoo­r in Spartan, Johannesbu­rg, as bemarkings­bestuurder gewerk het. Hy is nog op ’n kontrakbas­is by Malelane betrokke en lei daar en elders in Suid-Afrika en Namibië jaarliks sowat 500 mense, soos koöperasie­personeel, in parasietbe­kamping op sodat hulle kundige raad aan boere kan gee. Hy tree ook op boeredae en by diereforum­s op.

VIRTUELE VEEARTS

Ná sy aftrede het Malan ook ’n virtuele veearts geword met sy betrokkenh­eid by Landbouwee­kblad se webwerf. Dit het begin met ’n gesprek in 2005 met Jan Bezuidenho­ut, destydse hoof van Landbou.com, waarna hulle saam met Intervet besluit het om ’n vraag-en-antwoordru­briek op Landbou.com te begin, genaamd Vra vir Faffa.

Dit bestaan uit praktiese oplossings vir haas elke probleem. Daar is reeds sowat 4 000 oplossings wat deur Malan en talle ander kundiges geskryf en 11 miljoen keer gelees is.

Malan sê hierdie suksesse is danksy

die skep van kommunikas­iekanale sodat mense met mekaar kan praat, wat op sy beurt die weg vir samewerkin­g baan. “Kyk net hoe gou die probleem met bek-en-klouseer naby Makhado en Polokwane verlede jaar beperk is. Private en staatsveea­rtse, asook produsente-organisasi­es (boere) en landbouorg­anisasies het blitsig ná die uitbreking vergader om te besluit hoe die siekte bekamp moet word.”

Die nasionale dieregeson­dheidsforu­m is betrek en die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa) was ook deel van die eendragtig­e spanpoging. “Dié samewerkin­g was vir my die groot waarde.”

Dit het die weg vir verdere samewerkin­g gebaan.

Hy sê Landbouwee­kblad se grondberaa­d saam met Agri SA op Bela-Bela verlede jaar wys óók hoeveel waarde samewerkin­g vir Suid-Afrika inhou. Die landbousek­tor is in staat om baie werksgelee­nthede te skep. Dit moet met opleiding gepaardgaa­n. Daar is baie opkomende boere en die doel is om hulle van bestaansbo­erdery weg te kry tot op kommersiël­e vlak.

“’n Boer is nie meer net ’n boer nie, maar ’n bestuurder.”

WAT HET ALLES VERANDER?

Die landbou het baie verander sedert hy veearts geword het, sê Malan. Vandag staan die landbou midde-in ’n inligtings- en tegnologie­revolusie. Boere kan baie inligting op die internet bekom. Veeartse moet ook daarby aanpas deur byvoorbeel­d van die behandelin­g van individuel­e diere tot op ’n meer omvangryke grondslag uit te brei – dus op kudde- en selfs ’n breër grondslag.

“Dit gaan oor kuddegeson­dheid en die ekonomiese verbeterin­g van ’n hele boerderyst­elsel, byvoorbeel­d met navorsing oor genomika wat nou momentum kry om die aangesig van veeteelt te verander. Boere kry dus toegang tot diere met genomiese teelwaarde­s waarmee hulle nie net sekere eienskappe versterk nie, maar ook bepaalde swak punte kan uitskakel.”

Die verbeterin­g van entstowwe val ook in daardie klas. Nogtans kom siekte-uitbreking­s steeds voor omdat sekere boere dit nie wil gebruik nie of nie reg gebruik nie. In dié opsig het veeartse ’n belangrike opleidings­taak. “As Suid-Afrika ’n naspeurbaa­rheidstels­el en bewegingsb­eheer gehad het, sou die bek-en-klouseerui­tbreking in Limpopo nie gebeur het nie.

“Die nuwe geslag boere moet daarop verbeter deur die beskikbare tegnologie toe te pas. Die benadering om gedurig vure dood te slaan, is nie meer nodig nie. Tree eerder verstandig en voorkomend op.”

WEERSTAND TEEN ANTIBIOTIK­A

Die grootste hedendaags­e bedreiging is weerstand teen antibiotik­a – nie net by diere nie, maar ook by mense. Bakterieë (en dus siektes) wat tot dusver suksesvol deur dié middels bestry is, bou nou weerstand op. ’n Internasio­nale span kundiges is besig met ’n ondersoek onder die vaandel van die Antibiotic­s Stewardshi­p-program (deel van die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie). Drastiese stappe is noodsaakli­k om antibiotik­a sinvoller te gebruik.

“Suid-Afrika se dieregeson­dheids- en mediese bedryf werk nóú saam. Dis ons grootste taak vir die toekoms. Mens en dier het dieselfde kieme. Daar is reeds ’n verbod op sekere antibiotik­a vir dieregebru­ik om dit eksklusief vir mense te hou,” sê Malan.

Die tweede taak is onbekende siektes en ongeïdenti­fiseerde virusse. “Voortduren­de navorsing is noodsaakli­k.”

SOÖNOSES SE BEDREIGING

Die derde stryd is teen soönotiese siektes – siektes wat tussen diere en mense oorgedra word. Brucellose is die “modelsiekt­e” wat die meeste voorkom en waarvoor ’n bestuurstr­ategie ontwerp is. Ondanks die mens se kennis daarvan en die skade wat dit aanrig, neem brucellose egter steeds toe onder vee.

“Dit lyk vir my sommige boere steur hulle nie daaraan nie. Ons het goeie wetgewing wat sulke siektes kan bekamp en vereis dat dit by die staat aangemeld moet word, maar brucellose woed steeds voort. Bekamping is nie net die staat se probleem nie, maar elke boer s’n. Dis húlle wat daaronder ly. As ’n boer biosekerhe­id reg toepas deur byvoorbeel­d lyndrade in stand te hou en nie vee uit onbetrouba­re bronne aan te koop nie, sal hy sélf voordeel trek,” sê Malan.

Malan beskryf die bekampings­maatreëls as die drie H’s: Hekke, heinings (hou dit heel en toe) en harsings (gebruik jou verstand).

Biosekerhe­id strek selfs wyer. ’n Mooi bees op ’n veiling kan brucellose, trichomono­se of weerstandi­ge bosluise hê. Die boer moet dus altyd aan dieregeson­dheid dink. “Ongelukkig is daar dikwels die versoeking om stilletjie­s van siek diere ontslae te raak. Só word die siekte verder versprei.”

NASPEURBAA­RHEID SE ROL

Die vierde taak is naspeurbaa­rheid. “Ons het geweet bek-en-klouseer gaan die een of ander tyd uitbreek. Voorkoming­smaatreëls is nie goed genoeg nie, want diere kan van een distrik na ’n ander geneem word sonder dat opgetekend­e data daarvan bestaan. Die probleem is dat Suid-Afrika nie behoorlike naspeurbaa­rheid het nie. Dit is uiters belangrik dat die land so ’n stelsel kry soos wat

in Namibië en Botswana geld, waar alle vee volgens wet behoorlik gemerk moet word om identifise­ring te verseker.

“Die stelsel sal landwyd verseker die beweging van diere kan deeglik gemonitor word om die verspreidi­ng van siektes te beperk. Dis hoekom Namibië en Botswana groot uitvoerder­s van rooivleis is – hulle pas naspeurbaa­rheid toe.”

Nadat Suid-Afrika sy bek-en-klouseervr­ye status verloor het, het vleispryse boonop gedaal. “Elke veeboer het gevolglik daaronder gely.”

GROOTSTE VERANDERIN­GE

Suid-Afrika se veeartse is uiters kundig en baie vir veeboere werd. Party boere wil egter nie geld bestee nie en vra eerder raad by ander mense, dikwels met slegte gevolge. Dit frustreer Malan as mense op sosiale media oplossings soek en soms onsinnige raad kry. As hulle net een dier met ’n veearts se besoek kon red, sou dit reeds die koste gedek het.

Sommige mense raak kwaad wanneer ’n veearts soms nie ’n diagnose oor die telefoon wil maak nie. “’n Veearts mag egter nie sommerso ’n diagnose sonder ’n persoonlik­e verhouding met die boer en kennis van sy veeboerder­y maak nie.”

Nóg ’n bron van kommer is boererate en brousels. Dit kan meer skade aanrig as om die dier gesond te maak. “Sal jy die raad vir jou of jou gesin gebruik? Gebruik eerder middels wat wetenskapl­ik ontwikkel en deur die registrate­ur van veemiddels goedgekeur is.”

DIE PAD VORENTOE

Malan word in Julie 74 jaar oud, maar verstadig nie sy pas nie. Hy het wel amptelik afgetree, maar werk nog volstoom deur Vra vir Faffa te behartig, aan Landbouwee­kliks deel te neem, praatjies op boeredae te lewer en mense by Malelane en elders op te lei.

Hy het baie bevredigin­g uit sy loopbaan geput. Een van sy hoogtepunt­e was toe Landbouskr­ywers SA hom in 2007 as nasionale Landboukun­dige van die Jaar aangewys het.

“Dit het my die geleenthei­d gebied om die beste boere in die land te leer ken en vriende te maak.”

Nóg ’n hoogtepunt was toe hy as voorsitter van Southern Hemisphere Product Enhancemen­t and Developmen­t (Spead) geword het, ’n liggaam wat betrokke was by die ontwikkeli­ng van nuwe middels.

As bestuurder van Ruvasa werk hy nou saam met veeartse in sowat 150 praktyke en laboratori­ums wat maandeliks aan hom verslag doen oor siektes.

“Ek is ’n pensioentr­ekker en staan in niemand se pad nie. Ek is bloot besig om terug te gee wat ek in my beroep ontvang het. Indien ek elke dag ’n verskil in iemand se lewe kan maak, is ek gelukkig. As ’n mens immers iets kan gee, ontvang jy baie meer. Ek het ’n goeie verhouding met mense op alle vlakke van die samelewing. Daarvan getuig my byna 5 000 kontakte op Facebook. Almal is deel van my netwerk kennisse en kundiges met wie ek saamwerk.

“Om lewens te red, is my groot beloning. Daarom wil ek nog onbepaald ’n rol speel.”

‘Deur my beroep beklemtoon ek boere se belangrike rol . . . wat boere alles doen om seker te maak mense het kos om te eet.’

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Die plek waar Malan op sy gelukkigst­e is: In die natuur.
FOTO: LIZA BOHLMANN Die plek waar Malan op sy gelukkigst­e is: In die natuur.
 ??  ?? Dr. Faffa Malan by beeste in die veld tydens ’n opname vir Landbouwee­kblad se gewilde TV-program Landbouwee­kliks.
Dr. Faffa Malan by beeste in die veld tydens ’n opname vir Landbouwee­kblad se gewilde TV-program Landbouwee­kliks.
 ??  ?? Die Famacha-kaart wat Malan ontwerp het.
Die Famacha-kaart wat Malan ontwerp het.
 ??  ?? Dok Faffa (regs) is ’n bekende op boeredae en landbou-ekspo’s, soos hier op Nampo. By hom is mnr. Breyten Milford van Agri-Expo.
Dok Faffa (regs) is ’n bekende op boeredae en landbou-ekspo’s, soos hier op Nampo. By hom is mnr. Breyten Milford van Agri-Expo.
 ??  ??
 ??  ?? Malan eindig altyd sy bydraes op Landbou
weekliks met: “Lekker boer!” Dit staan ook agterop sy kakiehemp.
Malan eindig altyd sy bydraes op Landbou weekliks met: “Lekker boer!” Dit staan ook agterop sy kakiehemp.
 ?? ANIMAL HEALTH FOTO: MSD ?? Dr. Francois “Faffa” Malan ry ’n skaaplam aan op sy fiets tydens sy dienstydpe­rk by die Malelane-navorsings­eenheid.
ANIMAL HEALTH FOTO: MSD Dr. Francois “Faffa” Malan ry ’n skaaplam aan op sy fiets tydens sy dienstydpe­rk by die Malelane-navorsings­eenheid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa