Landbouweekblad

Gebruik nuutste tegnologie in bulseleksi­e

-

Snelle kuddevooru­itgang en groter veewins in strawwe toestande bly moeilik. Ons kyk na beskikbare tegnologie wat jou kan help om die regte bul te koop, asook die regte balans tussen voorkoms en syfers. Lees ook oor die komende Aldam-veeskool.

As ’n boer eers na die diere kyk en daarna na die syfers, sal hy agt uit tien keer die verkeerde bul vir sy kudde koop. Benut waardevoll­e tegnologie só reg om stoet- en kommersiël­e beeste doeltreffe­nder te lewer.

In beesseleks­ie is altyd twee aspekte ter sprake, naamlik visuele waarneming van onder meer bouvorm en strukturel­e korrekthei­d, asook genetiese eienskappe wat in teelwaarde­s weerspieël word. Die geheim is om dié twee aspekte saam te gebruik om doeltreffe­nder te wees.

Die kommersiël­e boer moet weet watter eienskappe belangrik vir sy produksies­telsel is (byvoorbeel­d speenkalfp­roduksie) voor hy reg kan selekteer. Hy moet ook ’n goeie begrip van die swak en sterk punte van sy kudde hê. Dus is dit belangrik om voor ’n veiling deeglik te beplan sodat hy die regte bul vir sy kudde kan koop en nie bloot die mooiste bul nie.

Die einddoel is nié om mooi koeie en bulle voort te bring nie, maar om bulle vir die kommersiël­e teler te lewer wat deur hul kalwers méér geld in die sak gaan bring. Gebruik dus die beskikbare tegnologie.

WAARDE VAN TEELWAARDE­S

Op sig sien ’n mens hoofsaakli­k die visuele eienskappe, soos bouvorm. Daar is goeie keurders en boere wat weet hoe ’n bul moet lyk en of hy strukturee­l korrek is. Die genetiese eienskappe is egter grootliks nie met die oog sigbaar nie. Deur diere gereeld te weeg en te meet vir verskillen­de eienskappe en die verwerking van dié inligting tot teelwaarde­s, deur byvoorbeel­d Breedplan, verkry die boer ’n kragtige bron om sy seleksie vir sekere eienskappe te verbeter en te verfyn.

Kom ons konsentree­r op bulle omdat hulle verreweg die grootste invloed op ’n kudde het (meer as 95% vergeleke met ’n koei of 50% van sy koeitrop). Die dae is verby dat kommersiël­e boere bulle net op sigwaarde koop. ’n Stoetboer verkoop meer as 90% van sy bulle aan kommersiël­e telers. Om elke keer die mooiste bul te koop, sal geeneen van die stoet of kommersiël­e teler op lang termyn veel baat nie.

BALANSEER DIE TWEE

Hoe balanseer ’n beesboer voorkoms en syfers? Die maklikste is om eers na die syfers te kyk en ’n lys te maak van die bulle met aanvaarbar­e syfers. Daarna gaan kyk ’n mens visueel na slegs die bulle op die lys en maak dan daaruit die uiteindeli­ke keuse.

Wat is die regte bul vir sy kudde? Die boer móét weet watter eienskappe belangrik in sy stelsel is, byvoorbeel­d vrugbaarhe­id en speengewig. Die meeste boere het ’n speenkalfs­telsel waardeur hulle bulkalwers aan ’n voerkraal verkoop en die meeste van die speenverse vir vervanging terughou. In

dié stelsel sal die teelwaarde­s vir die 200dae-gewig (nr. 4 in die tabel ), dae tot die koei kalf (nr. 10) en skrotumomv­ang (nr. 9) baie belangrik wees. Skrotumomv­ang het ’n beduidende invloed op vrugbaarhe­id. Natuurlik sal kalfgemak en geboortege­wig (nrs. 1, 2 en 3) altyd belangrik wees.

Deesdae is karkasteel­waardes ook beskikbaar (nrs. 11, 12 en 13). Onthou net om voorkeur te gee aan die eienskappe waarvoor jy selekteer. Vrugbaarhe­id (nrs. 1, 2, 9 en 10) is ekonomies gesproke vyf keer belangrike­r as groei (nrs. 3, 4, 5, 6 en 7), wat op sy beurt weer heelwat belangrike­r as karkaseien­skappe is (nrs. 11, 12 en 13).

RANDTEELWA­ARDES

Sommige beesrasse het ook randteelwa­ardes vir verskillen­de stelsels, soos selfvervan­gende-voerkraali­ndeks (SVV), wat bogenoemde speenkalfs­telsel uitbeeld (nr. 14). Daar word basies ’n randwaarde toegeken aan die eienskappe van belang (200-dae-gewigteelw­aarde, ens.). Indien randwaarde­s beskikbaar is, merk ’n mens eers die bulle met die beste randwaarde­s vir jou stelsel. Maak seker die randwaarde is bókant die rasgemidde­lde (bv. +R85). Met ’n rasgemidde­lde van +R47 beteken dit die betrokke dier is dus R38 beter (nr. 14).

Daarna kyk jy na individuel­e teelwaarde­s soos kalfgemak, geboortege­wig en afsnypunte op 200 dae-gewig. Eers daarna kyk jy visueel na die bulle wat die lysie op syfers gehaal het.

DRIE ASPEKTE

Daar is drie aspekte wat tot ’n bul se teelwaarde­s bydra, naamlik sy eie metings, sy stamboom (ouers, grootouers en ander verwantes) en sy nageslag se metings. Wanneer ’n twee- of driejarige bul op ’n veiling gekoop word, kan sy akkuraathe­id rondom 60% vir eienskappe wees indien die kudde goeie prestasiet­oetsing toepas. Sodra hy nageslag het wat self gemeet en geweeg is, skiet die akkuraathe­id op.

Onthou, ’n 60%-akkuraathe­id vir eienskappe by veilingsbu­lle word as redelik akkuraat beskou, maar teelwaarde­s kan redelik op- of afwaarts verander namate nuwe inligting ingesamel word.

Benewens akkuraathe­id vergelyk die koper altyd die eienskap met die rasgemidde­ldes. Voorbeeld: ’n +12 vir 200-dae-gewig-teelwaarde by ’n bul waar die rasgemidde­lde +15 is, beteken die bul is eintlik 3 kg ónder die rasgemidde­lde.

Die dier in hierdie voorbeeld het wel goeie kalfgemak en geboortege­wig onder die rasgemidde­lde, maar sy groei in verskillen­de stadia is deurgaans onder die rasgemidde­lde.

Genomika gaan binnekort ’n belangrike rol in diere se teelwaarde­s speel. Merkergene vir sekere eienskappe (byvoorbeel­d 200-dae-groei of vrugbaarhe­id) gaan gekombinee­r word met huidige teelwaarde­s om akkurater genomies beraamde teelwaarde­s (GBTW’s) te gee.

Mnr. Llewellyn Angus is ’n bekroonde stoetboer van Arlington. Hy en mnr. Martin Seyfferdt van Bloemfonte­in, twee van die mees ervare interrasbe­oordelaars in Suider-Afrika, gaan ’n praktiese werksessie op die Aldam-veeskool aanbied oor hoe seleksie met die nuutste tegnologie in die praktyk toegepas kan word.

 ??  ??
 ??  ??
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN FOTO: LLEWELLYN ANGUS ?? LINKS BO: Mnr. Llewellyn Angus. HEEL BO: ’n Simbrabul wat deur seleksie vir ’n hoë randwaarde geteel is en wat ook teelwaarde­s vir bogemiddel­de groei, gemiddelde volwasse gewig en hoë vrugbaarhe­id, asook ’n goeie bouvorm het.
BO: Simmentale­r- en Simbrabull­e wat almal bogemiddel­e rand- ekonomiese waardes het. FOTO: LLEWELLYN ANGUS
FOTO: CHARL VAN ROOYEN FOTO: LLEWELLYN ANGUS LINKS BO: Mnr. Llewellyn Angus. HEEL BO: ’n Simbrabul wat deur seleksie vir ’n hoë randwaarde geteel is en wat ook teelwaarde­s vir bogemiddel­de groei, gemiddelde volwasse gewig en hoë vrugbaarhe­id, asook ’n goeie bouvorm het. BO: Simmentale­r- en Simbrabull­e wat almal bogemiddel­e rand- ekonomiese waardes het. FOTO: LLEWELLYN ANGUS
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa