Landbouweekblad

Plaasveili­gheid: Die voorsprong van opleiding

- NAVRAE: Mev. Magda du Toit, e-pos: magda.dutoit@bayer.com

Geel blare kan byvoorbeel­d op ’n stikstofte­kort dui. “Party boere sê hulle het nie so iets nodig nie of kan dit nie bekostig nie. Dié soort diens raak egter gaandeweg goedkoper.”

RESIDUBEST­UUR BELANGRIK

Die buiteland is sterk gekant teen residu van sekere chemikalie­ë op produkte wat deur boere geprodusee­r word. Almal in die waardekett­ing moet dus deeglik aandag aan residubest­uur gee.

Mnr. André Broeksma, hoof van produkontw­ikkeling en -registrasi­e by Bayer, sê daar kan nie langer nét met chemiese gewasbeske­rming aangegaan word nie. Sommige produkte wat daarmee behandel word, word uitgevoer, en die klem op residu op produkte word ál groter. Dit is dus tot op plaasvlak belangrik om residubest­uur toe te pas.

Pasgemaakt­e oplossings is nodig om ’n boer se produktiwi­teit te verhoog. Dit begin by kultivars wat by ’n betrokke streek aangepas is, met ’n hoë opbrengsve­rmoë. Die saad moet behandel word om dit teen plae en aalwurms in die grond te beskerm.

Onkruidbes­tryding moet toegepas word terwyl die plant groei, maar op só ’n manier dat daar nie ’n weerstand teen die middels ontstaan nie. Bayer spits hom gevolglik sterk op biologiese gewasbeske­rming toe, maar die boer het steeds chemiese gewasbeske­rming nodig, anders kan hy nie doeltreffe­nd produseer nie.

Nuwe produkte met nuwe aktiewe bestanddel­e moet dus voortduren­d ontwikkel word. Tot 200 000 bestanddel­e moet geëvalueer word voordat ’n produk die gewenste uitwerking op ’n onkruid het, en oor ’n aanvaarbar­e omgewings- en gesondheid­sprofiel beskik.

Die meeste produkte haal nie die paal nie nie, grootliks as gevolg van regulering­sdruk uit die Europese Unie, wat sulke middels moet goedkeur. Die proses is baie duur, en dit kan tót R2,5 miljard kos om ’n nuwe produk te ontwikkel en bekend te stel.

Sien ook “Beweeg na nuwe bestuursra­t vir oorlewing”, LBW, 5 April 2019, vir buitelands­e kenners se visie oor die toekoms.

 ??  ?? Die teenkantin­g teen residu van sekere chemikalie­ë op veral uitvoerpro­dukte maak dit tot op plaasvlak belangrik om residubest­uur toe te pas.
Die teenkantin­g teen residu van sekere chemikalie­ë op veral uitvoerpro­dukte maak dit tot op plaasvlak belangrik om residubest­uur toe te pas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa