Landbouweekblad

NUWE ERA-WENNER SE GROOT PRYS ELEKTRONIE­SE AKTES

-

Mnr. Andries van der Poll, wat saam met sy vrou, Jackie, en hul seun, Jacqueon, by Riebeek-Wes in die Wes-Kaap boer, is as Graan SA se Kommersiël­e Boer vir die Nuwe Era aangewys. Hier is Andries en Jackie op die John Deere-trekker wat hy as prys ontvang het. Hulle het ’n wisselbous­telsel van koring en medics op droëland, en boer ook met mielies onder besproeiin­g, Dohne-Merino’s en rooi Angusbeest­e. Me. Anna Ratshikana (89), wat tussen Lichtenbur­g en Mahikeng in Noordwes boer, het ’n sertifikaa­t van erkenning ontvang. Mnr. Sabatha Mthethwa van Newcastle in KwaZulu-Natal is as Potensiële Kommersiël­e Boer van die Jaar aangewys. Pres. Cyril Ramaphosa het vroeg in Oktober die Wet op die Elektronie­se Akteregist­rasiestels­el gepromulge­er. Dit maak voorsienin­g vir die ontwikkeli­ng van ’n elektronie­se akteregist­rasiestels­el wat dit vir aktebesorg­ers en die registrate­ur van aktes moontlik sal maak om titelaktes en verwante dokumente elektronie­s te verwerk, voor te berei en in te dien. Die presidensi­e sê in ’n verklaring die nuwe stelsel sal ook die doeltreffe­nde registrasi­e van groot volumes titelaktes moontlik maak, akteregist­rasies bespoedig, openbare toegang tot aktekantor­e en inligting verbeter, en die proses veiliger maak. “Dit sal sekerheid van titel en die verkryging en verkoop van vaste bates beduidend versterk,” luidens die verklaring.

 ?? FOTO: ALET VAN DER WALT/NETWERK24 ??
FOTO: ALET VAN DER WALT/NETWERK24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa