Landbouweekblad

REGERING SLOER MET WETTIGE MARK VIR DAGGA

-

Onsekerhei­d heers oor wanneer Suid-Afrika ’n wettige mark vir die verkoop van dagga gaan hê. ’n Dagga-ekspo is onlangs vir die eerste keer in Kaapstad aangebied. Daaruit is dit duidelik dat dié gewas aan Afrika groot sakegeleen­thede bied.

Die eerste vier lisensies om dagga vir die farmaseuti­ese mark te verbou, is op 1 April deur die regulering­sowerheid vir Suid-Afrikaanse gesondheid­sprodukte uitgereik.

Die gebrek aan ’n plaaslike mark vir die wettige verkoop van die produk dwing die lisensieho­uers egter om ooreenkoms­te met buitelands­e maatskappy­e aan te gaan. Geen waardetoev­oeging kan op plaaslike bodem plaasvind nie.

Die plaaslike daggabedry­f kan binne vier jaar nagenoeg R27 miljard per jaar vir die plaaslike ekonomie werd wees.

Sal jy die verbouing van die gewas oorweeg? wou LBW by lesers weet. Hier is van die kommentaar.

RIANA MIENIE skryf: As julle dink mielies word gesteel, wag maar vir dié een!

SHAUN WEST skryf: Ja, ek soek ’n lisensie vir dagga en hennep. Dagga is die wêreld se beste medisyne. ORLANDO AVELINO skryf: Gee my net ’n paar hektaar!

HANNIE STEYN skryf: Nee dankie. Ek wil nie eendag verantwoor­ding doen vir huwelike en jong lewens wat deur dagga verwoes is nie.

THOMAS TANK STRAUSS antwoord: Hannie Steyn, dit is alles verkeerde inligting wat aan jou verskaf is.

THYS SUTHERLAND antwoord: Hannie Steyn, ek moet erken ek het net soos jy gevoel, maar dan dink ek weer aan die wynboere en mense wat drank misbruik. Dan kom ek tot die besef dat die skuld nie op die wynboere geplaas kan word nie, maar eerder op die gebruiker.

DREAN VENTER antwoord: Dan is graan- en veeboere seker ook vir vetsug en hartkwale verantwoor­delik . . .

HANNIE STEYN antwoord: Ja, die keuse lê by die mens, maar armoede, spesifiek onder wit mense, is só erg dat die ontvlugtin­g vir die oomblik beter voel. My man het as jong mens dagga gebruik. Die Here het hom oortuig dat dit jou na die afgrond kan lei. My dogter en haar man werk by ’n rehabilita­siesentrum. Dwelmmisbr­uik begin by dagga. Mense wat dit goedpraat, weet nie en het nog nie gesien waar mense beland nie. Jou reputasie as dwelm- of daggagebru­iker loop jou vooruit.

BARRY VAN RENSBURG skryf:

Ek sal dit plant, ja. Kan nie alles vir medisyne gebruik nie . . .

JUANITA MCLACHLAN skryf: Ons kort kos, nie dagga nie. Plant maar solank wortels en beet.

NELIUS GREYLING skryf: Hennep is nie dagga nie.

AT VENTER skryf: Betaal dit beter as mielies?

SANETTE SCHULTZ skryf: Hier kom groot diefstal.

MAANS BECKER skryf: As almal dit aanplant, gaan sy waarde duskant boggerol wees.

PAULI POTGIETER skryf: Beslis, ja. Medisinaal, klereverva­ardiging . . . Daar is te veel gebruike van die plant om hier op te noem. Dit is ’n wonderplan­t en dit is definitief nie daar om misbruik te word nie.

PIERRE JANSEN VAN VUUREN skryf: Ja. Maklike hoëwaardeg­ewas. Hoekom nie?

WIKUS KRUGER skryf: Jy gaan getax word!

JACOBUS ROUX skryf: Daar is geen navorsing wat wys dat dagga nadelig is vir ’n mens nie. Dit het net medisinale voordele.

WILLEM VAN NIEKERK skryf: Dit gaan binnekort niks werd wees nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa