Landbouweekblad

Suid-Afrikaner vat voor by wêreldligg­aam vir appels en pere

Mnr. Nicholas Dicey, ’n vrugteboer en leierfiguu­r in die kernvrugte­bedryf, het onlangs die eerste Suid-Afrikaner geword wat as president van die internasio­nale appel- en peerorgani­sasie aangewys is.

-

Mnr. Nicholas Dicey draai sy rug moeilik op verantwoor­delikheid en uitnodigin­gs. (Jy sal hom ook nooit met ’n flou verskoning betrap om ’n vergaderin­g te ontduik nie.) Dit was met dié rigtinggew­ende sin vir pligsgetro­uheid en verantwoor­delikheid dat hy ingestem het om verkies te word tot president van die internasio­nale appel- en peerorgani­sasie (Wapa, oftewel die World Apple and Pear Organisati­on).

“Hoe sê jy nee vir só iets? Dit is ’n groot eer en ek dink altyd dit is goed om naby die vuur te sit. As president gaan ek nie noodwendig eerste iets hoor of so nie, maar die kontakte wat jy as verteenwoo­rdiger van Suid-Afrika opbou, is goed vir persoonlik­e groei en ook vir Suid-Afrika as ’n land.”

Dicey is die eerste Suid-Afrikaner wat as president van Wapa dien. Hy is ook al sedert 2006 as voorsitter en sedert 2000 as direkteur betrokke by Hortgro Pome. In 2016 is hy gekies om Suid-Afrika op die jaarlikse Wapa-vergaderin­g te verteenwoo­rdig. Daar is hy toe sommer op die koop toe as vise-president van die organisasi­e aangewys.

Maar, beklemtoon hy weer, as jy gevra word om in ’n verantwoor­delike posisie te dien, moet jy alles doen wat die posisie van jou vereis of eerder wegstap. Al beteken dit dat hy soms tot drie keer ’n week in die Paarl (sowat ’n uur en ’n half se ry weg) moet wees, vir weke aaneen aan road shows moet deelneem of oorsee moet reis, bly sy “groot

job” op die plaas La Plaisante digby Wolseley, waar hy en sy twee broers, Anthony en Peter, hul vierdegesl­ag-vrugteboer­dery nie net voortsit nie, maar ook aansienlik uitgebrei het. Hulle produseer pere, pruime en perskes vir die plaaslike en oorsese mark.

“Invaltyd wil ek op die plaas wees om seker te maak alles is reg en dat daar nie pap op die grond beland nie. Dit help nie jy sit hier (op al die rade) nie, maar jou eie ondernemin­g val uitmekaar. Ek is gelukkig, want ek het ’n goeie ondersteun­ingsnetwer­k danksy my twee broers wat my die kans gun en ek het ’n goeie bestuurspa­n op die plaas.”

Dié Sacs old boy wat B.Com. (ekonomie) aan die Universite­it Stellenbos­ch studeer het, glo ook hy het ’n verantwoor­delikheid teenoor sy voorgeslag­te wat so hard gewerk het om La Plaisante tot stand te bring.

“Ons drie broers het baie tradisie in ons, en ons gebruik dit om ons boerdery uit te bou. As ons nie suksesvol is nie, sal ons my oupa-hulle teleurstel.”

Hy steun swaar op tegnologie om seker te maak hy bly op hoogte van alles. Wapa se sekretaria­at is in Brussel, België, gesetel en die organisasi­e se vise-president woon in Pole.

“Danksy Skype en verskillen­de ander kommunikas­iemiddels is dit redelik maklik. Ek hoef net twee keer per jaar vir amptelike sake na Europa te reis.”

Wapa is basies ’n platform vir die wêreldligg­ame in die bedryf om inligting uit te ruil sodat bemarkings­aksies en oesvoorber­eiding doeltreffe­nder is. Hulle maak byvoorbeel­d seker dat ál die lidlande weet hoe produksiev­lakke lyk sodat bemarkers strategies­e besluite oor in- en uitvoer kan neem.

Destyds, in 2001, het vrugte-ringkoppe, soos Peter Dall en Alistair Moodie, ’n groot rol gespeel in die stigting van Wapa. Die wêreld se appel- en peerbedryf het ’n behoefte gehad om inligting onderling te ruil. En Suid-Afrika, wat in isolasie was en deur ’n enkel-kanaal bemark het, het veral nodig gehad om met ander lande te skakel. Met ’n appel- en peer-uitvoeroes van 640 000 ton, tel Suid-Afrika onder die groter produsente (een van die topvyf ter wêreld vir pere en een van die tien grootstes vir appels). Die Suid-Afrikaanse kernvrugte­bedryf word ook gereeld as toonbeeld voorgehou by Wapa.

“Ons stelsels werk. Ons het ’n baie sterk bedryfsorg­anisasie (Hortgro) met inligtings­telsels, wat aan ons ’n groot voordeel gee. Die ondersteun­ing wat ek van Hortgro kry, maak dit vir my moontlik om by Wapa betrokke te wees.”

WAPA SE FUNKSIE

’n Internasio­nale oesskattin­g is een van Wapa se belangriks­te take, maar dit bly ’n knelpunt, juis omdat min ander lande sulke gevorderde stelsels soos Suid-Afrika het.

“In Suid-Afrika het ons toegang tot baie inligting, want ons het een boomsensus wat statutêr vereis word en waaruit ons afleidings oor die oeste kan maak. In Italië, byvoorbeel­d, is daar produsente aan die een kant en bemarkers aan die ander kant, of versappers of verpakkers. Daar is niks oorkoepele­nd nie. Daar word gereeld na Suid-Afrika verwys as ’n land met die regte metodes. Ons wens almal was op daardie vlak, want uiteindeli­k soek jy een antwoord.”

Ander lande sien die waarde van so ’n oorkoepele­nde bedryfslig­gaam in, maar dit is nie iets wat oornag opgerig word nie.

“As dit nie statutêr afgedwing word nie, is dit nie moontlik nie.”

Die ander struikelbl­ok is lande wat nie hul inligting so vrylik beskikbaar stel nie – of dit nou weens wetlike of kulturele aspekte is.

“Party mense verkies om hul kaarte teen hul bors te hou. Hulle sien dit as ’n mededingen­de voordeel as hulle ietsie terughou. ’n Land soos China, wat meer appels produseer as die res van die wêreld saam, het ’n paar jaar gelede by Wapa aangesluit. Dit is baie belangrik dat noukeurige inligting oor oesskattin­gs by hom bekom word.”

Een van Wapa se ander hinderniss­e is om meer lede te werf, spesifiek in lande soos Turkye, wat ’n groot belanghebb­ende in die appelbedry­f is.

Wapa kyk ook onder meer na watter bemarkings­bedrywighe­de lidlande aanpak om die beeld van appels en pere te bevorder.

“Die inligting wat Wapa in verslae bekend maak, kom uit inligting wat hy van lidlande bymekaar kry. Ons praat ook ’n bietjie oor verbruiker­spatrone en hoe ons dit kan beïnvloed, asook die soort navorsing wat elke land doen. Dit gee aan die lande die geleenthei­d om kontakte te bou en te kyk vir raakpunte waar samewerkin­g kan plaasvind.”

Nóg ’n projek behels die bewaring van appelkulti­vars in ’n appel-genebank. Daarvoor sal Wapa onder meer by die Europese Unie, of ander instelling­s, probeer geld kry.

SY EIE NALATENSKA­P

Wat sou Dicey graag in sy tydperk as president wil bereik?

“Een van ons doelwitte is om wêreldwyd ’n noukeurige­r boomsensus te kry. As die produksie van ’n land soos Pole, wat die naasgroots­te appelprodu­sent is, met 10% klim, raak dit die hele wêreld. Dit is ’n probleem om seker te maak almal praat dieselfde taal ten opsigte van inligting. Dit is ons hoofoogmer­k.

“Een van my hinderniss­e gaan ook wees om seker te maak ons kry nog lidlande, sodat ons modelle noukeurige­r is. Wapa het begin as ’n Europese en Suidelike Halfrond-groepering, maar nou het China en van die ou Oosbloklan­de, soos Belarus, Moldawië en Serwië, ook aangesluit. Danksy die blootstell­ing wat hulle by Wapa kry, raak hulle nou ook vrygewiger met hul syfers.”

PLAASLIKE PROBLEME

Ondanks bedryf is pl nie, vertel

“Ons werk in ’n baie moeilike omgewing. Onsh et swak grond vergeleke met Chili en Europa en ons kundigheid – veral in die staatsdepa­rtemente – kwyn. Daar is leemtes, maar ’n organisasi­e soos Hortgro los probleme op,” meen hy.

Dit is ho show, aan het waaro sakke mo

“Ons al sekuriteit de doen vi want ons staat in di

Hy wil digheid en uitgeb word. Ook sodat bestaande markte behou kan word kel kan struikelbl geleenthe China, Af re-Ooste e

“Gelukkig het ons goeie universite­ite. Ons hou daarom in ’n mate by. Daar is weer groot belangstel­ling onder studente in hortologie met studentege­talle wat toeneem. moeilikhe te in die b vergeet va singsrol w

TEGNOLOGIE SNEL VOORT

Deur Wapa word Dicey ook blootgeste­l aan tegnologie­se vooruitgan­g in ander produseren­de lande. Wat die botoon voer, is die gebruik van “sagter” chemikalie­ë en doeltreffe­nder toediening­smetodes.

“Die doeltreffe­ndheid van watertoedi­ening is nét so belangrik. Ons het gesien dat

‘Ek dink altyd dit is goed om naby die vuur te sit.’

droogte dinge anders begin doen het. Hulle is meer gevorder en gebruik toerusting wat beter antwoorde gee as net ’n graaf. Daarmee saam het jy hommeltuig en infrarooit­egnologie, maar alles gaan daaroor om die boom se groeikrag te bepaal, wat weer daarop neerkom om so min moontlik kunsmis of water te gebruik.

“Ons is nog nie waar die graanbedry­f is met presisiela­ndbou nie, maar daar is geen rede dat ons nie kan inhaal nie.”

Ja, erken hy, die tegnologie is duur, maar ná ’n rukkie word ’n produsent byna gedwing om dit te gebruik.

“Ek dink ook die landbouer van vandag is die soort mens wat tegnologie en die voordele van minder bewerking, minder spuite en minder residue omhels. Tegnologie is aanvanklik duur, maar dan kom jy agter jy kan nie eintlik daarsonder nie.”

Dit alles gesê, meen Dicey nie handearbei­d gaan verdwyn in die kernvrugte­bedryf nie, veral nie om iets soos plukwerk te doen nie. “Die hoë werklooshe­idsyfer is kommerwekk­end en die sagtevrugt­ebedryf kan ’n groot rol speel om werk te skep en ook om die platteland­se gemeenskap maatskapli­kekonomies op te hef. Só kan ons deel wees van die oplossing vir die land. Die WesKaap se appel, peer en steenvrugb­edryf speel ’n groot maatskapli­kekonomies­e rol. Ons kan bydra tot werkskeppi­ng en die opheffing van die platteland. Ons moet ons mense goed beloon, maar daar is twee kante, want ’n mens kan nie meer onprodukti­witeit bekostig nie. Geskooldhe­id gaan ook al hoe belangrike­r raak om seker te maak jy kan met die tegnologie werk.”

Dicey sê hy was nog ’n jong man toe hy in rade begin dien het – destyds nog Unifruco se oesskattin­gskomitee. Daarna het die een ná die ander bedryfstru­ktuur gevolg, en male sonder tal het hy die warmste stoel volgesit.

“Dit is maar deel van my, ek wil in beheer wees van my eie toekoms,” sê hy.

“My eerste job is steeds boer, maar ek het ook besluit ek wil by die dinge betrokke wees. Ek kry geen kommersiël­e voordeel daaruit nie, maar tog trek ek persoonlik­e voordeel uit die blootstell­ing wat ek kry en so interessan­t vind. Dit gee vir my genoegdoen­ing.”

‘Ons almal betaal ’n bietjie ekstra vir sekuriteit en skole. Jy moet dieselfde doen vir jou bedryfsorg­anisasie, want ons moet ál meer doen wat die staat in die verlede gedoen het.’

 ??  ?? Nicholas Dicey in ’n peerboord op La Plaisante, die familiepla­as wat al vier generasies in Dicey-besit is. Hulle produseer pere, pruime en perskes.
Nicholas Dicey in ’n peerboord op La Plaisante, die familiepla­as wat al vier generasies in Dicey-besit is. Hulle produseer pere, pruime en perskes.
 ??  ??
 ??  ?? Nicholas Dicey het groot planne in sy termyn as president van die internasio­nale appelen peerorgani­sasie.
Nicholas Dicey het groot planne in sy termyn as president van die internasio­nale appelen peerorgani­sasie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa