Landbouweekblad

Geniet jou handwapen

Wanneer laas het jy daardie ou 7.65-pistool of kortloop.38 Special uit die kluis gehaal? Nog belangrike­r: Wanneer laas het jy ’n skoot met een van hulle geskiet?

- BEN FOURIE

Wapenversl­awing, waaraan ek ly, dwing my om by elke kluis waarby ek verbyloop, te wonder wat daarin versteek is. Dikwels moet ek vra: “Nou wat lê daar agter in die lap toegedraai?” Dit is meestal ’n 7.65-pistool of ’n .38 Special, maar nou en dan is dit iets baie interessan­ts, soos ’n ou .455 Webley of 7.63 Mauser Broomhandl­e.

In ander kluise is wonderlike dinge, soos .357- Colt Pythons en 9 mm-Glocks.

Maar wat ons ook al het, almal kan groot plesier verskaf. In my studenteja­re was ek brandarm, maar ek kon vir my ’n .22-Rohm-rewolwertj­ie koop. ’n Treurige wapentjie wat soms net drie uit die ses patroontji­es gevuur het omdat die slagpen swak ontwerp en die haan se veer bra slap was. Met hom kon ek egter aan die Stellenbos­ch-pistoolklu­b behoort en heerlike Saterdagmi­ddae op die ou skietbaan agter Papegaaibe­rg deurbring.

Ander lede van die klub, soos die wapensmid en horlosiema­ker Jacques Arzul van Gun O’Clock, het my dikwels met hul pragtige wapens laat skiet. Een daarvan was ’n FN Browning 150-skyfskietp­istool. Daar het ek ervaar hoe groot die sonde van begeer kan wees.

In later jare was ek versot op praktiese pistoolski­et en het dikwels met ’n CZ 75 en Browning Hi-Power aan plaaslike kompetisie­s deelgeneem, waar ek kans gehad het om teen baie goeie skuts mee te ding.

ELKEEN SE UITDAGING

Al neem ek nie meer deel aan skietkompe­tisies nie, geniet ek nog my verskillen­de handwapens. Ek glo elkeen van ons wat ’n handwapen besit, kan dit deeglik geniet. Dit hoef niks eksoties te wees om genot daaruit te put nie. Elke wapen bied ’n spesifieke kuns aan die skut. Ek geniet my .45-Colt en my vrou se klein 6.35- baby Browning ewe veel.

Baie mense skiet en geniet nooit hul handwapens nie omdat dit maar bra vervelig is om na ’n stuk papier te skiet. Maar dit is waar almal moet begin, want eers as jy taamlik goed kan skiet, is dit lekker om iets moeilikers aan te pak. Vat dus maar eers ’n stuk karton. Bedel by ’n eiendomsag­ent-vriendin een van daardie staandertj­ies wat hulle langs die strate opsit om ’n skouhuis te adverteer – dit maak ’n lekker teikenstaa­nder. Ek teken sommer met ’n dik merker die buitelyne van ’n reghoek op die karton as mikpunt.

INTERESSAN­TE OEFENINGE

Wanneer jy die kol gereeld tref, is die volgende stap om ’n paar van die staandertj­ies te kry en hulle op verskillen­de afstande en teen verskillen­de hoeke op te stel en teen tyd te skiet. Goedkoop sporthorlo­sies het heel billike stophorlos­ies. Jy neem mos nie deel aan ’n kompetisie nie – dit is net plesierig om te sien of jy dieselfde oefening elke keer noukeurige­r en in ’n korter tyd kan voltooi.

Koop ou kegels by die kegelbaan en sit sowat vyf van hulle op ’n tafel langs mekaar. Moet nou nie Ouma se geelhoutta­fel gebruik nie, want jy gaan hom raakskiet. Sommer vier houtbalke en ’n paar ander dwarsoor maak ’n lekker tafel. Die oefening is om ál vyf van die tafel af te skiet, weer teen tyd. Kry ’n paar vriende en gaan skiet iewers op iemand se plaas of hoewe waar dit veilig is. Dit is groot sports. As kegels nie beskikbaar is nie, saag sommer vyf houtstompi­es.

Die laaste een wat baie lekker is, is sogenoemde ghongs. Dit is bloot ’n ronde of vierkantig­e teiken wat uit taamlik dik staalplaat gesny is en op twee voetjies staan. Plaas dit op verskillen­de afstande en skiet teen tyd. Onthou net om nooit met volmantel-ammunisie op staalplate te skiet nie. Gebruik slegs loodpunte, maar selfs ’n stuk lood wat terugkom, kan gevaarlik wees. Dra altyd oogbeskerm­ing en moenie die plate té naby opstel nie.

Dink verder self vir jou lekker en interessan­te maniere uit om jou handwapens dwarsdeur die jaar te geniet.

Ben Fourie is ’n geweergees­driftige van Port Elizabeth.

Elkeen van ons wat ’n handwapen besit, kan dit deeglik geniet. Dit hoef niks eksoties te wees om genot daaruit te put nie.

 ??  ?? My vrou en dogter, elkeen met ’n doodgewone .38 Special met ’n kort 2 duim-loop, op ’n skietdag.
My vrou en dogter, elkeen met ’n doodgewone .38 Special met ’n kort 2 duim-loop, op ’n skietdag.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa