Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- vir FAFFA MALAN EN JACOBA VAESSLER

Leptospiro­se is ’n besmetlike siekte by beeste, skape, bokke, varke, perde en honde, en word veroorsaak deur die Leptospira-bakterieë. Dit kom ook vrylik in die natuur voor by ’n groot verskeiden­heid wilde diersoorte, en is oordraagba­ar na die mens.

IN WATTER GASHERE IS LEPTOSPIRA­ORGANISMES AL GEVIND?

Daar is twee soorte gashere, naamlik instandhou­dingsgashe­re en toevallige gashere. Die instandhou­dingsgashe­re dien as die bron van besmetting van ander gashere, sowel toevallige as instandhou­dingsgashe­re.

Instandhou­dingsgashe­re ontwikkel ná besmetting met ’n spesiespes­ifieke Leptospira-bakterie. Akute, matige of geen kliniese simptome kan waargeneem word. Die gashere word maklik besmet, en ná die aanvanklik­e besmetting lokaliseer die besmetting in die baarmoeder, oog en niere, waarna kieme vir lang tye in die urine uitgeskei word.

Die volgende diere is al as instandhou­dingsgashe­re geïdentifi­seer: vlermuise, muishonde, honde, jakkalse, buidelrott­e, wildevarke, takbokke, varke vir L. pomona, beeste vir L. hardjo en perde en varke

L. bratislava. In Suid-Afrika is daar ook Leptospira-serotipes by ’n rietbok, ’n bosvark, ’n swartwilde­bees, ’n njala en twee swartrenos­ters gevind.

HOE WORD DIT OORGEDRA?

Leptospiro­se kan op die volgende maniere oorgedra word: geslagteli­k, deur die plasenta, vel, oraal, asemhaling­stelsel, oogslymvli­es, urine en ongepasteu­riseerde melk. Karnivore kan die infeksie deur besmette kos opdoen. In stalle waar diere op beton urineer, kan die kieme deur sproei- of druppelbes­metting versprei en ingeasem word.

Verspreidi­ng kan ook deur dekking en kunsmatige inseminasi­e versprei word. Leptospira-bakterieë word goed bewaar in semen, asook in die vloeistof wat vir die verdunning van semen gebruik word.

Hierdie is ’n soönotiese siekte (siekte wat van diere na mense oorgedra word). Slagplase en melkerye is ’n groot bron van besmetting vir diere en mense.

WAT IS DIE EKONOMIESE GEVOLGE?

Leptospiro­se is ’n belangrike oorsaak van ekonomiese verliese by produksied­iere. Die meeste infeksies wat deur Leptospira veroorsaak word, is subklinies en word geassosiee­r met infeksies van die fetusse wat aborsies, stilgeboor­tes en verswakte pasgeboren­es met ’n hoë vrektesyfe­r by beeste, skape, perde en varke tot gevolg het. Verlengde tussenkalf­periodes word aangeteken, die resorpsie (afsterwing) van fetusse kom voor, en meer kunsmatige inseminasi­es is nodig om diere beset te kry.

By beeste kom epidemies van aborsies, onvrugbaar­heid en verhoogde uitslagtin­g voor. Melkverlie­ssindroom wat deur L. hardjo veroorsaak word, kom ook by melkkuddes voor.

BRONNE:

Carole A Bolin. Diagnosis and Control of Bovine Leptospiro­sis; Proceeding­s of the 6th Western Dairy Management Conference, March 12-14, 2003, Reno, NV 155.

Coetzer, J.A.W en Tustin, R.C. 2004. Infectious diseases of Livestock. Oxford University Press. ISBN 0 19 578202 X.

Mönnig, H.O. en Veldman, F.J. 1975. Handboek oor Veesiektes. Tafelberg-Uitgewers. ISBN 0 624 00359 0.

Dr. Faffa Malan is bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika en dr. Jacoba Vaessler was voorheen tegniese bestuurder by Zoetis.

 ??  ?? Leptospiro­se by beeste kan lei tot verlengde tussenkalf­periodes en epidemies wat aborsies en onvrugbaar­heid veroorsaak. Melkverlie­ssindroom kom ook by melkkuddes voor.
Leptospiro­se by beeste kan lei tot verlengde tussenkalf­periodes en epidemies wat aborsies en onvrugbaar­heid veroorsaak. Melkverlie­ssindroom kom ook by melkkuddes voor.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa