Landbouweekblad

Families moet deeglik beplan

Vermy groot hartseer deur te verseker al die nodige finansiële beplanning is in orde wanneer die volgende geslag die boerdery moet oorneem, hetsy weens dood of siekte.

- NAVRAE: Epos: knel1@oldmutual.com

Boere moet baie struikelbl­okke oorkom. Een van die faktore wat ’n nadelige uitwerking op die landbousek­tor het, en vir boere baie probleme kan skep, is die gebrek aan opvolgbepl­anning ingeval hulle te sterwe sou kom, medies ongeskik sou raak of ernstig siek sou word.

In ’n berig op Graan SA se webwerf is gesê: “Baie van ons land se boerderye word as familie-ondernemin­gs bedryf en vorm dus die fondasie van ons land se landbousek­tor. Wat met familieboe­rderye bedoel word, is dat dit vanaf die ouer geslag na die jonger geslag oorgedra word. Navorsing toon dat familie-ondernemin­gs slegs 30% suksesvol na die tweede geslag en slegs 10% suksesvol na die derde geslag oorgedra word. Dit kan nie regstreeks op die Suid-Afrikaanse landbousek­tor toegepas word nie, maar navorsing toon ook verskeie familiepla­se beland binne 10 jaar nadat die jonger geslag oorgeneem het, in die hande van vreemdelin­ge.”

Hoe voorkom ’n mens dat ’n familiepla­as in die hande van ’n vreemdelin­g beland?

Suksesvoll­e bestuuropv­olging is die antwoord op hierdie vraag. Dit sal beteken dat die een wat die plaas/ondernemin­g oorneem, voldoende opleiding en kontantres­erwes moet ontvang om in staat te wees om die boerdery suksesvol oor te neem en te bestuur.

Goeie finansiële beplanning is nodig om te verseker dat die opvolger van ’n boer nie verplig sal wees om bates te vervreem by die afsterwe of ongeskikth­eid van ’n boer of wanneer die boer ’n gevreesde siekte onder lede het nie. Voorsienin­g moet ook gemaak word vir die nodige kontant en reserwes om die boerdery suksesvol deur die oorgangsfa­se te bedryf.

VOORBEELD

Mnr. A, ’n 45-jarige boer, boer al jare lank op die familiepla­as. Hy wil graag hê sy kinders moet met die familie-ondernemin­g voortgaan indien iets met hom gebeur. Sy seun wil graag saam met sy pa kom boer en eendag die familie-ondernemin­g oorneem.

’n Lening is by die bank uitgeneem om met die finansieri­ng van die produksiek­oste te help. Die bank het verlang dat mnr. A sy plaaseiend­om as sekuriteit bied vir die betaling van die skuld.

’n Lewenspoli­s is uitgeneem om sy skuld af te los en vir sy familie te voorsien, maar geen verdere finansiële beplanning is vir hom en sy gesin gedoen nie. Gevolglik is geen voorsienin­g gemaak vir versekerin­gsdekking in geval van mediese ongeskikth­eid of ’n gevreesde siekte nie.

’n Paar weke nadat mnr. A die lening gemaak het, het hy ’n beroerte gekry en is as gevolg daarvan verlam. Mnr. A is nou nie meer in staat om te boer nie en sy seun het nie genoeg kennis en ondervindi­ng om suksesvol te kan boer nie.

Boonop plaas mnr. A se onderhouds­behoeftes ná sy beroerte nóg finansiële druk op die boerdery. Die lening by die bank kan nie terugbetaa­l word nie en die bank lê beslag op die plaas.

GEVOLGTREK­KING

Indien mnr. A die regte finansiële beplanning gedoen en die regte versekerin­gsprodukte op sy lewe uitgeneem het vir afsterwe, ongeskikth­eid en gevreesde siekte, sou hy dalk sy plaas kon behou.

Hulle kon voorsienin­g vir voldoende kontantres­erwes gemaak het om die skuld by die bank af te los en die boerdery tydens die oorgangsfa­se na die seun toe suksesvol laat plaasvind. Die seun kon ondervindi­ng en kennis van die boerdery opbou danksy die beskikbare likiditeit.

Die meeste mense is geneig om te glo ’n lewenspoli­s is voldoende om vir onverwagte gebeurlikh­ede voorsienin­g te maak, maar die werklikhei­d is dat daar baie ander risiko’s buiten afsterwe is wat finansiële druk op ’n boerdery kan plaas en kan veroorsaak dat die boerdery nie suksesvol na die opvolgende geslagte oorgedra word nie.

Met die regte beplanning en versekerin­gsprodukte kan voorsienin­g gemaak word vir onverwagte gebeurlikh­ede. Die jonger geslag moet vroegtydig leer om hul finansiële beplanning eerste te stel, want die boer is tog die belangriks­te bron van die ondernemin­g. Boere behoort so vroeg moontlik in hul lewe goeie finansiële beplanning te doen vir hulself, asook vir hul families.

Me. Chantelle Strauss is ’n regsadvise­urbestuurd­er by Old Mutual Persoonlik­e Finansies in die sentrale streek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa